Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘We are going to fix up our city’, sê ons burgemeester in die Pretoria News gister. Brawe woorde, en ons sien en beleef dit daagliks. Die metro polisie maak skoon en maak bymekaar. Die straatverkopers word al minder en baie doen net tot so 10h00 soggends besigheid, daarna vlug hulle met hulle ware. Natuurlik kan ‘n mens nie help om te wonder waar eindig al die lekker vars vrugte wat op die manier afgevat word nie.
As jy op straat geslaap het, is dit veilig om eers jou kombers iewers aan jou lyf vas te maak voor jy ‘n draai gaan loop, anders slaap jy dalk vanaand ‘koud’. Selfs die 67 minute gemeenskapswerk op Mandela dag is deur die metro goed aangewend met hulle ‘cleaning campaign’.
Die stad ís ‘n deurmekaar plek en dis bitter vuil, natuurlik maak dit sin om die omgewing op te fix. Sal dit nie lekker wees om deur mooi skoon strate te stap nie, strate waar niemand rondslaap, ‘n bietjie in die pad raak met sy stalletjie op die sypaadjie, sy bande laat omruil of sy hare laat sny nie? Waar niemand jou omtrent in ‘n parkeerplek in forseer en dan honger-honger ‘n paar rand uit jou beursie uitkyk nie. Rustige strate, soos in die ‘goeie oue tyd’.
Die moeilikheid Mr. Ramokgopa, begin wanneer die ‘illegal trader’ ‘n gesig en ‘n naam kry. Wanneer jy weet van haar vier kinders en haar laatnag werkery (op straat met vrugte en lekkergoed verkoop) om hulle magies vol te hou. Wanneer jy weet hoe bitter graag sy ‘n handels lisensie sal wil bekom maar dit eenvoudig nie regkry nie, omdat haar asylum aansoek al vir vyf jaar draai. En jy weet ook dat sy met ‘n nuwe man ‘opgeshack’ het ter wille van oorlewing, want wie weet wat het van haar eie geword?
As die oorlewing van haar en haar gesin die prys word vir my gerief kan ek nie help om te dink ‘cleaning campaign’ se gat nie, kom ons noem dit by die naam: Xenophobia.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ag nee...
Jare gelede...die goeie ou tyd...het ons vanaf die leeubrug in Sunnyside, tot by die dieretuin kon stap...my ouers en ons vier kinders...met die Jakaranda blommetjies wat onder jou voete klap soos hulle bars as jy daarop trap...vandag is dit 'n frustrasie en pyn om die stad so te aanskou...dis al vir 'n geruime tyd reeds so...cleaning up...se g*t sê ek saam!
8 jaar 4 maande 2 weke 4 ure oud


Ag nee.
Jy het my laat dink.... As 'n straat op daai manier upgeclean word, behoort so skoon straat my voete blase te brand.
8 jaar 7 maande 1 week 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar