Rubrieke

Titel: Mossies
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek svertel vir julle hierdie n.a.v. Hoekom? Is God nie weg nie?
Julle is meer werd as mossies.
Ek weet jie of ek al hierdie met julle gedeel het nie. Indien wel, vergewe my asb.

Baie jare gelede, so bietjie as 20 jaar gelede, het ek by 'n platinum Rafinadery in Brakpan gewerk. Daar het ek 'n senior gehad wat my om die een of ander rede met 'n passie gehaat het em my nie vooer sy oe on verdra nie. Ek het behoorlik al my hel onder hom gehad. Maak nie saak wat ek gedoen het nie, dit was altyd volgens hom, verkeerd.
Nou kan ek net noem dat die raffinadery waar ek gewerk het, rou platinumkonsentraat deur talle prosesse verwerk het tot 'n absolute edelmetaal wat miljoene rande werd is, en merendeels uitgevoer is na oorsese lande. Hierdie prosesse waardeur dit alles gegaan het, het ontsettend baie gasse afgegee. soveel so dat ons basies permanent met gasmaskers gewerk het. In sommige afdelings was dit so gevaarlik dat ons met volle gesigmaskers en suurstoftenks op die rug moes werk, asook met armlengte rubberhandskoene en knie lengte rubberskoene.
Hierdie man het my so gehaat dat hy van my kollegas opdrag gegee het dat hulle moet sorg dat ek te alle tye in die mees gevaarlikste afdelings moet werk want hy wil he dat ek moes siek word sodat hy ontslae kan raak van my. ( Dit was deel van ons kontrak dat as jy siek of allergies raak vir die gasse, jy onmiddelik diens moes verlaat.) Hy het ook altyd gesorg dat ek altyd, maar altyd oortyd moes werk, sodat ek net soveel meer aan al daardie gasse blootgestel kon word.
Een aand, na die soveelste in 'n ry, tot baie laat in die nag, sit ek by my werkstasie. Ek is oormoeg en kan net nie meer nie, maar het geen keuse nie. Vra ek om net een aand vroeg huistoe te gaan om ook by my gesin te wees, word ek geskel en sleggese dat ek te vrek lui is om te werk. My kinders en vroe ken my nie meer nie. Wanneer ek snags by die huis kom slaap almal al. Soggens vroeg as hulle opstaan, is ek alweer by die werk.
Desperaat begin ek sommer net met die Here te praat en vertel Hom van my situasie en dat ek, met nog 2 kinders op skool, nie kan bekostig om my werk te verloor nie.(Asof Hy nie reeds my situasie geken het nie!) Ek pleit by Hom op uitkoms, 'n ander werk, enige iets, net sodat ek uit hierdie hel kan kom.
Iets maak my afkyk na die vloer. Daaronder die stof, sien ek iets blink. Daar op die vloer le 'n eenvoudige ou sentstukkie. Eerste wat ek sien is die twee mossies! Net daar bars ek onbeskaamd in trane uit want God het geantwoord! JY IS MEER AS 'N MOSSIE!!
Ek het daardie sentstukkie soos goud bewaar en later in 'n ring laat set sodat ek daagliks aan Sy belofte herinner kom word. as twyfel my enigsins wou beetpak het ek net na die ring aan my vinger gekyk, of soms net daaroor gestreel. Dadelik is ek aan Sy belofte herinner en was die twyfel weg.
Ongelukkig is daardie ring saam met my trouring 'n paar maande gelede, met 'n skroewedraaier teen my keel, van my vingers af gesteel.
Vandag bid ek dat God deur daardie ring met die skelm sal praat en met sy siel sal werk. Dalk, net dalk kry ek eendag weer daardie ring terug.
Terug by my werk. Ek het uiteindelik die "voorreg" gehad om die hek finaal agter hierdie senior toe te maak nadat hy afgedank is weens talle ongeruimdhede. Daardie dag het ek iets gedoen wat my vandag nog pla. Hy wou my groet. ek het egter my rug op hom gedraai. Wat ek werklik vir hom gese het, kan ek nie hier herhaal nie. Dit kom egter daarop neer dat ek nie aan gemors vat nie want dit spat , stink en gee af. Dalk, dalk gee Hy my eendag ook die kans om vir hierdie man om verskoning te vra vir my lelike optrede.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mossies
Stem met almal voor my saam. Dankie vir die stuk Jan.
4 jaar 4 maande 1 week 4 dae oud


Mossies
...en tot dan is jy darem van Sy vergifnis verseker. 'n Heerlike hart-storie.
4 jaar 4 maande 1 week 6 dae 1 uur oud


Mossie
Dankie vir hierdie deel Jan, ja so hou Hy ons elke oomblik in Sy hand. Jy het nie n ring nodig om jou daaraan te herinner nie, loer maar net oral so langs die pad en jy sal duisende mossies sien wat jou rustigheid kan gee as jy vir n teken soek.

Ek hoop saam met jou dat die boodskap van die mossies ook die skelm sal raak en hy sy lewe sal verander
4 jaar 4 maande 2 weke 1 dag 5 ure oud


Mossies . . .
" . . . word twee van hulle nie vir 'n stuiwer verkoop nie? Julle is baie meer werd as baie mossies."

Dankie Jan.
4 jaar 4 maande 2 weke 1 dag 12 ure oud


mossies
ai Jan wys jou net God slaap nie
4 jaar 4 maande 2 weke 1 dag 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar