Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ja, die dag het aangebreek en is nou al weer amper verby! Die toets is darem al lankal verby (het 8:30 getoets vir my bestuurslisensie) maar voor ek nou laat weet of ek dit gemaak het of nie, moet ek nou eers die vertel!

Ek staan heel rustig op vanoggend, maak klaar want my instrukteur kom tel my 6:45 op, laat ons nog bietjie die parkerings kan deurgaan en gou weer die roete ry. Goed en wel, hy bestuur af na die area waar ons parkerings en opdraende en al daai dinge kan oefen. Daar gekom, klim ek agter die stuurwiel in. Gang parkering gaan goed, maar jong ek kon nou nie vir jou die parallel parkering regkry nie, het seker 7 of meer keer dit geoefen en net 2 keer reggekry. Dis mos nou waar die stres toe begin. Ok, ons oefen gou die opdraende wegtrek en vir die eerste keer rol ek agter uit, kan jy glo!! Nou klop my hart al so vinnig en ek wonder of ek nie maar moet uitklim en huis toe hardloop nie. "Haal asem, wees rustig" hoor ek hier langs my. Reg, kom ons probeer weer. Daar kry ek dit darem reg. sjoe!

Nou gaan ry ons gou weer die roete oppad toets stasie toe, en jong ek vergeet om die K53 heeltemal toe te pas, en ek trek weg by stopstrate soos toe ek nog die eerste keer probeer bestuur het. "Clutch" beheer se dinges! Henetjie tog, wat gaan aan met my, ek kan net nie my bearings kry nie!

Kom by die toets stasie aan en oor en oor hoor ek my instrukteur sê ek moet net rustig wees en net konsentreer op wat ek moet doen en nie op die toetsery ry. Ons gaan gou deur die voorrit-inspeksie en die nuwe inspeksie wat bygekom het (voor-aanskakel inspeksie) So hele storietjie op sy eie...

Ek haal maar so 50 of 500 keer aspris diep asem, om nou te rustig te raak. Die eerste beampte kom uit, loop verby my en gaan na die outjie langs my, hy doen sy inspeksie-ding, klim in die kar en ry na die eerste gang parkering. Ek sien hy sit sy flickers aan, kyk orals en reverse nou mooi stadig in. Maar jinne, die outjie hou nie op so mooi stadig reverse nie, en stadig maar seker ry hy in die paal agter vas. Ek lag toe so bietjie hier binne my en voel toe sommer klaar beter. Nog 'n beampte kom uit die gebou terwyl daai outjie nou maar terug ry na die normale parkerings toe. Die keer reguit na my toe. Hy lyk darem so bietjie vriendelik en ek voel goed. Ek doen my ding om die kar en toe ek nou inklim en hy sê ek moet die wipers aansit, toe lê die wipers nog so mooi op die venster! Skoon vergeet om oor hulle ook bietjie te praat so in die omlopery. Ek haal maar net diep asem en gaan doen my ding op die toetsgrond. En jong, het ek nou vir jou my ding gedoen! Die hele "yard" storie het ek sonder enige fout deurgekom. Toe is die stres sommer nou amper heeltemal weg. Die beampte klim in die kar en ons gaan ry toe nou so bietjie rond tot ons weer eindig waar ons begin het. Hy sê vir my teken hier en kom saam my dat ek jou lisensie vir jou gee!! Jong ek het so breed ge-smile, as dit nie vir my ore was nie, het my wange afgeval!

Nou is ek so "happy" ek wil nie eens werk nie. Sommer lus en sê vir my baas hy moet my die dag afgee want ek wil gaan traffic cops soek en brag met my lisensie! :)



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Die Groot Toets
ha-ha-ha en daar maak jy dit toe baie geluk mocca soos ek vir jou gese het jy is nou voël vry, nou nie daai tipe nie, maar jy kan enige plek nou ry. Pa sakkie van Tonder
8 jaar 6 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons Premium+ lede

Van ons ander lede

Meeste gelees in die laaste 24uur
(2014-07-30 13:00:00 - 2014-07-31 13:59:59 )

Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Sonstraalbeloftes

deur DMJR

'n Digbundel. Grootliks in Afrikaans, maar bevat ook vyf van my gedigte wat ek in Engels vertaal het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar