Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wat gedoen as die vurige verhouding waarin jy jouself bevind koud word?

Ek glo elke verhoudings begin warm soos ‘n lekker vuur. Alles is lekker en as jy aan die ander persoon dink kry jy vlinders in jou maag en jy kan nie genoeg van die ander persoon hoor nie.

Hierdie stadium is maar van korte duur. Jy raak vinnig gewoond aan die ander persoon se reuk, kleredrag en al die ander dinge. Niks is meer nuut nie. Daardie ontdekkingsreis het basies sy gat gesien. Dink daaraan soos Afrika na kolonialisme.

As dit nie genoeg is nie kom die ou gewoontetjies in. Die manier waarop hulle eet of hulle kos kou. Die feit dat die een net 5 minute voor die ander opstaan en gewoonlik die vrotste ding in die toilet doen, dit net voor die ander moet regmaak vir werk.

Die een moet elke Sondagmiddag ‘n slapie neem. Die een gaan slaap vroeg en die ander laat.

Hierdie is nie regtig die afkoel van die verhouding nie, dit is eintlik net realiteit wat insink. Hierdie persoon wat jy amper verafgod het is nou net soos al die ander mense wat jy ken. Die groot verskil is dat hulle aan jou mag vat en vry en ‘n paar aaklige geheime van jou ken.

Wat gedoen dan? Dit is wat ek wil weet.

Ons is tog so gewoond daaraan om die heeltyd nuwe dinge om ons te hê. Rekenaars, klere, flieks, musiek. Noem dit maar op. Alles is daar om so te maak dat jy net die heeltyd die nuutste ondervind. Die absolute plesier van hierdie situasie is natuurlik as iets nie lekker is nie dan verander jy dit net. Klap jou vingers en jy het ‘n ander keuse voor jou.

Maar in ‘n verhouding werk dit nie so nie. Jy kan nie net van maatjie verander nie. As jy dit doen, hoe diep is jy as persoon? Jy kan ook nie die ander persoon verander nie. Dit werk NOOIT nie. As jy die ander persoon wil verander in iets anders, hoekom het jy dan hierdie formaat van daardie persoon gekies?

Wil ek regtig hierdeur gaan? Ek is regtig nie lus om na ses maande die ander help herinner waarom hulle oorspronklik hierdie keuse gemaak het. Wat ek nou al gesien en ontmoet het, dink ek nie mense het regtig meer die lus vir betekenisvolle verhoudings nie.

Nevermind al hierdie dating web sites, speed dating en so. Ek dink ek moet ‘n beweging van “Take-away” dating begin. Hier kry jy nie ‘n fisiese verhouding nie. Jy kry iets wat by jou bui vir die aand pas. Jy kuier saam met die ander een totdat die whiskey en bier inskop en jy nie meer lus is vir hulle grappies nie of manier waarop hulle lag nie.

Gooi die ding in die asblik, gaan slaap die drank af en maak ‘n ander keuse more aand.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

take it away of trek dit liewer terug ;)
Willem, Willem, Willem!
ek voel om soos 'n ou tannie te kom preek, maar sal my eers inhou, siende dis jou blad die waarop jy als kan uitpak wat jy wil. Ek wil dan maar net sê ek dink dis geen goeie idee, maar ek dink wel jy skryf heel leesbaar, almal sal verstaan wat jy sê. Dis net dat as jy lief is, rerig lief, dan kan 'n mens, (en natuurlik met genade van Bo) dis al wat ek wil sê. En ek is redelik seker as jy nie die kommentaar waardeer jy maniere het om dit uit te vee? ja?
NS dis een van die eerste goed van jou wat ek lees - kan jy glo? - na hoeveel dae al op jou werf (ja ek vind dit self vreemd dat ek dit nie eerder kom uitkyk het nie) maar nouja my commitment het ek klaar gegee.
;0
13 jaar 2 weke 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar