Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Geskryf vir Woes kompetisie met die woorde: LOEF, LIEFDE, LONS, LES, LEWE, LUIM

Kry mens in vandag se gejaagde lewe nog Barmhartige Samaritane? DIt is mense wat sonder om te skroom, te blik of bloos, sonder om te dink of sonder dat hulle jou ken, liefde aan hulle medemens bewys. Hulle doen dit deur een of ander daad van hulpvaardigheid te betoon sonder om enige vergoeding of teenprestasie te verwag.
Wel, as dit nie vir hulle was nie, weet ek nie wat van my sou geword het op Vrydag van 1 November 2013 nie. Ek was op pad na Barrydale vanaf Groote Schuur in Kaapstad waar ek elke drie maande my nuwe medisyne voorskrif kry en toetse ondergaan vir MG ( Myasthenia Gravis), wat in grieks beteken “erge verlamming”. Maar wag dat ek liewer heel voor begin.
Ek het my toetse ondergaan en die Prof en haar student was nie tevrede met my huidige kondisie nie. Het bietjieste vinnig begin doodgaan na hulle sin. So hulle besluit om my nog ‘n pil te gee waarvan ek twee elke week moet neem. Ek was bietjie laat by die apteek met my voorskrif, want ek moes ‘n draai by die MRI scan ontvangs gaan maak om my afspraak in Februarie te gaan bevestig vir die knop in my bors. Ek wag gevolglik vanaf 11h00 tot 14h30 om my pille by die apteek te kry. Ek het toe nog geen ontbyt gehad nie, want om betyds by die hospitaal te kan kom met al die verkeers opeenhopings moes ek Barmhartige Samaritaan nr 1 wat my slaaplek gee die vorige aand se huis in die Strand reeds om 6h00 verlaat. Daarom het ek toe ook nog nie my hand vol pille vir die MG geneem nie.
Ek sit af na die Hospitaal Restaurant en eet ‘n bord 'n vissie en skyfies sodat ek nie my pille op ‘n lee maag hoef te neem nie. Ek kyk so die nuwe pil en lees daar staan, Azathioprine 50 mg, en dat jy jou hande moet was as jy aan hulle gevat het en ek wonder by myself, sal ek hierdie gif sommer nou agter die blad kry en miskien maak dit my sommer ‘n bietjie sterker vir die pad huistoe. Alle pille is mos maar een of ander gif. Min wetende watter fout ek maak om dit saam met my ander pille waaraan ek gewoond is te neem. Wel met nabetragting weet ek nou dat dit ‘n fout is om nuwe pille te neem as jy op die pad gaan.
Op pad uit die stad kry ek skielik so ‘n lus vir ‘n koppe lekker boeretroos en besluit om my koffie dors eers te les by iemand wat ek in my kinderdae laas gesien het. Ons drink koffie en gesels oor die ou dae voordat ek my reis na ‘n half uur weer verder vervat.
Toe ek uiteindelik op die pad terug is en ek net verby die Karel Bremer hospitaal ry en reg in die middelste baan is voel ek dat daar nou fout is. Die vissie wil nou met skyfies, pille en al by my mond stroomop uitswem. Daar is geen manier wat ek betyds by die pad se skouer kan kom in hierdie stop- en- ry Vrydag middag verkeer op hierdie N1 nie. Daar is buitendien twee groot trokke aan my linkerkant wat my nie ‘n kans sal gee om tot by die pad skouer uit te kom nie, want dit lyk of die een se neus aan die ander se stert vasgesweis is. By die venster kan ek ook nie die vissie laat swem nie. Dit sal darem te onhigeinies en barbaars lyk. ‘n Verkeersbeampte mag ook besluit die ou het te veel gedrink en as hy my stop en hoor hoe sleeptong die ou praat van die MG dink hy is lekker gesuip en sluit my sommer toe. Gelukkig het ek ‘n plastiese drasak op die linkerkantse sitplek met al my pille in en ek dop sommer die uit en laat arme vissie daarin swem. Toe die verkeer bietjie uitdun trek ek af, maar oo wee toe gewaar ek dat ek nou dringend by ‘n toilet moet uitkom en die naaste is nou die Wineland Engen Brandstof vulstasie. Ek trek weg en sukkel so aan tot daar en ry tot agter die gebou en haas al knypende my na die toilette en maak dit net, net. Ek skakel my ou Schatsie (my vroulief) vanuit die toilette waar ek om die beurt kniel en sit en plons , lons, plons, lons en verduidelik dat as ek iets oorkom sy darem weet waar om my te vind, indien sy dalkies na dese nog lief is vir my en my wil kom soek. Shame, sy was nie baie ingenome met hierdie toestand van sake nie en wou net my die loef afsteek toe vissie weer wil swem en ek die gesprek moes kortknip.
Toe ek so bietjie beter voel gaan ek terug na die ou Ford bakkie, maar toe ek inklim voel ek dat ek gaan flou word. Ek begin sulke sneeu voor my oe sien soos ‘n TV beeld wat nie reg ingestel is nie en my bene wil, wil net swik. Ek ry toe van agter die vulstasie sommer stroomop van voertuie wat die vulstasie verlaat tot reg voor die deur ingang van die Wimpy restaurant en die winkel. Gerieflik is daar ook sommer ‘n groot vullisdrom by die ou Fordie se deur. Ek bel weer ou Schatsie en verduidelik waar ek nou is, ingeval ek nou vandag hier dood neerslaan, maar Schatsie is nou gladnie in ‘n goeie luim nie en wil weet wat verwag ek moet sy dan nou aan die situasie doen en aan daardie kant van die foon maak. Weereens wil ou vissie nie toelaat dat ek met haar verder kan praat nie. Ek klim uit en gebruik die vullisdrom om vissie in te laat swem en ek steek my kop in skaamte diep in die drom en laat val vissie en plant aartappels , Plons ,lons, amper soos ‘n ou hobo wat kos soek in die vullisdromme en oor die rand hang. Al wat Schatsie aan die anderkant van die foon hoor is die vissie wat nou beur om stroomop te swem en is dit net plons, lons soos vissie en aartappels in die drom val. Ek val weer terug in ou Fordie se sitplek en kyk vir hierdie sneeu TV beeld voor my oe. Toe verskyn daar ‘n Barmhartige Samaritaan nr 2 se gesig by die Fordie se venster en verneem. “Oom, voel jy sleg” Ek se vir haar, ja baie, want toe begin die sweet uit my liggaam te tap en my kakebeen en nek pyn vir een of ander onbeskryflike rede sodat ek amper nie met haar kan praat nie. Dit voel toe vir my dat my lewe op planet aarde nou tot ‘n einde gaan kom en verstaan my mooi ek is nie eintlik ‘n pieperige outjie nie. Sy bestel ‘n ambulans en ek verduidelik dat dit ‘n staats ambulans moet wees want ek het nie mediese fonds of geld nie. Sy gee instruksies dat die brandstof pompmanne moet verneem of daar ‘n dokter of verpleegster by die voertuie is wat brandstof inneem. Sy bly die hele tyd met my praat en moedig my aan om terug te praat maar ek raak so nou en dan weg en verduidelik dat ek nie kan nie. Ek gee haar my foon en sy skakel my Schatsie en verduidelik wat gaan aan. Toe kom Samaritaan nr 3 en se sy is ‘n verpleging suster. Sy neem my pols en voel dit is baie swak of flou en sy dink my bloeddruk het geval. Hulle was my af met ‘n nat handdoek want toe stroom die sweet my af in stroompies. Daarna bel my seun vanaf George op my foon en hulle verduidelik aan hom wat gaan aan en dat ons nou wag vir ‘n ambulans. Hulle lig my voete op en sit dit op die dashboard. Ek kan so bietjie beter sien. Ek vra hulle name en Samaritaan nr 2 verduidelik dat haar naam Patricia is en by die Wimpy werk. Samaritaan nr 3 se haar naam is Desre. Toevallig dieselfde as my skoondogter. Wat ek sonder hierdie twee mense sou maak weet ek nie maar ek is hulle innig dankbaar en ek is nou in hulle hande. Patricia het my vrou laat weet dat sy die bakkie op ‘n veilige plek sal los en toesluit en dat sy aan diens sal bly totdat iemand dit kom afhaal. Sy het agterna die hospitaal gebel om uit te vind hoe dit met my gaan. Is dit nie ‘n wonderlike daad van liefde deur twee wild vreemde mense nie.
Die ambulans gee my suurstof en ek kan bietjie beter asemhaal.
Samaritaan nr 4, Johan, dit is nou my neef se seun wat in Belville bly, gaan haal die ou Fordie by die Engen vulstasie.
By die hospitaal het hulle my ‘n drup gegee vir ontwatering en om die naarheid teen te werk, sodat as daar na dese nog ‘n klein ou vissie was, moes hy nou maar verlief neem daarmee om binne te bly en nie meer buite te wil rondswem nie. Die Saterdag oggend was my bloeddruk op na 100 oor 64 en het ek nog ‘n bietjie koors van 39 gehad waarvoor hulle my panados gegee het en is dieselfde middag nog ontslaan.
Samaritaan nr 5, Andre en Wiana Voigt van die Strand reel dat hulle ou Schatsie op Caledon sal gaan optel en hul dogter en haar verloofde, Samaritaan nr 6, van ‘n plaas tussen Barrydale en Montagu vir ou Schatsie op Barrydale sal optel en na Caledon sal neem.
Watter les het ek hieruit geleer? Eerstens dat jy nooit nuwe pille drink as jy op die pad gaan nie, want jy mag dalk ‘n erge reaksie daarvoor he soos wat ek gekry het. Veral nie as hulle Chemo pille is nie. Les nommer twee is dat daar steeds Barmhartige Samaritane in die deurmekaar lewe van ons is wat bereid is om medemens liefde te betoon en omgee vir hulle medemens en hulp te verleen en in ‘n beter luim te laat verkeer.
Laastens weer baie dankie aan die Wineland Wimpy en Engen personeel vir hulle almal se hulp en ‘n spesiale woord van dank aan Patricia, Samaritaan nr 2. Ek is jou soveel dank verskuldig dat ek nie weet hoe om jou te vergoed nie. Ek kan mense net loof en loef vir hul liefde en die les wat julle my geleer het dat daar nog Samaritane in die lewe is om ander mense se lewe te verbeter en in ‘n beter luim te plaas as omstandighede jou die afgrond wil in plons.

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

LL
Mens jy was dubbel en dwars geseend en met die hele konsternasie het jy 'n puik bydrae tot die uitdaging gelewer. IEMAND pas jou baie mooi op!
5 jaar 10 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud


Samaritane
Sjoe, wat 'n ondervinding, baie bly dat jy niks ernstiger oorgekom het nie. Ja God stuur Sy engele altyd op die regte tyd. Baie inspirerende skrywe :)
5 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 10 ure oud


Ano
Samaritaan
Ek lag so vir jou lons en plons, maar slegs omdat jy dit so mooi kan 'sugar coat' en nie vir jou dilemma nie. My hart bloei vir jou en ek is saam met jou bly dat mense nog blykbaar genoeg omgee om te help wanneer dit nodig is.
5 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 14 ure oud



As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar