Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Johannesburg - Die bekende joernalis Chris Louw het selfmoord gepleeg. Ek sien die berig op NUUS24 vanoggend en ek is geskok. Ek het hom glad nie geken nie, maar dit voel of ek hom baie goed geken het. Ek ken die area waar hy gewoon het goed, en ek het gehou waarvan, wat en hoe hy geskryf het. Hy het soms dinge wat ek gedink het verwoord. Daar is selfs ooreenstemming in sekere dinge uit die verlede, soos wat ek uit sy joernalistiek kon agterkom. Dis asof ons op sekere vlakke ‚n verlede gedeel het. Ek het ook nie altyd heeltemal saamgestem nie, maar dis nie ter sake nie.
Dis maklik om geskok te wees.
Dis maklik om te wonder waaroor hy tot die daad oorgegaan het. Wou hy dalk ‘n boodskap oordra om hom juis met ‘n AK47 te skiet? Die wapen wat nou so algemeen vir misdaad aangewend word?
Dis maklik om te oordeel? Maar was een van ons daar? Ek dink onwillekeurig aan Harper Lee se woorde in To Kill a Mockingbird waar sy Atticus Finch laat sê “You never really know a man until you stand in his shoes and walk around in them”. Dis nie heeltemal in dieselfde omstandighede nie, maar dit sê wat ek dink.
Dis ‘n groot verlies en dalk ‘n aanklag vir ons almal op een of ander wyse. Dit pla my en ek wonder wie is die volgende slagoffer van ons baie siek samelewing.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Chris Louw
Van hom kan ek drie dinge sê: Boetman was die bliksem in; Boetman was gatvol en Chris Louw was eerlik met homself' pynlik eerlik. Kan ons dit altyd van onsself sê ?
10 jaar 1 maand 3 weke 4 dae 8 ure oud


RIP
10 jaar 1 maand 3 weke 6 dae 5 ure oud


Dankie dat jy iets skryf oor Chris. Ek wou maar my hart is te seer, hy woon nie vêr van my af nie en ek wil my hoed afhaal vir wat hy hier in die omgewing gedoen het vir die misdaad en veral sy stryd teen die Zimbabwiers wat die omgewing ondraaglik gemaak het vir die mense op die hoewes. Die polisie het niks daaroor gedoen nie. Ek dink hy was moeg om te vêg teen die misdaad. Wonder wat sê Boetman hieroor!
Groete
10 jaar 1 maand 3 weke 6 dae 10 ure oud


Sy Pa woon hier op ons dorp, 'n afgetrede predikant. Oud al. My hart gaan uit na hom.
10 jaar 1 maand 3 weke 6 dae 22 ure oud


Bekende joernalis skiet himself
Dis altyd 'n om van so iets te lees. Dankie vir die deel
10 jaar 1 maand 4 weke 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar