Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vanaand is een van daardie aande Abba Vader wat ek na U kom met seer wat aan my hart se deur wil-wil rasper.

Ek sukkel om myself te verstaan - hierdie emosies wat soos 'n vangnet my gedagtes met skadu wil vergal.

Retoriese vrae wat koggelend, bruisend teen my huisie van glas klots, klots. Soekend vir 'n swak plek in my wapenrusting waar roes van twyfel teen die yster wil oorlog voer.

Vrae van waarom hierdie erdekruik so breekbaar is Here. Waarom dit nie van onsensitiewe klip kon gemaak gewees het nie. Klip wat onbreekbaar is.

Maar dan klim ek soos 'n kindjie klein op U skoot. En voel ek die vertrosende Arms om my lyf geslaan.
Sag hoor ek U vra - watter glorie en erkenning het My Seun geniet? Waarom dan hartseer voel omdat dit vir jou voel jy is in geisoleerde kokonnetjie waar niemand jou opmerk?
En jy is breekbare klei, maar ek is jou Pottebakker. Ek sal aanhou en nooit opgee om jou tot My Beeld te omvorm nie.
Laat die storm teen jou glas huisie woed - onthou jou Fondament.

En ek voel hoe trane van berou my vul. Wat sou dit werd wees om al die guns van mense te wen?
Here help my onthou van die Kroon wat vir my wag - dat die Hemelse skaal se waarde altyd groter weeg as 'n hart van klip.
Neem my en breek my soos U Wil. Want in die potterbakkersoond sal ek gelouter word totdat ek bruikbaar is.

Abba Vader U liefde is vir my genoeg. U sal my weer bly maak en van vreugde laat dans.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

seer
So word ons weer heel met Sy salf as ons Boontoe en vorentoe kyk en niks is vir Hom onmoontlik nie.
3 jaar 3 dae 7 ure oud


Ano
Balsem
Broos en breekbaar is ons elkeen beslis, maar darem kan ons vertrou dat ons Skepper nie minderwaardige klei gebruik nie :-)
3 jaar 3 dae 11 ure oud


balsem vir n seer hart
die mooiste mooi verootmoediging.. ja by Hom is ALTYD troos!!
3 jaar 4 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Liewe Ma - van Bart I

deur Bart

Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar