Rubrieke

Titel: Water
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Water
Manna uit die hemel
nektar van die gode...

Water. iets waarsonder geen niks, maar niks kan leef of voortbestaan nie. Dis droog, bitter droog oral in ons land. So bid ek vrydagaand en vra die Here om assblief die sluise oop te maak oor die plekkie, Durnacol, waar ek werk en ook assblief sommer baie meer oor die omliggende plase, damme en riviere. Terwyl ek bid hoor ek druppels op die dak! In Sy alwysheid maak Hy egter nie die sluise oop nie. HY weet dat die dorre aarde hier dan eenvoudig sal verspoel. Hy maak egter die hemelse sproeiers oop en laat die waters van die hemel saggies neerdaal sodat dit kan insak en weer lewe gee. 'n Hele 20 mm skenk Hy ons.
Ek gaan staan buite in hierdie heerlike sagte reen en met trane van dankbaarheid, gemeng met die lafende reendruppels wat oor my wange loop, hef ek my hande omhoog en loof en prys Hom vir Sy genade.
Papnat, maar vol dankbaarheid, droog ek my af en klim in die bed. Iewers in die nag word ek wakker met 'n vreeslike dors. Nie 'n druppel water in die kraan nie! Gelukkig is die etel nog vol water en vat ek sommer 'n slukkie daar.
Dis vandag prsies dae wat ons hier in Durnacol nie 'n druppeltjie water in ons krane het nie. Mense, in hierdie situasie besef jy jy bitter baie gou HOE afhanklik ons van water is. Eers dan besef mens hoeveel water jy sas mens alleen elke dag gebruik en nodig het.
In 'n kas ontdek ek 2 x 25 L kanne vol water. Hoe lank staan dit al daar, en is dit nog reg vir gebruik? Desperaat vir 'n koppie koffie tap ek die ketel vol en kook dit. Vuil skottelgoed wat al hard geword het staan en lag vir my vanuit die wasbak.My mond skree ten hemele vir 'n skrop. Ek ruik iets, wel iets nie te aangenaam nie en besef dis my lyf wat smeek vir 'n lekker stort.
Mense, in hierdie situasie besef jy eers hoe afhanklik jy werklik van water is en hoeveel water jy as net een mens alleen nodig het. Ek het mos water ontdek! Blitsig word 'n reuse pot op die stoof gesit. Ek kan skottelgoed was, koffie maak, tande borsel, skeer en ook myself bederf met 'n heerlike "lick and promise en 'n dry clean." Alles goed en wel, maar die een kan van 25L is leeg, dolleeg!
Iemand 'n grap en se dat ons maar 'n glasie wyn moet drink as ons dors word. Mmm, ek sal dit "laaik" maar ongelukkig het ons ook water nodig om die wyn te kan maak.
Ek hoor dat Dannhauser, ons naaste dorpie nie sonder water is nie en dat ons daar kan gaan water tap. Desperaat gryp ek al wat hol ding is en gaan soek water. Groot my ontnugtering toe die enigste plek waar ek water kan kry my R50 vra om die twee kanne vol te maak! 'n Swart samaritaan praat die vrou aan en vra of sy nie skaam kry nie. Sy wil egter niks minder as R20 aanvaar nie.
Wees dankbaar vir elke druppel in jou kraan en moet asseblief nie soos so baie mense, jou "driveway" afspuit nie. Gebruik 'n besem en vee dit skoon.
Daagliks hoor ek oor die radio hoe mense en gemeentes gevra word om ernstig te bid vir reen. Soos een man doen ons volkie dit. In baie plekke het die reen intussen mildelik geval saam met hewige haelstorms. Het iemand al 'n beroep gedoen dat ons nou weer soos een man sal neerkniel en Hom dank vir die heerlike uitkoms? Nee, tot op hierdie oomblik het ek dit nog nie gehoor nie, behalwe vele klagtes oor die skade wat die hael berokken het. Geen wonder Hy wil nie meer reen gee nie. Ons weet abie gou om te vra. Dankie ken ons egter nie.
Ek gaan nou dadelik dankie se want terwyl ek hier skryf, hoor ek skielik die toilet vol loop. Ons het weer water in ons krane!!!!

Water
Manna uit die hemel
nektar van die gode...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Water
Water....ek het al dinkende lekker gelees. Gedink aan hoeveel wat 1 mens nodig het en hoeveel 1 mens elke dag mors.
4 jaar 1 week 6 dae 14 ure oud


Water
Dankie Jan ek het baie van die stuk gehou.
4 jaar 1 week 6 dae 16 ure oud


Water
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die DROOGTE projek.
4 jaar 2 weke 1 dag 20 ure oud


water
Dankie Jan vir die deel hiervan. Ons hier in Kroonstad het streng waterbeprkings maar vir hoe lank nog weet ek nie want dit reën nie
4 jaar 2 weke 2 dae 7 ure oud


PROJEK – DROOGTE


Ja, Jan, as ons ons verootmoedig en bid, God se aangesig soek en ons bekeer sê die Almagtige: "...dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees..." (II Kronieke 7:14) Dus is die formule:

verootmoediging + gebed + bekering (terugdraai na God)= vergifnis + verhoring.

Dankie vir jou paslike bydrae!
4 jaar 2 weke 2 dae 9 ure oud


Water
Dis hoekom ek altyd vir hierdie mense sê as hulle so kla oor reën en sneeu ~ dis WONDERLIK, WONDERLIK hulle mag nie daaroor kla nie! Elke soort voggie uit die hemel is vir my soos 'n wonderwerk.

Dankie Jan. En dankie Here vir die reën (en die hael) waarvoor ek ook saam gebid het. Dankie!
4 jaar 2 weke 2 dae 17 ure oud


Dankbaar wees
Dankiesê is 'n moet!
As jy dankbaar is en dit nie sê -- uitpraat -- nie, weet die ander niks daarvan nie. As mens dit nie hardop uit die hart sê nie, kan die ander dit nie hoor nie.
Ook Hy nie.
Dankie hiervoor, Jan.
GvT
4 jaar 2 weke 2 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar