Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Beste Buddie



Soos al die ander ruspes het jy my stadig-maar-seker oortuig dat jy my gekies het omdat my takke die laagste hang en my blare die mooiste lyk. Met jou mooi woorde het jy my laat verstaan dat jy geen ander boom ooit sal wil hê om in te skuil nie, en jou glimlag het vir my die belofte ingehou van seisoene wat getrotseer kan word omdat ek geselskap het.



Ek het jou stadig maar seker laat naderkom en jou versigtig oor die skurwe stam laat kruip omdat ek nie wou gehad het dat my buitekant jou moet seermaak nie. Dit is immers ‘n buitekant wat ek gekweek het om my te beskerm teen indringers. Ek het probeer om vir jou al die mooi gedraaide takke te wys en jy het selfs ‘n paar van my letsels gesien. Ek het jou later tussen die blare laat ingaan. Ek het jou sien groei en ek het nie omgegee dat jy van my af voed nie. Selfs dit was ok.



Jy het egter al die blare vol gate geëet en selfs ‘n paar ander genooi om saam te kom geniet wat in elk geval nie joune was om te deel nie. Nadat julle magies trommeldik was het jy jou saam met jou tjommies in kokonne toegespin. Toe-toe-toe! Jy het my aan flarde gelos met die skrale troos dat ek dalk sal sien as jy eendag ‘n mooi kreatuur word wat deur versamelaars gesoek word.



Ek het daardie dag beleef. Vir ‘n rukkie was jy vir my so mooi dat ek saam met jou bly was en al jou mooi kleure raakgesien het sonder om eers te dink aan al die blare wat vol gate was. Jy was mooi en ek het gehelp om jou so te kry. Ek het dit geniet om te sien hoe jy die voorwerp van almal se begeerte geword het, en as iemand jou wou vang en seermaak, het ek vir jou skuiling gebied en my stam skurf gehou vir die indringers. Jy was baie by my en ek het spesiaal gevoel.



Jy het nie lank gebly nie; maar jy het nie gegaan voordat jy honderde-duisende eiertjies gelê het en gesorg het dat my toekoms vol gaan wees van jou voortbrengsels nie. Vir die res van my bestaan sal ek altyd gekonfronteer word met ruspes wat die belofte van geselskap en skoonheid inhou en wat teer om daar te kom.



Ons twee se paaie sal verskillend loop van nou af. Jy sal saam met jou skoenlapper-buddies rond vlieg en almal se aandag trek en almal se asems wegslaan. Rondom jou sal daar egter boorde vol bome met gate in hulle blare staan. En hulle sal almal suurstof bly verskaf met hulle stukkende blare. Ek sal een van hulle wees en bly wonder oor my stam en my takke en watter een van die twee jou gegrief het. Ek sal hoop dat jy onthou ‘n skoenlapper op sy eis is maar redelik swakkerig en kry gou seer.



Ek sou jou nog steeds eerder tussen my takke wou gehad het as op die voorkant van ‘n motor se ruit waar daar van jou skoonheid net ‘n spatsel oorgebly het.



Pas jouself mooi op!

- Boompie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Auf wiedersehen
Op die laaste dag van ons tydrekening:
Dankie vir hierdie besonders mooi ,gedig in prosavorm.'
Groetnis vanToom
3 jaar 9 maande 2 dae 5 ure oud


Ontsettend mooi beeldspraak. 'n Brief waarmee 'n mens kan identifiseer en wat die hart raak. Pragtig!
10 jaar 1 week 16 ure oud


Dis so goed geskryf. Elke woord wat so mooi pas in die geheel.
10 jaar 1 week 19 ure oud


Ek het elke woord in my diepste wese ervaar
Dit is verskriklik mooi, eg en met soveel liefde en deernis geskryf.

Dankie dat jy hierdie gedig na woes toe gebring het, en baie dankie Rudie Coetzer dat jy dit vir my aangestuur het.
10 jaar 1 week 1 dag 6 ure oud


Hou hiervan.EN dis baie oorspronklik.Oed geskryf.
10 jaar 1 week 1 dag 6 ure oud


Beste buddie
Baie dankie vir jou skrywe. Ek het nodig gehad om dit te lees vannaand.Ek is meestal meer bymekaar en ligtelik in my skrywe maar jy het my in 'n emosionele wrak verander en ek kan my trane nie keer nie. Dankie daarvoor! Ek bedoel dit opreg!
Boetietjie
10 jaar 1 maand 1 week oud


Mal oor jou styl!
10 jaar 3 maande 2 weke 3 dae 16 ure oud


Goeie versinnebeelding
Ek is jammer dat ek nou eers hierdie stukkie raak gelees het, maar ek is verheug dat ek dit wel gedoen het. Dit is voorwaar goed gedoen. Ek lig my hoed vir jou.
PM
11 jaar 6 maande 17 ure oud


Boompie
Gelukkig het elke boom wortels wat diep onder die aarde vasgenaal is en geen wind sal dit omwaai nie.
13 jaar 3 maande 1 week 1 dag oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar