Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Meeste mense het al van catch 22 gehoor maar weet nie wat dit is nie. Laat ek verduidelik.

Catch 22 is seker een van die mooiste maniere om te sê iemand hou jou aan die kort hare vas en jy kan niks daaromtrent doen nie.

Ek het hierdie week presies dit ondervind. Verlede Augustus het ek die oulikste klein karretjie gekoop. Ek het verlief geraak op die ding van die begin af maar nie soos daardie tappet mense wat mags op die goed sit en hulle karre name gee nie.

Nee, net plainweg gestel het ek my kar geniet. Toe op 16,000 kilometer kom daar ‘n rattle voor in die kar op. Dit is nie daar die heeltyd nie maar kom so 40% van die tyd op.

Meeste van die tyd kan jy dit hoor maar soms is dit erg hard en hoor jy dit al speel ek “Stairway to heaven” teen 75% volume.

Na wie anders kan ek draai as die mense by wie ek die kar gekoop het. Dit is tog ‘n nuwe kar so hulle moet my help. Die kar het nou al 26,000 kilometer op so na 10,000 kilometer is die ding nog nie uitgesorteer nie.

Ek los toe die kar weer daar vir drie dae. Op dag twee kry ek toe hierdie oulike oproep dat Honda net rattles in karre dek tot op 1,000 kilometer. Ek bedoel, dit is een week se ry Johannesburg toe en terug dan het jy 1,000 kilometer gery. Daarna moet ek self betaal.

Daar word toe verduidelik dat al hoekom hulle so hard gesoek het na die rattle is omdat ek ‘n nice kliënt is. Hulle kan aanhou soek maar twee dae se arbeid gaan my net onder R3,000 kos.

Ek dog toe laat ek slim raak. Ek stel toe voor dat ek die kar inruil en dan een koop met ‘n motor plan. Dan kan hulle die heeldag aan die kar werk en die rattle kry sodra die nuwe kar begin rattle.

Toe nou nie! Selfs onder ‘n motor plan dek hulle rattles net tot op ‘n 1,000 kilometer. Ek stel toe voor dat ek self inklim en die rattle soek. Ek kan dit nie doen nie aangesien ek dan die waarborg op my kar verloor.

So dit is waar ek nou met my kar staan en daar is die perfekte verduideliking van wat catch 22 is.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

rattle
haha! brings back old memories :) my eks het die vermoe (seker hy het dit nogsteeds) om 'n rattle in sy voertuig te hoor nog voor hy rerig hoorbaar is... nodeloos om te se jy het geen idee hoeveel keer ons op en af gery het om die rattels te identifiseer en te allokeer! terug huis toe, regmaak en weer gaan ry. hy het geweier om die voertuie terug te stuur na die handelaars aangesien jy :"dit terug kry met 20 ander rattles". haha. nou kan ek lag maar daai tyd het my sin vir humor my gereeld in die steek gelaat :)
11 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar