Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Na my operasie moet ek ‘n snor vir ‘n week lank dra. Ek dink uiteindelik het ek myself genoegsaam in snor draers se skoene geplaas om kommentaar te kan lewer.

Hulle noem dit ‘n neuswors. Ek dink nie daar kon enigsins ‘n meer raak beskrywing wees nie. Gaan yskas toe, haal ‘n Weense-worsie uit en druk dit tussen jou neus en bo-lip vas. Die enigste verskil is dat my neuswors uit gaas gemaak is.

Dit is ‘n snor! Een moerse snor! Snorre kan in klasse opgedeel word, ek kry nog hare op my lyf en probeer ‘n snor groei, die slinkse jakkals dun snor, ek steek iets op my bo-lip weg snor en dan die groot oom van almal, die Suid Afrikaanse bokser snor.

Ek het die bokser snor. Ek kan dit nie afhaal nie a.g.v. dreinering so ek moet koffie en beskuit met ‘n wors op my lip geniet.

Ek het nooit gedink iets kan so ‘n pyn in die gat wees nie. Dit voel of daar ‘n gedroggie op my lip sit en help eet en drink aan wat ek geniet. Dit is nie koel nie. Dan kom daardie bekommernis dat iets dalk aan my neuswors hang. Selfbewus.com is al wat ek kan sê!

Nie, een keer deur hierdie ondervinding kon ek ‘n positiewe van ‘n snor raaksien nie. Dit is in die pad, ek glo dit is onhigiënies en 80% van vrouens wat ek uitgevra het oor snorre gril vir die damn goeters.

So, hoekom groei mans snorre?

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kodeks

deur Nini Bennett

Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar