Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het die ander aand ‘n baie intieme boodskap by my pa gekry. Hy is amper 70. My pa was altyd die nie-emotionele tipe. Stil en sterk. Hy dra die las. Alleen.

In die boodskap het hy gedeel hoe sy verloofde Sue hom ‘n meer omgee mens gemaak het. Hy het die woord teerheid gebruik. Dit is my nuwe gunsteling Afrikaanse woord. Teerheid…
Ek het my pa 7 jaar terug op die vloer van sy sitkamer opgetel toe hy ‘n hartaanval gehad het. Hy het min skade oorgehou en leef vandag sonder enige fisiese letsels van die nare aand. Maar iets het verander

Dit bring my by die vraag wat ek wil vra;
Wat moet met iemand gebeur om sy teerheid te verloor of te onderdruk, en wat moet gebeur om dit weer te ontdek?

Ek is seker my pa het bitter min mislukking in sy lewe geken. Hy was baie suksesvol in sy beroep en is ver bogemiddeld slim.
Hy het een hammerhou op universiteit ervaar toe sy oorspronklike mediese studies nie na wense gegaan het nie, en toe ‘n mislukte huwelik na seker 35 jaar. Maar ek dink dit is as ‘n man sy gevoel van magtigheid verloor dat hy kan begin om teer te wees. Jy moet eers jou gat goed sien voor jy verstaan jy is nie alles nie, jy weet nie alles nie en jy kan nie alles nie.
Miskien vat dit om hulpeloos op die vloer te lê. Miskien vat dit om ware liefde te verloor. Miskien vat dit besigheidsmislukking. Miskien vat dit siek kinders. Die oorhoofse woord is hulpeloos. Jy kan niks doen nie. En jy weet dit. Daar is ‘n diep besef daarin.

Ek dink bitter min mense is hoogmoedig en teer. Hoogmoed moet eers tot ‘n val kom. Ek dink die skaarste mense is die wat in ‘n fantastiese huis teer grootgemaak is en nie nodig het om seer te kry om teer te wees nie.
Mense wat deur die lewe se meul misgemaal is en waar liefde hulle elke besluit omvou het.

Die res van ons se wange moet eers teen die teerpad skraap sodat ons kan opstaan, ons ontoereikendheid kan verstaan en besef dat die harde teerpad miskien nie die regte pad is nie. Miskien moet ons bietjie kaalvoet op die gras stap. Sag. Dat die halms ons weer teer tussen die tone streel.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

As jy sag word
Wanneer jy sag ?

Indien jy sag is en kaalvoet tussen die halms wandel en dan verander daai halms wat jy lewenslank vertroetel en bederf het na steekdorings . . .

Wag -

Hierdie onderwerp trek ek liewer met 'n bedeksel toe en vervlug myself terug na my illusie feetjie wêreld van sag en teer.
5 jaar 3 maande 1 week 4 dae 9 ure oud


wel wel wel


. . . . as ek nou ooit werklik kan respondeer,
dan is dit op hierdie 'pa-sient'

eers was ek nie seker
of jy VOEL - verskrik
of jy VOËL - verkrik . . . . wil wees nie,
n.a.v. jou skrywe.

. . . . na 35 jaar moes ek ook hoor:
"ek gaan jou skei;
ek wil niks met jou bespreek nie;
my prokureur het my verbied om met jou te praat;
my prokureur verbied jou om met my te praat"

natuurlik was ek uit die veld geslaan,
verbaas, verskrik, verwonderd, beangst,
stoksielalleen, seergemaak, teleurgestel,
bekommerd, verergd,
en selfs so bietjie magteloos kwaad,
en ek reageer:

"My Lief, wat gaan aan?
Kom ons praat,
ek is nie met jou prokureur getroud nie,
jy is my vrou vir wie ek lief is,
die ma van ons kinders."

As ek ooit direk met drie agente van die Satan te doene gekry het,
dan was dit die Prokureur, Advokaat en Regter;
sekerlik die drie mees immorele wettelose agente van Satan;
. . . . hulle lieg en bedrieg en mislei
en konkel in die helse duisternis van die geregshowe,
en geen wonder dat DIE BYBEL my inlig dat hulle beslis nie,
in SY koninkryk sal ingaan nie:

Maar gaan die een met die ander na die regbank,
en dit voor ongelowiges?

Dan is dit al werklik ‘n gebrek onder julle,
dat julle regsake met mekaar het.

Waarom ly julle nie liewer onreg nie?
Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie?

Maar julle doen onreg en pleeg roof,
en dit aan broeders.

Of weet julle nie dat die onregverdiges
die koninkryk van YHVH nie sal beërwe nie?

Ek was nooit aangekla vir enige wangedrag,
waarom sy die EG-BREEK EGBREUK wil maak nie;
en ek het nie 'n prokureur nodig om namens my te lieg en bedrieg nie,
en was nooit aangekla vir enige oortreding nie,
maar net omdat ek dit waag om te sê dis verkeerd om te skei,
het ek miljoene Rande verloor.

Die prokureur en advokaat is seker die mees walglikste mense,
wat ek ooit in my lewe mee te doene gehad het,
en sy ene Elize Steyn, is vandag 'n regter,
en seker die Hoof Agent van die Duiwel homself;
hy is 'n ene Kobus, maar ek het gelukkig sy van vergeet.

Sy het gespog dat sy toe al meer as 300 suksesvolle egskeidings bekonkel het,
en dit het sekerlik die ouers en die kinders en kleinkinders se lewe ook verwoes;
dus seker so 5000 normale lewens verwoes,
en dan spog sy daaromtrent.

So agt weke na 21 jaar,
kry ek epos,
en hier noem my liewe vrou my HAAR MAN,
erken sy het my bedrieg en belieg,
besteel en groot skade aangerig,
en drie keer smeek sy vir VERGEWING.

wel ek is nie die Seun van die Allerhoogste,
wat REG het om sondes te vergewe nie,
maar ek erken ontvangs van haar beleidenis en sal dit onthou,
en dit bring die STREEL van TEER in ons LIEFDESVERHOUDING,
wat dit was vir die eerste 35 jaar van ons lewens.

Ek glo sy sal aan my teruggegee word,
op die Opstandingsdag,
of ek sal uit my 'n regte maat laat kloon.
My Vader in die Hemel het immers die perfekte vrou vir Adam gekloon,
en tog was sy geraps deur die Satan homself.

Wat weet Satan van die mees teerste
en mees sagste plekkie op die vrou van die man?
. . . . so verdoemde skermunkel.

Dit staan immers geskryf:

Omdat jy dit gedoen het,
is jy vervloek onder al die vee [stomdiere]
en al die [diere van die veld = homo sapiens]
5 jaar 3 maande 1 week 4 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar