Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


God se heilsplan soos verwoord in die Bybel is baie verborge. In die Ou Testament lees ons dat God in raaisels en gelykenisse met die volk praat deur sy profete: Eseg 17:2: Mensekind, gee 'n raaisel op aan die huis van Israel en dra 'n gelykenis voor. Ook in die Nuwe Testament word Jesus se lering gekenmerk deur gelykenisse wat na oordenking vra om die dieper betekenis te ontdek.

Veral interessant is die Apokriewe boek, die Evangelie van Tomas. Die ontdekking van die evangelie van Tomas was een van die opspraakwekkende gebeurtenisse in die vorige eeu. In 1945 het 'n klompie kleinboere by Nag Hammadi in Egipte afgekom op 'n kruik met dertien baie ou manuskripte daarin. Die manuskripte was afkomstig van Koptiese Christene wat dit eeue gelede daar begrawe het. Dit is oorspronklik in Grieks geskryf en later in Kopties vertaal. Die 52 geskrifte wat op die dertien manuskripte geskryf is, het mettertyd bekend geword as die Nag Hammadi-biblioteek. Van hulle is dit veral die Evangelie van Tomas wat baie aandag gekry het omdat daar so baie ooreenkomste met die Evangelies in die Nuwe Testament is. (Jan vd Watt & Francois Tolmie)

Die Evangelie van Tomas open met die volgende aanhaling: Wat hier volg is die geheime uitsprake van die lewende Jesus. Didimus Judas Tomas het dit neergeskryf. Geheime uitspraak 7 se raaisel is as volg: Jesus het gese: "'n Mens eet 'n leeu en die leeu word 'n mens. Wat 'n gelukkige leeu! Maar 'n leeu eet 'n mens en die leeu word nog steeds 'n mens". Wat 'n ongelukkige mens! Hierdie uitspraak het my nagte laat wakker le totdat die antwoord uiteindelik na my gekom het. Nie deur myself nie, maar die Heilige Gees. In uitspraak 13 lees ons dan ook: Jesus het vir sy dissipels gese: "Vergelyk My met iets en se vir My hoe is Ek". Simon Petrus het vir Hom gese: U is soos 'n verstandige filosoof. Tomas het vir Hom gese: "Leermeester, ek het nie woorde om U te beskryf nie!" Jesus het hom geantwoord: "Ek is nie jou Leermeester nie! Jy het gedrink van die borrelende stroom wat Ek laat ontstaan het en toe het jy dronk geword." Toe het Hy vir Tomas eenkant toe gevat en vir hom drie geheime uitsprake gegee. Toe Tomas weer terug by sy metgeselle was, het hulle vir hom gevra: "Wat het Jesus vir jou gese?" Tomas het hulle geantwoord: "As ek vir julle een van die goed vertel wat Hy vir my gese het, sal julle klippe optel en my doodgooi, maar dan sal daar vuur uit die klippe kom en julle doodbrand!" Tomas het gedrink van die borrelende stroom, die Heilige Gees wat Jesus laat ontstaan wanneer ons na antwoorde in die Bybel soek. "Soek en julle sal vind" (Luk 11: 9)

Vir my is die Bybel soos 'n groot legkaart. Al die stukkies is daar, en moet 'n mens net soek om hulle perfek in te pas. Dan gaan die hele prent voor jou oop. Nie dat jy ooit al die verborgenheid gaan verstaan nie. Want nou sien ons deur 'n spieel in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig (1 Kor 13:12). Die engel het aan Daniel gese dat hy die woorde geheim en verseel moet hou tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.(Daniel12:4) God spel nie sy heilsplan kronologies aan ons uit nie, nee Hy wil juis he dat ons diep in die Woord sal delf. Na lange bepeinsing en soeke kry ons meer en meer antwoorde deur die werking van die Heilige Gees.

As 'n wedergebore kind van God ontvang ek daagliks boodskappe en soms ook visioene, meesal kort flitse wat ek dan neerskryf en skets. Graag deel ek met julle 'n Woordbevestiging wat ek van "Bo" ontvang het:

'n Sekere persoon in ons Bybelstudiegroep het telkens gese: Dit is nie nodig dat ons met die evangelie na die wereld gaan nie, ons kan maar net hier waar ons is, diensbaar wees. Haar woorde het my dwars in die krop gesteek want as God aan jou 'n opdrag gee, maak nie saak waar jy moet gaan nie, dan moet jy Hom gehoorsaam. (Dink maar hier aan Jona wat 'n skip gevat het om van God af weg te vlug) Pas nadat sy weer so 'n uitspraak gemaak het hoor ek 'n vertelling tydens die erediens in aansluiting by die onderwerp, hoeveel ons vir die Evangelie moet opoffer.

Die Prediker het die volgende storie vertel: 'n Professor was baie beindruk met sy studente se kennis. Tydens die eksamen se hy toe vir hulle: Julle is die beste groep wat ek nog gehad het, daarom hoef julle nie vandag die eksamen af te le nie. Ek sal vir elkeen van julle 'n "C" simbool gee. Maar diegene van julle wat tog eerder wil skryf is welkom om te bly. Driekwart van die studente het die klas verlaat. Die Prof deel toe die vraestelle onderstebo aan die oorblywende studente uit. Toe die studente hulle vraestelle omdraai om te begin skryf was hulle baie verras. Op die blanko vraestel het daar gestaan: "Omdat julle meer verwag het kry julle 'n "A" simbool. Julle kan maar gaan".

Wel, ek kon nie wag om hierdie verhaal aan my Bybelstudiegroep te gaan vertel nie. 'n Dag of twee daarna kry ek toe die volgende boodskap: "Landbouweekblad omhulsel" Het ek onthou om te se dat die Here ook dikwels met my in raaisels praat? Ek het my man van die boodskap vertel en saam is ons toe na PNA om die lanbouweekblad te gaan koop. Die datum op die uitgawe is 8 Januarie 2010. Ek het die blad opgetel en die voorblad gefynkam vir 'n antwoord. Gekyk na die wit perd met sy swart maanhare. Ek het alles op die voorblad gelees en toe ek niks vind rakende die boodskap nie, sit ek die boek neer en stap uit. Maar later begin dit my vreeslik pla. Waarom het ek tog nie maar die boek gekoop nie? Dalk is daar iets wat ek mis gekyk het. Ek en my man is toe later terug om tog maar die boek te koop, maar toe ons daar kom is dit reeds uitverkoop. 'n Paar dae daarna kom my man van sy werk af met die Landbouweekblad in sy hande. Iemand het dit daar laat rondle. Vol blydskap begin ek die boek nou ook van binne fynkam. Ek lees Angus Buchan se: "Verleng jou stiltetyd", maar vind steeds niks. Baie moedeloos draai ek toe uiteindelik 'n paar dae later die boek  om en bekyk weer die agterblad. Skielik gaan die hele prent voor my oop. Dit is 'n Case-advertensie. 'n Groot stroper is besig om 'n sirkel goue, ryp koring af te oes. (Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur, Mat 9: 37-38). Bo-aan die advertensie staan daar in groot wit letters op 'n rooi agtergrond : "Vir die wat meer verwag" en onderaan in klein letters die antwoord: Hektaar vir hektaar, jou beste keuse! Ek was oorstelp van vreugde. Wat 'n wonderlike bevestiging het ek nie van God ontvang nie. Vir die wat meer verwag, die wat gaan waarheen God hulle ookal stuur, hektaar vir hektaar julle beste keuse!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar