Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag is weer een van daai dae waar die eensaamheid my vang. Konstant besig om te werk en te soek na werk met net naweke om te rus. Trots op my deurdruk vermoe en elke suksesvolle 8am tot 10pm werksdag. Wanneer ek rus begin my gedagtes dwaal en ek besef dat ek werklik alleen is. Nie net in die romantiese opsig nie maar oor die algemeen, met geen tyd wat werklik spandeer word aan mense verhouding nie. Gewoond aan 'n sekere roetine en nie krag vir uitgaan nie. Naweke is 'n seening om weer te herstel en krag op te bou vir die volgende besig week.

Dan dink ek aan jou, die een wat ek weet eendag myne gaan wees. Ek ken nie jou naam nie en ek weet nie waar jy is nie maar ek "wag" vir jou. Die wag is meer 'n woord as 'n aksie omrede ek wag uit geen keuse. Ek het nie tyd vir jou nie, altans nie nou nie. Ek bou aan my toekoms sodat ek jou gelyke kan wees wanneer ons paadjie eendag bymekaar uitkom.

Maar ek deel my gedagtes met jou want ek wil he jy moet weet hoe verskriklik eensaam dit is om so te fokus op finansiele stabiliteit. Dis 'n alewige gejaag na 'n beter werk en hoer salaris. Soms is ek braaf en kuier vir so paar ure saam vriende maar my tyd staan ek selfsugtig af bloot omdat ek nie kan bekostig om selfs 'n sekonde te vermors nie,

Wanneer dinge eendag rustig raak weet ek dat ek dankbaar gaan wees vir die oomblike alleen met my gedagtes. Want dis nou wat ek my menswees behoorlik ontdek en my persoonlikheid vorm. Dis nou wat ek leer oor wie en wat ek werklik is en waarnatoe ek in staat is. Sonder die oomblikke alleen in my gedagtes sal ek nooit werklik die vrou kan word wat jy verdien nie.

Vir nou is ek alleen met my Gedagtes.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

alleem
beuatiful
4 jaar 8 maande 3 weke 1 dag oud



Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar