Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit was die hoogtepunt van haar matriekjaar toe sy die reuse pienk teddiebeer met sy abnormaal groot flapore en ronde swart oë in die eerste kwartaal by ‘n dierbare klasmaat gekry het. Deur haar matriekjaar het hierdie teddiebeer op haar bed in stilte al die uitdagings van matrikulant-wees aanskou.

Nadat hulle dogtertjie gebore is, het die reuse teddiebeer ‘n plek op die dogtertjie se bed gekry.

Verlede week het hulle dogter haar kamer reggepak en weggepak om universiteit toe te gaan. Daar is soveel items weggegee en weggegooi dat daar net ‘n handjievol kosbaarhede en noodsaaklikhede in haar kamer oorgebly het. Die reuse pienk teddiebeer was een van die min items wat gehou is.

Die ma het heimlik gewonder wat hierdie teddiebeer sou kwytraak as hy skielik sou kon praat.

Na drie dekades is sy lyf al plat van al die kere wat hy as ‘n kussing gebruik is, maar sy flapore en groot swart oë lyk nog dieselfde. Sy staan verstom oor die hoeveelheid wasse wat hy oorleef het.

Met haar dogter se kamer skielik onbekend leeg, was die reuse teddiebeer, nou weer gewas, een van die min bekende dinge in die vertrek.

Die dogter het die teddiebeer opgetel en hom aangestaar. Sy het hom laggend vertel dat hy al op soveel plekke en in soveel provinsies gebly het, maar dat hy ongelukkig nie nou mag saamgaan universiteit toe nie. Sy het hom egter belowe dat, wanneer sy weet hoe dinge werk en as daar vir hom plek in haar koshuiskamer is, sy hom sal kom haal.

Sy het hom versigtig op haar bed teruggesit en met ‘n breë glimlag na haar ma gekyk. “Wie weet, dalk sit hy eendag iewers in my dogter se kamer terwyl sy matriek skryf.”




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jaa! So 'n erfenis
Dis waarom die wêreld draai.
Daarom draai die wêreld, ja.
Vir my mag dit kitsch lyk as ek sou kom kuier
-- maar vir julle is dit meer as 'n ding...
En as hy eers kon praat?
Baie mooi. Dankie.
GvT
3 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar