Projek: PROJEK – TRANE (2015-10-27 tot 2015-11-09)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 438
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 30 Oct 2015
Daar is al baie geskryf en gesê oor trane. Is dit net mense wat huil? Diere tjank as hulle in pyn verkeer, maar net die mens stort trane. Ape het traankliere, maar die funksie daarvan is om hul oë te was en gesond te hou. In die mens se geval het een van ons menslike spesie baie lank gelede ’n neuro verbinding gemaak tussen die traankliere en die gedeeltes van die brein waar gevoel gesetel is – emosie en die vyf sintuie van smaak, reuk, voel, sien en hoor.
Navorsing aan die Universiteit van Minnesota het in 1980 gewys dat vroue ongeveer vyf keer per maand huil, terwyl mans ongeveer een keer elke vier weke huil. Babas huil net na geboorte om hul koms aan te kondig.
Dit is alles goed en wel, maar hoekom huil ons trane? Omdat ons mense is. Omdat ons voel en ervaar en leef.
Ons huil lang trane omdat ons ʼn fout gemaak het, of seer trane omdat ons na ons kinders daar ver verlang. Ons huil trane van verlies as iemand sterf of weggaan. Ons huil bang trane as ons angstig en vreesbevange is.
Ons huil kwaai trane omdat ons woedend is – ja, ons vroue is bekend daarvoor, tot ons verleentheid en verdere woede teenoor onsself omdat ons so ontydig die trane kan laat spat voor ons baas en kollegas.
Ons huil seerkry trane oor verlore liefde, oor verhoudings met familie of vriende wat skeefloop.
Ons huil trane van teleurstelling omdat ons span verloor het, of omdat dit waarvan ons gedroom het, soos mis oor die horison verdwyn.
Ons huil trane van vreugde omdat ons bly is oor ʼn nuwe aankomeling, oor die liefde wat so blom, oor ons nuwe kar of huis, of omdat ons gesond is na ʼn lang siekbed. Ons huil trane van geluk omdat iets waarvoor ons al so lank wag, uiteindelik werklikheid geword het.
Ons huil omdat ons oorweldig word deur skoonheid. Dit laat die mure verkrummel en die trane loop. Ons smelt en reik na iewers diep binne waar die weerloosheid wegkruip. Daar waar ons dit waag om teer te wees, om onbeskaamd toe te gee aan die skoonheid van musiek, of die grootsheid van die natuur, of ʼn woud en water waar dit groen is.
Meraai het gesê dat elke vrou ʼn blou flessie in die hemel het, en voor die flessie nie vol gehuil is nie, sal die trane nie ophou nie.
Gibran sê dat dieselfde put waaruit ons vreugde opstyg, dikwels gevul is met trane. Hoe dieper die verdriet in ons wese insny, hoe meer vreugde kan ons bevat.
Laat ons dan ons trane koester, want dit sê so baie.
Lees ander rubrieke deur Rachelle du Bois
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Rachelle du Bois
Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .
die doel van trane is primer as ontsmettingsmiddel
. . . as die baba besmet is
. . . en die mamma huil en strot haar trane op die baba wat besmet is,
genees die besmetting binne ure.