Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Toe ek vanaand internet toe is, het ek heel toevallig ’n advertensie op die een webtuiste gesien wat my laat wonder het oor die saak, die volgende Mighty Men Conference van Angus Buchan. Die advertensie het gelui dat dit jou R1800 gaan kos om per bus daarheen te gaan en terug te kom, ’n slaapplek in ’n tent en toegang tot die terrein insluit. Alle uitgawes vir kos en drinkgoed is uitgesluit.

Nou weet ek ook dat baie mense dadelik regop gaan sit en verklaar dat hulle weet van hoevele mense wat al deur sy konferensies en boeke aangeraak is. Ek wil dit nie betwyfel nie, maar het self sy video’s gekyk, sy byeenkomste op Loftus en in Bloemfontein bygewoon en het niks geleer nie, behalwe om “amien” te skreeu. Miskien is ek verkeerd, maar as ek net na my eie lewe kyk dink ek die HERE het verseker meer in my lewe gedoen as in syne. Twee keer van kanker genees, ens. Maar dit is nie nou ter sprake nie.

Ek het so vinnig sommetjies gedoen en gevind dat as daar 300000 mense die naweek gaan wees, wat ek dink die syfer is wat rond gegooi word, gaan daar ’n minimum van so om en by die R150 miljoen spandeer word, geraam op ’n gemiddelde van R500 per persoon. Nou wonder ek maar net hoeveel mense ek voor kan sorg met soveel geld.

Ek het al voorheen daaroor geskryf waar ek en Hettie ervaar het dat mense so dankbaar is oor ’n sakkie appels wat ons vir hulle gegee het, dat hulle om jou nek hang en snik van blydskap, al het ek dit verniet by boere gekry. (dit het my petrol gekos om dit te gaan haal). Nou wonder ek net hoeveel kos en klere kan ’n mens uitdeel met soveel geld. Dit is tog immers ons roeping as Christene om vir ons naaste om te gee, as ek Mattheus 25 reg lees, want dit gaan maak of ek saam met Jesus gaan wees of nie. O ja, maar ek het vergeet ek is my eie naaste, eerste, so ek moet my geld op myself spandeer. Jammer man, ek het nou so ’n bietjie vergeet.

Maar net ’n gedagte.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar