Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek weet nie na wie toe ek nou eintlik hierdie uitdaging kan vat nie; maar ek vermoed jy is my beste roep. Omdat jy so ‘n spesiale verbintenis met ons dorp het. Jy ry hier deur, jy hoor van ons op die nuus - goed of sleg, jy dink hier by ons is niks, net vlaktes en droogte. Maar, miskien hou jy ook, soos ons, van die vlaktes. En is droogte trek ons jou aandag en simpatie.

Nie lank gelede was ons Beaufort-in-die-nood! Toe stuur jy vir ons kanne en kanne water. Hier het duisende kanne opgedaag. Dankie! Nous ons dors geles; maak weer so as ons jou weer nodig het.

Maar, het jy geweet? Ons is ook die Beaufort-in-die-Noot!

Ek het gewonder: Is daar ander dorpe in SA wat meer ingesing word as Beaufort-Wes. Dit beteken die dorp se naam word in lied gebruik! Maar, dit is ek seker van, sou jy self kon aflei.

Ek daag ander dorpe se dorpenaars uit om my verkeerd te bewys, want ek beweer ons dorp loop ver voor. Vra ‘n slag vir jou dorpgenote om in te kom en saam te stry! Gee vir ons jou baie baie name van die liedjies - so baie soos jou kanne water!

Ek het nou al ‘n redelike lys bymekaar gemaak:
(Met die hulp van die Facebook-vriende van my skool)

Hier is die lys:

Beautiful in Beaufort-Wes - Theuns Jordaan & Gert Vlok Nel
'n Tiekie se koffie - Nadine
Karoonag - Coenie
Lipstick Club - Al'astair
Man Met Kitaar - Piet Botha
Waarom Ek Roep Na Jou Vanaand - Gert Vlok Nel
My Ou Tante Koba - Laurika Rauch
Brêkfis in Bloemfontein - Laurika Rauch
Al'Astair - Boetie
Struisbaai - Cas 'Plankies
Blokkies Joubert - David Kramer
Waar Was Jy - Theuns Jordaan
Deur die Straights - Hugo
Wie ry saam - Gerrie Pretorius.
Ry in die kar - Kobus!
Die Beaufort Wes Blues - Gereformeerde Blues Band
Beaufort-Wes (Revisited) - Wynand Strydom
Riekie Tiekie Trein – ‘n kinderliedjie van Carike

Ek verbeel my ek het ook al gehoor hoe Dozi ons dorp se naam saam met note gebruik, maar ek kry dit net nêrens op die www nie!

Ek weet dat De Aar ook redelik ingesing word, maar dit is nie naastenby so naby as die liedjies met Beaufort-Wes in nie. Miskien kom De Aar tweede. En is dit nou nie toevallig nie, De Aar is die plek waar ek grootgeword het. En Beaufort is die plek waar ek besig is om oud te word!

Kom nou vriend! Voel uitgedaag! En bewys my verkeerd! Of reg - en maak my lysie langer!



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Beaufort-Wes
Ek het vir jou nog 'n liedjie gesing deur Amanda Strydom. Die lied se naam is Verspreide Donderbuie. Ek het nou die cd gaan soek. Dis DIEP 4 Musiek vir jou siel. Sowaar, Beaufort is daar ook! Se dankie. Oulike dorpie van julle!
5 maande 2 weke 5 dae 16 ure oud


...
Ek kan jou nie help met nog liedjies nie, maar ek dink julle dorp is spesiaal. Al die goed wat jy noem...g'n wonder hulle sing oor hom nie. Ek wens ek kan weer daar kom kuier. Was 30 jaar gelede daar.:)
1 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Meeste gelees in die laaste 24uur
(2014-04-20 06:00:00 - 2014-04-21 06:59:59 )

Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar