Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ALGEMENE NOTA’S – BELANGRIK!!

Digters wat die kuns van Poësie ernstig opneem sal aandag skenk aan die volgende belangrike dinge: (sien punt 3 – 5 hieronder)

1.      Ek vertrou hierdie sal die laaste keer wees wat ek nodig sal hê om klem te lê op die drie baie belangrike aspekte rondom u inskrywing vir die projekte.

2.      Dit is steurend vir ‘n moderator om werk te lees en beoordeel wat deurtrek is van foute wat vir die skrywer voor die handliggend behoort te wees.

3.      NB: Spelling is ‘n jakkals wat poësie verniel en ook u werk óf goed óf sleg laat lyk. Enige digter wat sy/haar sout werd is sal seker maak van die korrekte spelling van woorde voordat dit op ‘n openbare platform ten toon gestel word. Taal (korrekte spelling) is juis die instrument van u kuns, en daarom is dit so belangrik. Dit skep ‘n treurige beeld van die skrywer as daar nie goed met hierdie beleid om gegaan word nie. Stel jouself voor ‘n narkotiseur gaan in die teater met ‘n hammer om sy pasiënt aan die slaap te probeer kry; dit is dieselfde argument vir ‘n digter om met spelfoute om te gaan. Elke ambag (insluitend kunsinnigheid) maak gebruik van die regte gereedskap, en woorde is juis dit vir die digter. Kry ‘n WAT, ‘n HAT of ‘n elektroniese speltoetser en maak asseblief daarvan gebruik.

4.      ‘Beklemtonings-tekens’ nl. Kappies, deeltekens ens. moet altyd gebruik word. Op die Word sagteware wat in die algemeen gebruik word is daar toepaslike ‘ALT’ kodes wat vir hierdie doel aangewend word.

5.      Voortdurende hoofletters aan die begin van elke sin wys vir my as moderator dat u die werk knip en plak en dan nie nagaan of alles reg is voor u publiseer nie. Dit gebeur wel as die gedig in een program geskryf is en dan oorgeplaas word sonder dat die operateur (skrywer) dit so wil hê, tog is dit u plig om dit na te gaan en te korrigeer voordat u dit publiseer.
Samewerking in hierdie verband sal hoog op prys gestel word.


Die projekmoderator.

NS:

Vriende ek hoop werklik dat elkeen wat hier lees dit ernstig sal opneem. Hierdie persoon doen werklik baie moeite om die beoordeling vir ons gratis te doen. Ons moet besef dat die beoordelaar baie tyd afstaan om opbouende kritiek en raad rondom elke inskrywing te lewer.

Kan ek asb. vra dat elke WOES lid sal kennis neem en sy/haar bes probeer om die beste moontlike werk vir die projekte te lewer. Daardeur bevoordeel jy net jouself en jou skryfwerk.

Woes groete

Projekbestuurder
Anzè Bzuidenhout



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Brief van die Projek beoordelaar - Lees asb as jy ernstig is oor jou skryfwerk
Baie dankie vir julle moeite! Probeer hard, maar nogtans kruip goggatjies deur.

(As 'n mens jou hand aan die ploeg slaan kan jy maar verseker weet die een of ander tyd gaan jy 'n skewe voortjie trek. So het Langenhoven mos al lank gelede gefilosofeer. Maar ek is seker dat julle nie so 'n glipsie as doodsonde sal beskou nie...)

Sterkte vir julle wat die leisels hou!

Bekkie 911, jy het 'n pragtige punt beet! Maar dom ouens soos ek sal dink dit is 'n spelfoutjie. Sou dit dan nie vir die leser makliker wees as jy so 'n woordjie aksentueer deur dit kursief of in aanhalingstekens te plaas nie? Dan kan niemand mos dink dit is 'n onveskillige spelfout nie!Dag maar net...
Mooi bly!
4 jaar 10 maande 1 dag 19 ure oud


Skryfwerk
Dankie Anze. Al neem ek nie deel aan die skryfkompetisie nie, het ek heelwat geleer uit jou skrywe.
4 jaar 10 maande 2 dae oud


Spelfoute
Dankie Anze, wat jy sê is baie waar, nalatige spelfoute doen sommer baie afbreek aan 'n goeie skryfwerk, en wat ook baie belangrik is, is die regte leestekens op die regte plekke. Dis nogal goed wat veral in gedigtekompetisies belangrik is.
4 jaar 10 maande 2 dae 2 ure oud


spelfoute
dankie Anze. ek waardeer jou baie. dankie dat jy ons inlig oor dit wat belangrik is. dankie vir jou moeite, lief vir jou.
4 jaar 10 maande 2 dae 2 ure oud


D F
Spelfoute
Dankie, Anze, vir die op die vingers tik! Ek is so bly ek het nog die alfabet moes leer, klank en later spel. Kyk wat het "kyk en lees" aan ons jongmense gemaak. Agtergeblewenes vir altyd.
Totaal onbeholpe. Nou het hulle speltoetsers en sompompies en die goed maak ook net soos hulle wil. Soos nou met my, ek weet nie wat vanaand met my rekenaar aangaan nie, maar ek is nie in beheer van hom nie
4 jaar 10 maande 2 dae 8 ure oud


Lees asb as jy ernstig is oor jou skryfwerk

Ek verpes enige skrywe sonder punte en kommas.
4 jaar 10 maande 2 dae 12 ure oud


Anzè

. . . . so terloops,
net met die oogopslag toe tref jou spelfoute my:

1. Ek [vertou] hierdie i.p.v. Ek vertrou hierdie

2. [hamer] i.p.v. hammer
4 jaar 10 maande 2 dae 13 ure oud


***
Dankie, Anze. Ek stem 100% saam. Baie dankie vir al jou en die beoordelaar se moeite. Dis ook nie altyd lekker om iemand op 'n spel- of taalfout te wys nie.
4 jaar 10 maande 2 dae 15 ure oud


Spelfoute
*korrigeer

:-)
4 jaar 10 maande 2 dae 15 ure oud


Baie dankie Anze
Ek neem kennis en ek wil dit tienvoudig beaam! Nie net vir gedigte nie, maar vir alle skryfwerk. As 'n mens wil skryf vir ander om te lees, moet jy ten minste jou heel beste aanbied.

Bekkie911 se 'herhinder': bestaan so 'n woord??? My woordeboeke bevat nie so 'n woord nie.
4 jaar 10 maande 2 dae 17 ure oud


baie dankie, Anze
Ek neem kennis :-) en dankie vir die moeite wat deur jou en beoordelaar gedoen word. Ek waardeer dit . . .
4 jaar 10 maande 2 dae 17 ure oud


Dankie
Baie dankie Anzè.
Spelling is verseker iets wat 'n andersins goeie gedig kan bederf.
Jou moeite word waardeer.
4 jaar 10 maande 2 dae 17 ure oud


Hoofletters
Dankie Anze. Ek neem kennis. Met al die punte stem ek saam, behalwe met die volgende opmerking:

"Voortdurende hoofletters aan die begin van elke sin wys vir my as moderator dat u die werk knip en plak en dan nie nagaan of alles reg is voor u publiseer nie".

Vir my is dit die korrekte metode en in navolging van Shakespeare en Goete, het dit ook my styl geword. Deur hierdie styl, oorkom ek leestekens, en skielik het die gedig baie meer interpretasies as wat dit andersins sou hê.

Net maar my siening

Dawid
4 jaar 10 maande 2 dae 17 ure oud


'n Vraag oor die spelfoute
Hi

Ek weet ek het lanklaas iets self gebpubliseer... Ek werk hard aan iets wat op standaard is klaar neer te pen. Ek wou wel net hoor... Tel julle doelbwuste spelkeuses ook as spelfoute. Ek weet nie of ek al die werk gepubliseer het nie, maar in een van die werke kies ek bv. die spelling herhinder in stede van herinner as spesifieke klem op die betekenis en van die woord. Sou so iets aanvaarbaar wees, of moet ons eerder nie te kreatief probeer wees nie? (Klem op die TE)
4 jaar 10 maande 2 dae 17 ure oud


Inligting
Anze, duisende dankies vir die plasing van hierdie uiters belangrike bydrae. Elke een van ons behoort dit te lees en ag te slaan op die inhoud. :)
4 jaar 10 maande 2 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar