Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Bekeerling. . !


“Die lewe is, soos ‘n speel toneel, ons almal speel ‘n part in een of ander toneel stuk.” Dis die woorde wat ‘n vriend lank terrug vir my gesê het. Vandag weet ek dat sy leuse nie waar is nie.

Ek het geleer, deur die genade van ons Here Jesus, Christus, dat ons, as mense vrye wil het, dit wil sê, ons is gemaak om ons eie besluite te neem, of dit nou goeie of slegte besluite is, dit is die gawe waarmee ons geskenk is.

Ek het al die jare gedink dat ek ‘n redelike voorbeeldige lewe gelei het, en nogal as ‘n Christen ook. Ek het so veel as wat ek kon, kerk toe gegaan, was getrou aan die Sondag skool, probeer om altyd die regte ding te doen, al was dit nie altyd maklik nie, maar nog steeds was daar ‘n leemte in my lewe, ek het net nie geweet wat dit was nie.

Om ‘n Christen te wees was nog nooit maklik nie, vandag besef ek, dat dit lekker is, maar nie maklik nie. Die Vader, het so drie en ‘n half jaar my tot stilstand geroep en my tot die besef laat kom dat daar iets in my lewe kort. Hy het my ook, deur Sy Woord laat verstaan dat dit nie maklik sal wees om Hom te dien nie, en dat die “gevalle engel” my nie met rus sal laat nie.

Ek kan nie anders as om te sê dat die Vader net goeie dinge vir ons in stoor het nie, die probleem was nog altyd dat ons Hom soveel male teleurstel en nie op die regte plek is wanneer Hy ons, net die beste wil gee nie. Ek het al baie die fout gemaak deur my eie besluite te maak en dinge te doen, wat nie goed was vir my, of my familie nie. Ek het besluit dat sekere dinge, wat vir my klein genoeg was, self te hanteer en ander wat ek nie sou oplos nie, vir die Vader te gee, maar dit werk nie so nie, Sy Woord sê:, “. . .bring al jul laste/bekommernis na My toe. . .” Dit bring my weer terrug, by vrye wil. Ons het die wil om vir God te ken in ons sake, of maar net aan te gaan, asof ons uit ons-self ontstaan het.

Ek weet ook vandag dat die Vader nog steeds wonderwerke doen, soos meer as twee-duisend jaar terrug. Waar Hy die kwaad uit my lewe uitgesny het, het hy Sëeninge geplaas, meer as wat ek verwag het. Ek moet byvoeg, om ‘n Christen te wees ,is nie om perfek te wees nie, ons maak ook foute en daar is ook teleurstellings. Mense buit dit egter uit en is gou daar om vinger te wys en te sê, dat “ as dit bekering is, dan is ek ook bekeer ” Mense moenie vergeet dat ons nog steeds vlees is nie, die verskil is egter, ‘n bekeerling het verlossing gevind, in Jesus Christus.

Die Woord van God sê, ons is “die sout van die aarde, . . . die lig van die wêreld.” Ek probeer telkemale om hierdie skrif, te herroep as dit vir my voel asof die duisternis woed.

So bekeerling, hou moed, onse God is goed!


BUKSIE
11 Maart 2006



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bekeerling
Hi
Jy praat waar. Ek se altyd om 'n Christen te wees is nie vir sussies nie, maar ek wil terselfdertyd nooit weer my ou lewe terug he nie. Wonderwerke gebeur beslis vandag nog. Ek is besig om myne op skrif te stel sodat almal dit kan lees.
Groete
Koekoe
11 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 2 ure oud


Bekeerling
Beste Buksie,

Hierdie pragtige happie is al meer as drie jaar oud en niemand het nog kommentaar gelewer nie! Ek wil dit reg stel.

Dit is duidelike dat die Gees van die Here saam met jou is.

Jy skryf dat dit lekker is om 'n bekeerling te wees, maar nie maklik nie en ook nie onfeilbaar nie. Dis waar omdat 'n mens kennis van die Here nog nie genoeg gegroei het. Daarom het mense die vermoe gegee om te kan leer. Dis net jammer dat soveel mense nie kan of wil leer nie.

Hier is 'n stukkie lekker diepte van Afrikaans. Vergelyk
"bekeerling" met "verkeerling"
Hoe groot is die verskil. Verander elk tot
"bekeerde" en "verkeerde".
Is dit nie wonderlik wat die twee voorvoegsels "be-" en "ver-" doen nie?

Die duiwel versoek baie, maar besoek selde. Die Here besoek baie, maar versoek selde. Soek lei na vind. Te min mense soek na God.

Mooi loop

At de Lange
11 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar