Rubrieke

Titel: Durnacol
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die laaste paar maande wou ek met alle geweld terug huistoe. Ek wou net nie meer hier bly nie en wou terug om weer in Delmas te gaan werk.Ouvrou het my nodig by die huis en dis net so ongerieflik om net elke 2e naweek huistoe te kan gaan.
Ek het baie gebid, ander het saam gebid dat Hy asseblief 'n deur moet oopmaak. Daardie deur wou egter net nie oop nie en ek het opstandig begin word.
Vandag het HY baie hard en duidelik geantwoord. Ek kan nie teruggaan nie want Delmas stoor maak toe! Niemand daar, behalwe 3, gaan die einde van hierdie maand nie meer werk he nie!
Wonderbaarlik het Hy alreeds meer as 2 jaar gelede geweet en gesien wat gaan gebeur. Daarom het Hy in Sy wysheid reeds toe al gesorg dat ek permanent hier moet kom werk.
My hart gaan werklik uit na my kollegas daar in Delmas. Op hierdie stadium weet hulle nog nie wie moet gaan en wie bly nie.
Diep beskaamd kan ek net my kop laat sak oor my opstand en twyfel. Dankie Heer dat U in U alwysheid so lank gelede reeds voorsiening gemaak het vir my.Vader, soos U vir my voorsien het, vra ek dat U ook asseblief sal voorsien aan hulle wat moet gaan.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

D
...en dankie dat U nie altoos gee wat ons vra nie!!
4 jaar 4 maande 2 weke 12 ure oud


Ano
Durnacol
WOW! En nou moet Ouvrou net aftree, dan woon sy saam met jou in Durnacol :-D
4 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 6 ure oud


Durnacol
Ek het mos vir jou gese ek verstaan jou gevoel maar daar is 'n doel hoekom dinge verloop soos dit verloop. Ek is bly jy sien dit nou ook so in en voel beter. Ek verstaan nog steeds dat jy liewer by Ouvrou wil wees, veral nou, maar die Here het sy doel met alles. Bly jy het jou werk darem nog, werk op ons ouderdom kry 'n mens nie maklik nie.
4 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 11 ure oud


Durnacol
Joe Jan, jy laat my skoon hoendervleis kry. Ek het God se krag aan eie bas gevoel twee weke terug. My man het 'n kurses in 2006 gedoen en nou het die kurses my man goed te pas gekom noudat hy nie werk gehad het nie. God bly maar net ongelooflik, altyd seeninge op die regte tyd.
4 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 12 ure oud


Durnacol
ek ditto vir Koekekranka. Sterkte Jan
4 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 14 ure oud


Durnacol


Weer eens bevestig jou ervaring dat God in beheer is en in beheer bly van ons lewe en dat Sy Raadsbesluite altyd ten goede werk vir hulle wat op Hom vertrou.
Sterkte!
4 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 16 ure oud


durnacol
ai Jan ek is soos jy, het darem nog werk en ons handelaarskap gaan nog aan terwyl motorhandelaars by die hope toemaak en mense sonder werk laat
4 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 23 ure oud


durnacol
Ai, Jan. Ek is saam met jou dankbaar, maar dis regtig jammer oor jou Delmas kollegas. Dis soms baie moeilik vir ons om God se antwoord te aanvaar. Ons lees maar moeilik :-)
4 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 1 uur oud


Voorsien
Ek bid saam met julle, Jan dat daar ook vir die ander voorsiening sal wees.
4 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar