Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die afgelope naweek woon ek 'n mark by by die Lemongrass Restaurant in Benoni.

Oulike plekkie. Drie interessante restaurante so bymekaar op 'n hoek en so paar kunswinkeltjies tussen-in. Eintlik die ideale plek om 'n kuns- en kosmark te hou een keer 'n maand.

Dis warm en die besigheid is stadig. Mens begin naderhand so effens geirriteerd voel en wens eintlik die tyd om dat jy kan oppak en huis toe gaan.

Dan kom 'n ma met 'n stootwaentjie en 'n seuntjie van so vyf/ses jaar oud voor my tafel staan. Soos gewoonlik bied ek aan dat hulle van die toffies proe. Die groter enetjie proe lustig en geniet hom gate uit. Die kleintjie in die stootwaentjie steek sy armpies reikhalsend uit en kyk met ogies wat soebat na die kleurvolle papiertjies waarin die toffies toegedraai is.

"Is daar melk in die toffies want die kleintjie is laktose intolerant?" vra die Ma. "Ongelukkig ja," antwoord ek. "Sommer baie room en botter."

Die oudste koop 'n toffietjie en begin lustig smul terwyl die jongetjie smagtend toekyk. Uiteindelik kan die ma dit nie meer hou nie. Sy hou vyf Rand uit en vat nog 'n toffietjie. Sy maak dit vir die kleintjie oop wat onmiddelik omtrent die helfte van die toffie afbyt en lustig daaraan smul.

"Hoekom huil Mamma?" Vra die oudste. Ek kyk, en sowaar, die ma se oe is gevul met trane.

Mamma sal eerder vanaand maar met Boetie sukkel, maar wragtig,
hy kan darem nie sonder enige lekker deur die lewe gaan nie.

En meteens kyk ek weer met ander oe na die wereld...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Ma
Hahaha, smaak my ek sal moet kom proe by daardie tafel!
4 jaar 1 maand 2 weke 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar