Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dagsê Meraai

Lanklaaste ’n ou briefie op die poskoets gegooi vir Gatkantland innie verre Oustralia. Kla kin ek nou nie, dit sal nou sommer ’n groot lieg wees. Die ouvrou en die German is spekvet, want die koskaste is vol pasta en souse, dis mos die ouman se favourite - ek het altyd gedink dis net die Italjaners wat die goete eet. Die fridge kreun onner die eisbein en anner schweine fleisch, mit dikke spek wat goudbruin en krakerig innie oond gaargemaak worre en verder word die ete opgedollie met rooikool of sauerkraut. Ok g’n tekort aan German wurst en mostert wat so saammit die bier afgesluk worre nie. (maak my dop liewersters rooiwyn, sommer uit die boks). My ge-bitch en ge-moan oor my klere wat al 2 sizes opgegaan het val mos op dowe ore en jy weet mos lat die German al die kookwerk doen (ek hou maar ’n bottel Mrs Balls byderhand vir perty van die vreemde smake). Subtiel moet die ouvrou nou die spinasie en wortels iewersters inwerk solat ons darem iets voedsaams ok inkry, want ek is mos gewoont aan properse boerekos en nou moet ek al die volksvreemde goete eet. Blond is ek nou wel maar iets beginne sin te maak - die German rekent natuurlik dat as die Comrades deelnemers so pasta eet vir stamina, moet dit vir hom ok werk maar hy het nie hardloop in gedagte nie – blerrie balhorig ou bok!

Ai en dan is die week ook al weer in sy maai en sowaar die maand ok maar dit beteken darem dis payday. Was mos ’n lekker kort wekie so mit Maandag wat Heritage Day was. Al is apartheid nou verby in die nuwe Suid-Afrika, lyk die feesvieringe van al hierrie public holidays op die tiewie alte donkerkleurig vir my, want dis nou nie almal se cup of tea om iewers te hel en gon op ’n pawiljoen te loop sit en spietse luister vannie gowwerment se officials nie. Ons het bietjie later geslaap en toe het die German nou ’n properse English brêkfis voorberei en daarna het ons voor die tiewie ontspan. Daars mos deesdae baie international rugby en krieket en ons geniet dit so mit ’n doppie en ’n peuseldingetjie saam.

Oor twee weke het ons nou die family-reunion in Twaanie of te wel Pretoria, van die spulletjie van oor’le Pa se kant af. Neef het ’n e-possie gestuur en lat weet van die besigheid waar elkeen nou sy eige vleis, dop en stoel bring en ’n paar rand in Neef se rekening inbetaal en dan organise hy en sy annerhelfte vir die res. Die meeste niggies en neefs het ek seker 20 jaar laaste gesien, so dit gan lekker wees. Nig Magda stuur ’n possie lat sy nou weer die enigste dikgat gaan wees maar daar kon ek haar darem gerusstel dat sy ’n partner sal hê. Sal nou weer vir jou na die tyd laat weet van alle sondes en skandes en skades.

Nuus is maar skaars, dis nou as jy al die korrupsie en misdaad innie land buite rekening laat. Papier en ink wil ek nou nie mors om oor daai dinge uit te wei nie, want julle kan dit sommer op News24 gat lees. Op die Sunday Times se blad kan julle lees van ou Mantso (sy is nou onse Minister of Health) se lewer wat sy so ge-marinate het met rooiwyn en anner voggies. Daai arme lewer is nou mit pirmissie gesê poer in sy moer in gesuip. Sy kry toe mos ’n nuwe een en nou hoor ek so via die grapevine (hie-hie-hie), dat sy die nuwe lewer ook deur haar (keel)gat trek (soos oorle Ouma nou sou sê). Haar deputy is toe mos gefire oorlat sy vir ’n heen en weertjie oor is Spanje toe (saam met nog 2 anner wat sy uit die goedheid van haar hart saamgevat het). Hulle was maar net ’n paar uurtjies weg en nou word sy gefire oor sy nou nie vir Thabo (dis nou onse President) gevra het of hulle kan gan inloer by ’n Aids Conference nie. Phumsile (sy is nou onse Deputy President) se 2 vlugte met ’n private jet (een was om holiday te gat hou) is nou bietjie op die agtergrond geskuiwe, besides, hulle kon maar net sowat 150 gesinne onner dak gee mit daai geldjies. Nou wag ons maar om te sien wie gaan nou ge-appoint worre as die nuwe Deputy Minister of Health, want hulle moet iemand soek wat ok dink knoffel, olyfolie en beet werk beter as anti-retrovirals teen die Aids (net soos Mantso). Sy dink natuurlik hulle gaan so stink van de knoffel dat niemand passionate sal raak nie! Hoe gaan daai Hollandse gesegde nou weer? Iets soos: ‘de plesier gaan de stank vêr te bowe’! So ek weet nie of haar plan gat werk nie. Verder seg ek nou niks, want jy ken vir my as ’n Christenmens wat my nie met ’n geskinner ophou nie.

Sjoe die tyd het my nou ingehaal en die ouvrou sal moet afsluit. Ek moet nog gou my kantoor netjies kry en plantjies nat gooi voorlat ek die deur agter my toetrek. Moet nog gou ’n draaitjie loop ok, want mens weet nooit hoe lank sit jy in die traffic vas nie en so tussen ons gesê raak die ouvrou se knypers nou half gedaan!

Lekker naweek en groete vir Outop.

Liefdetjies van Kerneelsie (en die German ok, al weet hy nou nie van hierie briefie nie)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Lekker ou Capie-brief
Oi, lekker geglimlag vir hierdie skrywe :-))
13 jaar 2 maande 1 week 4 dae 17 ure oud


Puik
Dit was nou een van die dem oulikste briefies wat ek nog gelees het, en dis natuurlik ook omlat ek nou half weet van hierdie Gatkantland se mense, EN die afsender van die briefie!!
Puik geskryf!
Antjie
14 jaar 10 maande 2 weke 15 ure oud


Suster, ejy het vergiet om te seg, latte onse arme Bart van 7de sepie toe tevriede moes wies met die ou lewer wat so gemerinade is, en foeitog toe sterwe die arme man. Gin hond kon glo liewe met die marinated lewer nie. Sien wat 'n skade?
14 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 14 ure oud


Dik
Bly om te sien mense is nie skaam om te erken hulle is dik kyk hoe plesierig is die een!
14 jaar 10 maande 2 weke 4 dae 15 ure oud


Og ek weet ek het eintlik afgeloer,maar water my bek nou vir 'n duitse worsie en suurkool en wat nog. Ek hoop ons hoor so ietsie van die suidlanders.
14 jaar 10 maande 2 weke 4 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar