Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Liefste Boet

Ek weet nie wanneer en of jy hierdie briefie gaan kry nie, maar ek skryf hom maar in elk geval.

Boet, my hande voel afgekap, daar is niks wat ek kan doen om die lewe of jou emosies beter te maak nie. Dit frustreer my verskriklik om te weet jy gaan deur dieselfde emosies wat ek al so baie beleef het en wat my man ook ervaar. Dus, al wat ek wil sê is dat ek verstaan, dat beide ek en jou swaer verstaan hoe jy voel en hoekom jy gisteraand 'n einde wou maak aan alles. Ons ken ook die gevolge van opgekropte emosies, dinge wat jy vir jouself hou, bekommernisse, finansiële probleme en druk van orals en almal. 'n Vulkaan kan nie altyd net borrel en prut nie. Gisteraand kon ek so duidelik verstaan toe jy my vra ek moet iets, enige iets sê, wat jou sal oortuig jy moenie voor die trok inloop nie. Ek het ook al so gevoel, ek het ook al met pille in my hand gestaan voor 'n lopende kraan en toe in die laaste sekondes iemand gevra om 'enige iets' te sê wat my sal oortuig om dit nie te doen nie. Dus, ek verstaan jou hulpeloosheid en desperaatheid, jou noodkreet. Bo en behalwe my eie ervarings, moes ek ook al voor my man staan, meer as een keer, as hy vol bloed was of die rewolwer gegryp het. Ek weet hoe skuldig voel mens na die tyd en die skuldgevoel is net nog 'n emmer vol gemors in jou reeds vol vulkaan. Ek ken dit ... my man ken dit ... Dus my boetie, ons weet hoe moeilik, doelloos, nutteloos en donker alles vir jou lyk.

Ek gaan jou nie probeer oortuig of oorreed om dit nie weer te doen of hulp te kry nie want ek weet die tye toe ék so gevoel het, wou ek net vlug of slaap. Ek wil net hê jy moet weet daar is ander mense wat ook was waar jy nou is en glo my, ek en my gesin is lewende bewys dat daar 'n beter (nie volmaakte, maar wel beter) lewe kan wees. Wil jy nie asseblief, wanneer jy weer rustig is en alleentyd het om mooi te dink, dit oorweeg om dokter toe te gaan vir 'n depressiepil en gemoedstabiliseerder? Dit help Boet, regtig. Na 'n paar weke voel jy 'n ander mens. Daar was die afgelope maande tye wat ek elke liewe dag gewonder het of ek my man lewendig gaan sien in die aand want hy was in 'n nog dieper gat as die een waarin jy nou is, maar ek kan eerlik vir jou sê die pille het gehelp om sy emosies te kalmeer en, alhoewel die probleme wat ons moet face in ons lewens nog dieselfde is en soms handuit wil ruk, kan hy dit nou bietjie meer bedaard en realisties hanteer.

Ek wil jou nie verloor nie Boet en glo my, ek kan jou nie sê hoe het ek gisteraand gevoel toe ek die trokke hoor en ek weet ek kan niks doen nie. Ek kan jou nie sê hoe dit gevoel het toe jou foon dood was en ek gedink het dis die einde nie, dit was asof iemand 'n vlammetjie in my binneste uitgeblaas het die oomblik toe jou foon doodgaan. Niemand se woorde gaan vir jou iets beteken nie my boetie en as iemand jou ooit verwyt oor wat gebeur het, dan moet jy jou nie eers daaraan steur nie want hulle was nie self in daai oomblik in jou skoene nie. Ek het 'n vriend en vriendin verloor aan selfmoord en ek weet wat dit aan die kinders, lewensmaats en familie gedoen het wat agtergebly het. Dis 'n onbeskryflike straf vir die mense wat agterbly Boet, dis iets wat hulle agtervolg tot die dag van hul eie dood. Ek weet dit is nie wat jy vir jou kinders, vrou, Ma of enige iemand anders wil hê nie en as jy ooit wonder hoe 'n kind voel as sy ouer se selfmoordpoging misluk het, dan kan jy my kinders vra, hulle dra die letsels.

Al wat ek vra, probeer jou bes om op te staan en hou vas aan die mense wat lief is vir jou. En as so iets soos gisteraand weer jou pad kruis, dan maak jy weer 'n oproep na my toe sodat ek die kreet uit jou hart kan hoor.

Al my liefde
Jou sussie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar