Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het gisteraand nuus gekyk aangesien ek by iemand gekuier het en ek nie ‘n TV het nie, vir amper drie jaar. Natuurlik is dit Vrouedag voor en agter en onderhoude met vrouens en hulle drome.

Die hoof onderhoud was vir my die snaakste gewees, snaaks omdat dit my regtig laat lag het oor hoe mense soms dink. Hierdie ma in haar dertigs staan en hang wasgoed op in een of ander plakkerskamp waarna sy op ‘n verfblik of iets gaan sit.

Haar antwoord op die vraag van wat jou droom is was dat sy ‘n besigheidsvrou wil wees en die manier om haar droom te bewaar is dat die regering haar moet help om dit op die been te bring. Daar was nêrens die woorde “ek gaan dit doen nie” of enige selfmotivering. Geen woorde van “gee nie om wat enigiemand sê nie, ek gaan dit maak” nie, dit is demand.

Hierdie vrou sit daar op haar verfblik en wag dat die regering verby haar huis moet stap en vir haar vra of sy ‘n besigheidsvrou wil wees. Daarna moet hulle haar opleiding gee, geld om die besigheid te begin en dan ook nog help met die bestuur daarvan.

Laat ek net die volgende verduidelik. Nog nooit het ‘n skip self in die hawe ingekom nie. Gaan gerus Durban-hawe toe en kyk, vragskepe kom nie net in nie. JY MOET SELF JOU SKIP INBRING!

Niemand gaan dit vir jou doen nie, dit is jou lewe en jou drome. Drome kom nie van ‘n rak af in ‘n inkopiesentrum nie. Dit is iets binne jou.

So asseblief, as jy ooit ‘n lekker grappie tussen vriende wil vertel, demand dat jy alles op ‘n skinkbord moet kry. Ek gaan my braaivleis van die rooster asook my gat vir jou aflag.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

haal my af
skuus dat ek van hierdie kant af vir jou e-pos, maar haal my asb af van Woes af.

Aster*
13 jaar 4 maande 3 weke 9 ure oud


Great
Ek voel net so, jy kan net iets bereik as jy die moeite doen om iets daaraan te doen.
13 jaar 7 maande 1 week 5 dae 17 ure oud


Alf
Bring my skip in.
Wonder maar net. As mens nou loop en gaan rosyntjie buns by die winkel koop en daar is een wat ongelukkig nie rosyntjies inhet nie, dan word die arme baker geblameer en hy wil spaar. Ek wag nou seker al amper 56 jaar en niemand het my nog kom vra of ek wil besigheid begin nie en my verfblik is al deur geroes. Woes, jy slaan die spyker op sy kop. Ek dink jy moet dit sommer hoofnuus oppie TV maak.
13 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 17 ure oud


verwesenliking van 'n droom
Ongelukkig beteken die verwesenliking van 'n droom dat mens moet werk daarvoor - en dit is nie juis iets wat mense graag wil doen nie. Dis makliker om op 'n verfblik te sit en wag en as jou droom nie waar word nie, die gerieflike "blaming game" te speel. En wat is makliker as om ons huidige regering, of velkleur, of wat ookal te blameer? 'n Nuwe Suid-Afrikaanse slagbreuk is seker: Drink 'n valium en wag en as niks gebeur nie, blame die staat!
Mariette
13 jaar 8 maande 1 uur oud


DITTO! Dalk moet jy hierdie wyer publiseer as net op Woes. Te veel mense sit en wag vir iets of iemand om hul drome te verwesenlik. Ek kom al hoe meer agter hoe slapgat veral Afrikaners (darem nie almal nie) geword het. Daar word net gesê dat alle geleenthede aan nie-blankes gegee word en dan sit ons terug. Kry lewe en doen iets aan jou situasie en jou drome!!!!!!
13 jaar 8 maande 2 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar