Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Droogte: dis nie net 'n mooi woordjie wat deesdae oor almal se lippe sing in Suid-Afrika nie; maar ast'ware is dit 'n ernstige saak... 'n saak van geloof wat elke dorp, stad, platteland en die natuur insluit; en benadeel.

Om droogte in 'n land te hê is nie maklik nie. Dit veroorsaak hongersnood onder die reënboog nasies. Nie een van ons het besef hoe ernstig dit is toe die vrugteboere in die Vrystaat gesien het hoe haelkorrels so groot soos golf balletjies hulle ryp mango's van die bome afruk nie. Honderde oeste is vernietig na al die swaar reën, hael en abnormale donderstorms.

Maar wat het die droogte met die hewige reënval te doen?

Goeie vrae... soek mos goeie antwoorde? Nou hier kom dit alles so uit my prulmondjie uit. En nee, ek gaan nie stry dat globale verwarming nie ook die oorsaak is van baie skade wat al aangerig is in Suid-Afrika nie.

1) Asgevolg van die erge sonstrale, het droogte ontstaan;

2) veroorsaak dat hewige reënstorms sommer onverwags opduik, sonder dat die weervoorspellers nog storms wil aankondig, begin die wolke te verander van pofferige wit wolke na grys wolke sonder 'n silwerrand;

3) Ons almal weet droogte op 'n landery is gevaarlike sake, en nie net hoop en bid ondergronds gaan die grondwater na bo opstoot en sommer al jou blombeddings, uitgedroogte geel-groen gras en spinasie plantjies red nie.

Sowaar! Reën is 'n saak van geloof. Die wat wil stry oor hoe kosbaar reën regtig is, is eindelik maar net verlore, tussendeur al die droogte wat besig is om Suid-Afrika te oorheers.


So, ek sê dit sommer reguit: sonder geloof, is daar geen geluk, liefde en fauna en flora nie. Selfs die bye kan nie die droogte duld nie. So hoe kan jy, as mens oor droogte staan en stry!

Bid en glo, en jy sal ontvang...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wie se skuld is dit
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die DROOGTE projek.
4 jaar 2 weke 3 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar