Rubrieke

Bladsye:
Titel: Bende wat?
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek sien in die koerant dat daar bende konnotasies kan wees op die moord op ‘n tiener in Pretoria. Ek ken niks van bendes nie maar hier is my siening van bendes.

‘n Bende is iets wat ons op die standerd 3 speelgrond gevorm het. Ons het dit gedoen omdat dit makliker was om iemand te sê jy is nie sy maatjie nie omdat hy nie deel van die bende is nie as om vir hulle te sê jy hou net nie van hulle nie.

Dit is iets wat net bestaan in jou kinderagtige fase van jou lewe en nie gedoen word as jy groot is nie. Die opbreek van ‘n bende was eenvoudig en is opgelos deur een lekker harde pakslae.

Nou kom ons ‘n paar jaar later. Hier is nou outjies wat rondloop en bende dinge doen soos moor en wat ook anders hulle aanvang. Dan sit jy die radio aan en hulle speel rap musiek. Daar kom die hele bende ding ook voor.

Lyk vir my dat elke rapkunstenaar (kan ek hulle kunstenaars noem?) hulle groepie bende lede het wat saam met hulle loop. Ons praat hier van volwasse mans wat deel van ‘n bende is.

Ek wil net graag weet wanneer het dit cool geraak om soos ‘n kinderagtige standerd drie kind op te tree? Ek wil ook graag weet hoe jy hierdie mense ernstig kan opneem, ek bedoel iemand wat in hulle volwasse lewe as kind optree kan ek nie en het ook nog nooit ernstig opgeneem nie.

Dalk het ek ‘n oplossing vir hierdie probleem. Speelgroepe! Ja, so eenvoudig as dit. Kry Lego om ‘n groot speelkamer te borg en dan gooi jy al hierdie kinderagtige wetters daarin en allokeer vir elkeen sy eie Lego.

Dan moet hulle begin speel en leer om Lego met mekaar te kan deel. Dalk het hulle net nie in hulle kinder fase geleer om te deel nie en dit word nou oorgedra in sy volwasse lewe.

So asseblief, al hierdie bende laities, word groot.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    ROEPSTEM

    deur Charmain*

    Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar