Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

DOELWIT
Athalia Uitreik is gestig om in die huidige ekonomiese klimaat die toenemende vraagstuk na bekostigbare verblyf vir Christen bejaardes en gestremde volwasse persone vanuit ons gemeenskap wat slegs Staatstoelae of soortgelyke pensioen ontvang en nie meer finansiël onafhanklik kan funksioneer nie, aan te spreek en uitkoms te bied asook tydelike verblyf aan gesinne en enkel ouers in nood totdat hul weer finansiël onafhanklik kan funksioneer. Goeie versorging te bied aan afhanklike bejaardes en gestremdes nie net deur verblyf en ete te verskaf nie maar ook fisiese hulp te verleen d.m.v. gesondheidswerkers bv. met bad, aantrek, mobiliseer asook liggaamlike versorging.

VISIE
Athalia Uitreik se Visie is vir solank daar ‘n vraagstuk is na behuising vir minderbevoorregtes om soveel moontlik huise te open as wat nodig is om die nood vir bekostigbare verblyf in ‘n veilige skoon omgewing met voedsame etes aan te spreek. Om hoë gehalte bekostibare versorging te bied aan persone wat versorging benodig

MISSIE
Om vir bejaardes en gestremde persone wat weens die huidige ekonomiese omstandighede nie meer menswaardig vir hulself kan sorg, ’n uitkoms en heenkome te bied.
Om 'n veilige hawe te skep waar Athalia bejaardes en gestremde persone in ‘n skoon netjiese omgewing sonder finansiële bekommernis kan bly en hul goue jare geniet.
Om Christelike beginsels te handhaaf en so te alle tye stabiliteit te vestig.
Bedlêende inwoners weer ‘n doel in die lewe te gee, hul te mobiliseer, met basiese oefeninge te help asook hul uit die bed na buite te neem, hoewel met beperkte apparaat en hulpmiddels.

ONTSTAAN
Athalia Uitreik wat op 23 Februarie 2012 gestig is, is ’n geregistreerde nie- winsgewende welsyn maatskappy sonder winsbejag. (NPC No 2013/023023/08).

Die besluit te neem om Athalia Uitreik te stig was geinspireer deur 'n groepie baie spesiale bejaarde persone wat stabiliteit en gemoedsrus gesoek het in hul goue jare.

Athalia Uitreik is op 23 Februarie 2012 gestig. Ans Coetzee wat 'n stigterslid en betrokke was by 'n ander welsynorganisasie het na 'n openbaring van die Heilige Gees in Januarie 2012 daar bedank.
Tydens haar bedanking het sy dit nog eens die gedagte gehad om 'n ander bediening te stig nie maar het haar bedanking tot baie verwikkelinge gelei, wat o.a. tot die stigting van Athalia Uitreik gelei het.
Die vorige organisasie het besluit om die huurkontrak van 'n huis te kanselleer waar n groepie bejaarde persone tuisgegaan gegaan het te Stalsweg 22B, Wilgehof, Bloemfontein en was die mensies kennis gegee dat hulle binne 24 uur verskuif gaan word en in verskillende huise geplaas gaan word. Dit was vir die inwoners 'n skok aangesien as gesin lief was vir mekaar en die onsekerheid om vir die soveelste keer verskuif te word het tot 'n spesiale versoek gelei.
Die inwoners het Annélize van der Walt die eggenote van die eienaar van bogenoemde woning genader en gevra of sy en haar man nie hul weg sal oopsien om die huis beskikbaar te stel vir hulle op dieselfde voorwaardes as die vorige organisasies maar waar hul permanent kan woon. Na gebed en konsultasie met Ans Coetzee wat haarself bereidwillig verklaar het om te help is die belangrike besluit geneem om wel die huis beskikbaar te stel en die inwoners te versorg. Die tuiste word "Huis Vrede" genoem.
Daar was geen beplanning vir uitbreiding in gedagte nie, maar dit het vinnig baie duidelik geword dat daar n baie groot behoefte is vir skoon netjiese verblyf met voedsame kos vir bejaarde en gestremde persone wat nie meer in die huidige ekonomiese klimaat 'n bestaan kan maak nie. Nadat die aansoeke vir verblyf begin in stroom het is daar besluit om ‘n nie-winsbejagde bediening te stig en so ‘n permanente Tuiste te skep vir genoemde inwoners en ander in nood.
Die organisasie is gestig en is daar is op die naam Athalia besluit met betekenis, ‘God is praised'.
Die huidige instansies wat uitreik na minderbevooregtes raak slegs die punt van die ysberg van nood. Die Here het egter ‘n groter Visie vir Athalia gehad en het die organisasie weens die groot nood in Bloemfontein binne 3 maande ses huise geopen waarvan twee versorging tuistes is. Die 11 de huis het op 1 April 2014 geopen.

Galasiërs 6:9:
En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.

STIGTERSLEDE & BESTUUR:
Annélize v.d. Walt       Sel 072 838 1088 annelize@athalia.co.za
Ans Coetzee            Sel 082 467 6471      ans@athalia.co.za
Allie vd Walt            Sel 0844404428      admin.@athalia.co.za


ATHALIA TUISTES
Huis Vrede te Stalsweg 22B, Wilgehof was die eerste huis wat geopen het dit bied soos die ander huise verblyf aan bejaarde en gestremde inwoners teen ‘n minimale bedrag binne hul finansiële vermoë. Die skoon tuistes en netjiese tuine is baie huislik en is die inwoners baie gelukkig.

Die instansie het ook intussen drie versorging tuistes geopen en is in die beplanning vir ‘n verdere versorging tuiste.

Die inwoners wat in versorging huise gehuisves word, is hulp afhanklik, sommige is bedlêend ander het hulp nodig met bad en aantrek en dan is daar persone wat Alzheimer se siekte in ‘n ligte graad het. Die gesondheidwerkers help die inwoners om te bad, liggaamlik te versorg aan te trek en te mobiliseer. Bedlêende persone word in rolstoele gehelp en na buite geneem.

Athalia is bevoorreg om twee dokters nl. Dr. Nazell Strampe en Dr. Tanya van Zyl vrywillig betrokke te hê wat gereeld besoek bring en saam met suster Hester Coetzee en die opgeleide Athalia Versorgers die versorging gedeelte hanteer. Sy besoek inwoners wat ekstra aandag nodig het tussen in spesiaal. Ons is ongelooflik dank aan Drs. Strampe en van Zyl verskuldig wat hierdie liefdeswerk met soveel omgee doen. Inwoners betaal nie vir dokters besoeke nie, slegs vir die medikasie by apteke vir die privaat voorskrif.

Die tariewe van versorging word bepaal volgens die graad van versorging wat benodig met die finansiële vermoëns van inwoner in ag geneem. Die verblyf sluit 3 etes pd. In asook die versorging deur gekwalifiseerde gesondheidswerker met ’n gekwalifiseerde suster in beheer. Daar is egter ‘n beperking op die aantal gesubsideerde inwoners sodat die uitgawes binne die begroting kan bly.

Sodra ‘n inwoner spesiale sorg nodig het, moet addisionele versorgers by in diens geneem word en dra by dat die tariewe verhoog. Die tariewe sluit nie doeke of medikasie in nie. Slegs in die geval van gesubsidieerde inwoners word doeke verskaf.

ATHALIA TUISTES
-      Skoon netjiese Omgewing       - Huislike atmosfeer
-      Enkel of Deel kamers            - 3 Etes ingesluit

TOELATINGSVEREISTES & VERBLYFVOORWAARDES
Toelatings Vereistes:                             
Verblyf Voorskrifte:
- Geen Alkohol gebruikers
- Afskrif van ID dokument
- Slegs Christene wat aan 3-enige God glo
- 3 Maande se bankstate
- Onderhewig aan Keuring
- Getekende aansoekvorm
Losiesgeld word bepaal volgens glyskaal van inkomste.

Minimum bedrag betaalbaar vir ‘n deel kamer Enkelkamer is dubbel die tarief.

VERSORGING TUISTES:
Athalia volle Versorging Tuiste Toelating vereistes Dienste
Volwasse persone                              Versorging van bedlêende & Gestremde persone
Geen alkohol gebruikers                         Versorging 24 uur per dag in volle versorging tuistes
Christene wat aan Drie-Enige-God glo Slegs akkommodasie en etes in algemene tuistes

PERMANETE PERSONEEL
Opgeleide geregistreerde Suster, Gesondheid werkers en Huiswerker.


Verblyfkoste in volle versorging is R 4150-00 per inwoner – aansoek kan gedoen word vir subsidie en dit word bereken volgens prognose van inwoner asook die glyskaal van inkomste en die bydrae van familie. Indien enkelkamer beskikbaar is, is die dubbel die tarief.


Die volgende ondersteuning word gebied deur vrywillige werkers
Psigiese ondersteuning en advise
Geestelike Ondersteuning
Emosionele Ondersteuning
Sterwing begeleiding
Pyn en simptome kontrole

Permanente & Tydelike Verblyf – Indien aan Athalia toelatings vereistes voldoen kan/sal ‘n inwoner na HERSTEL vanaf die versorging tuiste oorgeplaas word na ‘n gewone Athalia Verblyf Tuiste.

DIENSTE
Terminale Versorging                  
Gestremde Versorging
Bedlêende Persone Versorging     
Tracheostomie Sorg

ATHALIA TUISTES
Athalia bedryf vanaf 1 April 2014 elf huise waarvan Huis Omgee te Voorslag Straat 5 in Fleurdal, Huis Dankbaar, h.v. Van Heerdenweg & Faurelaan asook Huis Deernis te Hippocrates Straat 37, Hospitaalpark bekostigbare volle 24 uur versorging bied aan volwasse persone. Die ander 8 verblyf tuistes is in Wilgehof.

Die inwoners ontvang skoon netjiese verblyf plus drie etes daagliks. Inwoners word nie net liggaamlik versorg & gevoed nie maar ook Geestelik. Hul word deel van ‘n gesin van die Athalia familie. Die naamlys van inwoners of adreslys van tuistes is op aanvraag beskikbaar.


GEMEENSKAP BETROKKENHEID

Dankie, aan die publiek en sake sektor dat die kwaliteit verblyf & versorging van Athalia Uitreik volhoubaar is deur hul betrokkenheid d.m.v. omgee, donasies, borge en gebed.
Athalia Uitreik ontvang geen subsidie van enige aard nie en is dus afhanklik van die publiek se betrokkenheid in die voorsiening van goeie netjiese verblyf met voedsame etes.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Geweeg

deur Manie Jackson

Gedigte van skooldae af , die tyd toe ek geweeg is, tot ek getrou het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar