Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wanneer jy na hierdie stuk op T.V. kyk,is jou eerste reaksie,skok!Mens mag mos nie so 'spot' met die dood nie,jy weet byvoorbaat dit gaan baie reaksie uitlok.En tog,as dit nie was dat en my vrou in presies dieselfde omstandighedehede verkeer nie,kon ek dalk saam met die kritici stem.Ons het 'n broer wat al sewe jaar nie met sy suster wil praat nie,en niks wat ons doen of se kon sy hart versag nie.Soveelso,dat ek uit desperaatheid 'n sms stuur om aan te kondig my vrou is oorlede,hopende dat dit 'n reaksie sou uitlok.Dit het,van 'n familielid.Susterskind,'n prokureur.My vrou antwoord die telefoon:'Ek dog jy is dood'-'fullstop'
Dis nou 'kerkmense' mense van 60jaar plus,wonderlike mense,maar hierdie saak kan hulle net nie los nie.Ons bid,smeek,kry raad om dit agter ons te los,probeer,net om more tog weer te probeer.'n smeekgebed aan Peet en Anna Oberholster in Potchefstroom,verbonde aan Potch Ubiversiteit,slim mense,mooi mense,maar hulle druk die dolk elke dag weer dieper in my vrou se hart.Sy is 70 jaar oud en wil nie so sterf nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Solank
Jou vrou haar deel gedoen het om vrede te maak. Wel daar is niks anders wat mens kan doen nie.Aanvaar dat die mense nie deel van jou lewe wil wees nie en move on. n Mens kan nie ander (veral familie) dwing om van jou te hou nie. Die is niemand se 'skild' nie. Ek is seker daar is baie mense wat jou en jou vrou bitterlik lief het en koester hulle terwyl jy lewe. Strongs




6 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 2 ure oud


--
Ai Johnie007, ek weet so waarvan jy hier praat. Elke dag hoop en bid ek dat ek en my sibblings weer by mekaar sal uitkom.. weer met mekaar sal praat al is dit net oor die weer.

Ons lewens het verskillende rigting in gegaan nadat my pa 'n paar jaar terug oorlede is. Ek het iewers hierdie jaar via my dogter gehoor dat my broer verlede jaar oorlede is. Na vele pogings om dinge tussen ons te probeer reg`kry was tyd maar net nie aan my kant nie. Ek is nie die geleentheid eens gegun on 'Good Bye' te sê nie.

Suggg.. ek bid saam met jou dat dinge sal regkom want die 'vreet' aan 'n mens.
6 jaar 3 maande 3 weke 6 dae oud



Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar