Rubrieke

Titel: So is dit
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Google is Engels, so soek vir Woes en die Engelse woord vir smart, ramp of teleurstellings verskyn bo aan die blad. Ek dink dit is presies wat Woes se afsterwe vir baie beteken. Soos met als wat oor en verby is begin mens daaroor besin; wat en vir wie was dit en wat het dit vir hulle beteken?

Ek onthou nog toe ek op Woes afgekom het en toe besef dit kan werk as ʼn platform om my gedigte te publiseer. Ek het toe reeds vir ʼn paar jaar gedig, maar nooit geweet wat om daarmee te doen nie. Toe ek sien mense kan kommentaar lewer op wat jy publiseer, het ek gevoel ek sal dalk die terugvoer en kritiek wat ek op my werk verlang het op Woes kon vind.

Om eerlik te wees was ek ʼn bietjie onder ʼn vals indruk oor die aard van Woes. My gedigte en later rubrieke was nie heeltemal in die karakter wat ek stelselmatig in Woes ontdek het nie. Radikale sienings was daar wel, maar dit was meer kommerwekkend as nadenkend. Die meeste mense darem was net gewone mense. Maar gewone mense vermy die polemiese uit vrees vir konflik en aanstoot.

My vrou het my gevra waarom ek op Woes bly aangesien ek duidelik beter in ander groepe sal pas. My antwoord was dat ek juis met gewone mense wil kommunikeer. Indien ons verskille mekaar in al kleiner groepies opbreek sal mens later net met jouself kan praat.

Afrikaner was nog altyd vir my ʼn negatiewe term. Dit is so nou opgesluit met spesifieke geloofsoortuigings en politiese sienings dat taal nie al is wat om Afrikaans te wees verteenwoordig het nie. Nogtans is ek Afrikaans al verskil my sienings van baie ander wat die taal deel. Miskien is dit juis beter om die diversiteit wat daar onder taalgenote bestaan ten toon te stel sodat die polities geskepte beeld as afgod sy mag oor die Afrikaans sprekendes kan verloor.

Enige illusie wat ek dalk gehad het dat my paar geskrifte ʼn produktiewe bydra tot die herskepping van die Afrikaner se beeld kon lei is lankal as vergeefs afgemaak. Dalk is dit tog beter dat die idee van die Afrikaner verwerp word eerder as om dit te probeer bybring om die huidige realiteit beter te reflekteer. Die feit dat ek Afrikaans en van Europese herkoms is, is nie voldoende om my as Afrikaner te klassifiseer nie. Dus kan ek deur Afrikaans myself verteenwoordig en die gemeenskaplike skuld wat die Afrikaner dra, beide aanvaar en ook laat vaar.

Waarskynlik is al hierdie wroegings eerder reflekterend van my persoonlike struwelinge met my identiteit as wat dit die gemeenskaplike stand van sake verteenwoordig. Maar elkeen van ons moet sin probeer maak van wie ons is en waarvoor ons staan binne die Afrikaans sprekende gemeenskap. Deur in Afrikaans te kommunikeer word jou gehoor daardeur beperk en bepaal. Deur slegs op Woes te publiseer nog meer. Ten minste het ʼn paar mense wat ek te sê gehad het wel gelees, maar min het terugvoer gegee.

Die wat wel het, veral oor my geskrifte gaande geloof, het die gesprek help voortsit en ander opinies teenoor myne geopper. Dit was wat ek gehoop het voor. Ongelukkig het meeste lesers geswyg oor hul idees gaande die debat en onderwerp. Een debatteerder spesifiek, naamlik Raqia, se idees was so konserwatief en rassisties dat selfs ek, wat baie gewoond is, amper nie kon glo wat ek lees nie. Nogtans het hy ʼn deur na ʼn ander wêreld geopen en ek is net spyt meer het nie dieselfde gedoen nie.

Maar nou kom die hoofstuk ook tot ʼn einde met Woes wat aan die geskiedenis oorhandig word. Al was ek nooit seker oor wat Woes vir my beteken het nie, dink ek tog ek sal dit mis. Ek weet dat meeste ander lede veel meer waarde uit die ervaring geput het en dit is vir hulle aan wie my medelye uitgaan. Meeste van julle is vir my onbekend en die kans om mekaar te leer ken het sopas verminder.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

So is dit
Net wat jy saai dit sal jy ook maai. Ek is al daaraan gewoond dat skrywers nie op kommentare terug kom nie en ook nie eens meer die woordjie dankbaarheid ken nie.
3 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 15 ure oud


aqia sê dankie vir die kompliment


KONSERVATIEF = tradisie van wetsgehoorsaamheid:
is teen aborsie
is teen egskeiding
is teen sodomie
is teen gay en lesbies
is teen ontug
is teen verbastering
is teen promiskuïteit
is teen diefstal
is teen korrupsie
is teen oneerlikheid
is teen disinformasie
is teen lieg en bedrieg
is teen hebsug
RASSISTIES = elke lewende soort organisme hoort by sy eie soort
is teen genetiese modifikasie
is teen genetiese verbastering
is teen orale en anale saadstorting
nota: geen Blanke haat enige Nie-Blanke,
maar Nie-Blankes se haat teen die Blanke is geneties ingeteel,
volgens die 2e Gebod van die 10 Gebooie.
(ek glo nie jy weet wat dit is of beteken nie)
wat Blankes wel haat van Nie-Blankes,
is die wetteloosheid:
geweld, verkragting, diefstal, leuens, ontevredenheid
. . . . Die skepper van alles is konservatief,
daarom is daar tien gebooie om mee te oordeel,
die GOD van die GODSDIENS is liberaal en gekant teen die gebooie
LIBERALISME = gekant teen morele normes, sedelikheid, eerlikheid en

geregtigheid en betoog vir verandering sonder wette en norms en standaarde.
is vir antinomianisme
is vir wetteloosheid
is vir aborsie
is vir egskeidng
is vir sodomie
is vir gay en lesbies
is vir ontug
is vir verbastering
is vir promiskuiteit
is vir diefstal
is vir korrupsie
is vir oneerlikheid
is vir disinformasie
is vir lieg en bedrieg
is vir hebsug
DEMOKRASIE = alle soorte is gelyk, en mag vermeng,
is vir genetiese modifikasie
is vir genetiese verbastering
is vir orale en anale saadstorting
is vir godsdiens
is vir spiritualiteit
is vir heilige spoke
is vir kerk, sinagoge, moskee, tempels
is vir plaasmoord
is vir geweld en doodslag
is vir diefstal en roof en gaps
is vir Engels as Wêreldtaal
is vir Nuwe Wêreld Orde
is vir Merk op voorhoof
is vir Merk op hand
is vir Beeldspraak
is vir "kill the farmer, kill the boer"
is vir verkragting
is vir okkulte
is vir satanisme
■ jy kan baie maklik bepaal of jy konservatief of liberaal is
deur bogenoemde self te beoordeel en te bepaal waar pas jy in:
1Jn_3:4 Everyone doing sin also does lawlessness,
and sin is lawlessness.
Mat_7:23 “And then I shall declare to them,
‘I never knew you, depart from Me,
you who work lawlessness!’1 Footnote: 1 See v. 15.
Mat 7:15 “But beware of the false prophets,1
who come to you in sheep’s clothing,
but inwardly they are savage wolves
. . . . alle kerke verkondig wetteloosheid;
. . . . nie een kerk hou die gebooie nie;
. . . . hulle leiers is die wolwe in skaapsklere:
lyk soos lam, maar praat soos draak.

Ja Jacques, net 7000 konservatiewes,
word apartgehou van die liberale wereld.
Rom_11:4 Maar wat sê die WOORD aan hom?
Ek het vir Myself sewe duisend manne laat oorbly
wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie.
Rom_9:27 En Jesaja roep oor Yisrael uit:
Al is die getal van die kinders van Yisrael
soos die sand van die see,
et die oorblyfsel sal gered word;
Rom_11:5 Net so is daar dan ook
in die teenwoordige tyd ‘n oorblyfsel,
ooreenkomstig die verkiesing van die genade.

groetnis vir jou en jou gesin
3:39 AM 2016-01-09
3 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 2 ure oud


Ek was/is een van die 'gewone mense'
. . . en ek het gedink jy skryf goeie gedigte. (Meestal 'gedugtes' :), die wat ek wel gelees het.)

Moenie ophou skryf nie . . .
3 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 6 ure oud


Bismarck
Nou weet ek darem wat Woes vir jou beteken het.

Soos jy sê, min het die tyd, of genoeg omgegee oor wat ek te sê gehad het, en so ook met my jeens hulle. Ek dink nie enige iemand kan met reg hul opinie oor wat die doel of waarde van iets is as verteenwoordigend van almal uitmaak nie. Almal kies maar wat hulle ag of nie.

Ironies genoeg is jou kommentaar presies wat ek voor soek, en nou dat Woes gaan verdwyn sal een geleentheid om oor en weer te kibbel ook daarmee saam vergaan.

Tot wedersiens Bismarck, of nie.
3 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 15 ure oud


so is dit
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die AFSKEID projek.
3 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 16 ure oud


?
Duidelik dat jy die nut en waarde van Woes misgeloop het.

Die doelwit is immers heel duidelik en eenvoudig. Dit word in hierdie blad se opskrif hierbo aangetref - 'n Plek om jou stories te vertel. Afgesien van stories, rubrieke en artikels kon jy sekerlik ook met gedugte gedigte laat waai het wat in ieder geval die grootste gedeelte van die Woeslede se pennevrugte verteenwoordig het.

Wie, wat en hoe 'n Afrikaner is of hoe hy/sy lyk is hoeka een van die miljuisende onderwerpe waaroor mens kan dig, vertel, beskryf, baklei, stry tot al oom Daantjie se kallers uiteindelik in die kraal loop lê. Indien jy sou wou kon jy ook sommiges vergas met die daaglikse gebeure in en om die huis. De skaai is de limit.

Indien mens nie dapper, sterk of vaardig genoeg sou voel om jou skryfsels na uitgewers, koerante, tydskrifte ens te stuur nie, kom Woes genadiglik tot die redding.

En verder as dit, moet mens sekerlik nie meer van Woes of van die ander lede van Woes verwag nie. In meeste gevalle is elkeen so bedrywig met sy/haar eie ding dat die volgende siel se ongelowigheid, Afrikaanse identiteitskrisis of wat ookal van minder as geen belang is nie. Om nie eers te praat van die enkele koddige siele wat webtuistes soos Woes gebruik om hul trol-talente tentoon te stel nie.

Is maar hoe dit is.
3 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 18 ure oud



Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar