Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Gister was Vrouedag in Suid Afrika en sover ek van die advertensies op die radio kon onthou was daar baie te doen in die vorm van konserte en nog meer.

Ek het dit gemis aangesien ek nie so mal is oor groot groepe mense nie en sodoende al die buitelug konserte vermy. Ek het maar vroeg begin wikkel aangesien ek baie het om te doen. In my peuter met werk wat ek nie wil doen nie dink ek toe so by myself dat daar ook ‘n Mansdag moet wees.

Ek bedoel julle vrouens het Vrouedag, Moedersdag en Valentynsdag en ons mans het net Vadersdag en dit is ook net bedoel vir ouens met permanente vroetel lisensies. Ons manne wat nie getroud is nie moet wag tot ons getroud is en kinders het voor waardering oor ons uitgespreek sal word.

Hierdie siening is net so in my gesig gegooi deur een vrou. ‘n Vriendin het my op Vrouedag uitgevat vir middag ete, haar treat! Dit was nou nice vir iemand om ‘n deel van hulle dag aan my te gee.

Hierdeur wil ek net aan alle vrouens ‘n gelukkig Vrouedag toewens en julle dank vir alles wat julle doen, van kinders kry tot dronk rugby ondersteuners in die bed te sit.

Maar as een van julle die krag en mag het om dit reg te kry, reël asseblief vir ons ‘n Mansdag ook.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar