Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Snaaks hoe Hy met ons werk en praat. Soms op onverstaanbare wyses, en soms met 'n lang ompad, maar eindelik verstaan ons wat Hy vir ons wil se, en hoekom.
Die hele week tel ek die dae en wens die tyd om. Vrydagmiddag 12 uur kan ek die pad vat huistoe vir die naweek.Ek bid en vra baie mooi dat daar hierdie Vrydag asseblief nie weer die een of ander krisis opduik nie. Gewoonlik verloop alles seepgad op 'n Vrydag. Laat dit egter my afnaweek wees, dan is daar altyd 'n krisis op die heel laaste oomblik.
Heel rustig verloop hierdie Vrydag toe ook. Tot die klok 12 uur slaan. Gerrit kom en vra dat ek net gou 'n sleutel by sy ma in Newcastle moet gaan afgee."Dis mos nie uit oom se pad nie." Verdomp, dit is, want ek moet van die snelweg afdraai en in die stad ingaan. Ek laai gou vir Roy by sy huis af. Skaars weg of hy bel dat hy sy sigarette in my bakkie vergeet het. Kan hy nie vir hom 'n ander blerrie pakkie gaan koop nie? Gedwonge draai ek om en bereken dat ek nou al amper 'n uur vertraag gaan wees, saam met die sleutel wat ek moet gaan afgee.
In Newcastle besluit ek om sommer oor Memel en Vrede te ry, anders moet ek nog 'n spul tyd mors om weer op die snelweg te kom. Hahahaaa! Op hierdie pad is net twee "stop 'n go's." Met my geluk kry ek altwee toe. Tussen die twee gaan nog 'n uur verby. Teen hierdie tyd kan ek al 'n eier, julle weet waar, kook. In die stilligheid verwens ek vir Roy en Gerrit.
Uiteindelik is die pad oop voor my, maar daar kom stringe voertuie van voor af. Ja, julle het reg geraai. Voor my karring 'n bestuurderlose motor teen 60 k.p.u. aan in 'n 120 sone. Hy sal nie 'n aks na die kant beweeg sodat ek kan verby kom nie. Hy sit op die witstreep asof hy daar geplak is met "Quick Stick." Kliphard verloor ek my humeur totaal hier agter hom. Uiteindelik kry ek kans om hom verby te steek. Ek wys hom al wat 'n teken is, so reg uit die boek.
ou sit daar weer twee idiote agter 'n trok. Te bang om verby te gaan.Ek kan nie en wil nie 'n kans waag om drie voertuie verby te gaan nie. Toe ek dit regtig nie meer kan handteer nie, en my flikkerlig aansit om te wys ek kom verby al die een onnosel idioot besluit dis nou ook vir hom om by die trok verby te gaan. Sonder enige aanduiding, draai hy net eenvoudig voor my in. My bloeddruk klim deur die bakkie se dak.
Waar ek gewoonlik neet so oor die 3 ure huistoe ry neem dit my hierdie keer oor die 5 ure. Siedend soos 'n drukkoker wat dreig om te ontplof, kom ek eindelik by die huis. Ek spoeg behoorlik vuur van woede oor die idiote op die pad.
Sondag gaan ons kerk toe. Pastoor se eerste woorde, toe hy met sy boodskap begin. "Jy noem jouself 'n Christen, kind van God, maar jy vererg jouself oor die geringste dingetjie. Jy word kwaad en dra 'n wrok reenoor ander?"
Soos 'n voorhamer slaan dit my teen my voorkop. Ek gee myself uit as 'n ware en oortuigde Christen, maar wat het Vrydag en soveel ander kere gebeur? Tyd vir introspeksie Mnr. v.d. Merwe. Die Here het gepraat. Hierdie boodskap is net vir my en my alleen. Die Pastoor was nie saam met my op die pad nie, en hy weet ook nievan my frustrasies nie, MAAR Hy was saam met my in die bakkie gewees. Ek vra dan altyd, maak nie saak waarheen ek ry nie, dat Hy asb. moet saamry. Hy was die stille oog-en hoorgetuie van my optrede en tirades op die pad.
In skaamte laat ek my kop sak. Ek het geen verskoning nie. Ek is skuldig soos in skuldig.Ek vra vergifnis en vra Hom om my nog hierdie eenmaal te vergewe. Ironies,sing ons net daarna 'n lied wat vra dat Hy sal vergewe, nog hierdie laaste keer.
Ek wil nie wilde beloftes aan Hom maak wat ek sekerlik op my volgende "trippie" gaan vergeet nie. Ek maak 'n belofte aan myself dat ek 'n daadwerklike poging gaan aanwend om meer verdraagsaam te wees. Ek glo dat dit gaan werk want ek weet, elke keer wat ek my humeur gaan verloor, om watter rede ookal, gaan Hy my aan vanoggend se boodskap herinner.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Self
.....en dankie seg dat Hy jou moontlik weg gelei het van iets wat gevaarlik was. Nee Jan, ek preek nie vir jou nie, want ek skryf ook daai toets oor en oor en oor! Jy laat my beslis weer diep dink vandag.
4 jaar 5 maande 1 week 6 dae 15 ure oud


Introspeksie.
En so tik jou predikant my ook sommer oor die vingers. Ek is seker díe ongeduldigste mense as dit by padsake kom en verloor my humeurtjie sommer baie vinnig. Veral as sommige idiote bestuur asof die pad net vir hulle gemaak is.
4 jaar 5 maande 1 week 6 dae 20 ure oud


Introspeksie
Ek weet hoe jy voel oor die saak.

Sterkte
4 jaar 5 maande 2 weke 1 dag 10 ure oud


Intro
Ha ha ha ek kan my net in sien hoe dit voorgekom het. Ek hoop nie Ouvrou het daaronder gely nie en dat julle 'n lekker naweek gehad het. Christen of te nie, daar was oorlog in die bybel se tyd, ek dink 'n mens mag maar 'n bietjie jou humeur verloor so af en toe as dit net nie te veel gebeur nie ou vriend. 'n Mens bly maar net 'n mens. Ek hou van die manier van jou oorvertelling.
4 jaar 5 maande 2 weke 1 dag 12 ure oud


Introspeksie
sjoe en hier slaan jou predikant se preek my ook sommer raak!!! Dankie dat jy ons weereens kom herinner aan hierdie groot les!!
4 jaar 5 maande 2 weke 1 dag 17 ure oud


intro
Dis goed om introspeksie te doen, Jan. Ons almal behoort dit gereeld te doen. Ons is maar almal skuldiges :-)
4 jaar 5 maande 2 weke 1 dag 22 ure oud


EK WONDER . . . .
Jan mag ek 'n belangrike vraag vra?

Jy erken jy is 'n Christen?
Ek was ook 'n Christen.
Hoekom dink jy glo Christene nie in DIE WOORD VAN MESSIAS nie?
4 jaar 5 maande 2 weke 2 dae 1 uur oud


Introspeksie

Ek kan maar net in skaamte die hand in eie boesem steek...

Dankie Jan vir hierdie vermaning!

(Maar die Skrif vermaan darem ook: "Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblok-ke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom." (Matthheus 18:7)
4 jaar 5 maande 2 weke 2 dae 1 uur oud


Vergewe
En goeie voorneme, Jan!
4 jaar 5 maande 2 weke 2 dae 1 uur oud


skuldig
Jan ten spyte van alles is hierdie lan se bestuurders seker van die swakste wat daaer is.
4 jaar 5 maande 2 weke 2 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar