Rubrieke

Titel: 2007
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


vandag wens ek myself 'n wonderlike en voorspoedige 2007 toe. want ek verdien dit. vir 'n slag. ek het sommer net besluit dat ek hierdie jaar MYNE gaan maak. want ek wil. ek mag. en ek KAN. nie weer sal iemand my onder kry nie. nie weer sal satan hier op my linker skouer kom sit en my aanpor sonder dat ek hom met 'n backhand afmoker nie. wat ek ookal gaan doen - ek gaan dit uit volle bors doen. ek sal huil as ek hartseer is. en lag as ek gelukkig is (en hierdie jaar sal ek wees). wanneer ek kwaad word sal ek my tong in toom hou en as ek wil skree sal ek my gesig in my kussing gaan druk en skree tot my kleintongetjie in spasma gaan.

my voorneme vir hierdie jaar? om 'n beter mens te wees (nie dat ek 'n slegte mens is nie). om geduldiger te wees met myself, met ander en met my lewe. om myself te vind. om innerlike geluk te vind (ek gaan dit nie meer my geluk in ander mense probeer vind nie). en vertroue. ek gaan in myself glo. myself vertrou. en in my Hemelse Vader. en NIEMAND anders nie. (jammer, te veel keer teleurgestel).

ek sal die beste ma wees wat 'n kind ooit voor kon vra. ek sal kwaliteit tyd met elkeen van hul spandeer en doen wat HULLE wil doen in daardie tyd. na werk sal ek my skoene uitskop, vir my 'n glas rooiwyn ingooi (wanneer ek klaar is met my dieët) en vir 5 minute voete in die lug ontspan.

wat my verhouding betref? ek sal myself NIE verder laat verneder of slegsê nie. ek sal opstaan vir wie en wat ek is. ek sal myself NIE verder emosioneel laat mishandel nie. waarom nie? want ek het 'n nuwe boekie gekoop, nie 'n nuwe bladsy omgeslaan of hoofstuk begin nie. in hierdie nuwe boekie is EK die belangrikste persoon in my lewe. niemand anders nie. ook nie my kinders nie (en baie van julle sal dink ek is selfsugtig? ek is nie. ek sien na myself eerste om hierdie jaar dan WEET ek ek kan my ALLES vir my kinders gee. hul is immers my bestaan).

so is die huis dan nou maar in die mark sodat elkeen van ons twee nou ons eie deeltjie kan kry en apart gaan nesskrop. ek gaan nie sukkel nie. enkelma met twee kinders? aikôna!!! dit gaan feeste wees. HY gaan sukkel! (en verskoon as ek in my mou lag hieroor). waarom? want mamma mia (dis nou ek) het nie twee kinders in hierdie huis gehad nie, maar drie. kleertjies uitgesit. kossies gemaak. skottelgoed gewas. kruideniersware gekoop. kleertjies gewas. gesorg dat al my kuikentjies veilig en toegevou onder hulle kombersies ingewurm is, die deure gesluit en vensters toe is alvorens ek moeg op die balkon gaan sit het en vir my 'n sigaretjie aangesteek het.

nou sal ek steeds vir my kjinnertjies sorg. maar net vir twee. die derde een moet nou self sien en kom klaar. ek is nie meer sy vloerlap nie. sy 'maid' nie. ek sal nie weer oor myself laat loop of misbruik maak nie.

want ek gaan gatskop hierdie jaar! en ek gaan die grootste golf vang en hom uitry tot op die einde. die wat wil saamkom, hou jou balans en kyk vorentoe. as jy afval - sterkte. ek gaan jou nie optel nie.

WANT DIS MY JAAR!!!

aan almal hier op woes wens ek toe 'n werklik baie voorspoedige 2007.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

2007
Absoluut Amen!! - Sannie
12 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 14 ure oud


So 'n bek moet jem kry! Laat ek liewer vir ons 'n rooietjie skink daar, in my kristalglasies (want ek gaan dit nou gebruik en nie worry dat dit kan breek nie - waarvoor bêre ek dit?) 'n Wonderlike voorspoedige 2007 vir jou en mag jy al daardie voornemens behou!
12 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar