Rubrieke

Titel: Dankbaar
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die afgelope tyd het ek soveel dinge ervaar hier waar ek werk en basies ook permanent op my eie woon.
Soms wou ek moed opgee, tou opgooi, myself oorgee. Oorgee aan wat? Ek weet nie. Net oorgee.
Baie male is daar tot 3 aande in 'n ry wat ek nie kans kry om iets gaar te maak, aanmekaar te slaan om te eet nie. As daar 'n "urgent breakdown" is, moet jy alles los en hardloop. Die myn staan sonder daardie spesifieke onderdeel en verloor miljoene vir elke uur wat niks kan aangaan nie. (Wat my gat lam maak is die feit dat jy 'n week later weer op dieselfde myn gaan aflaai, en dan le daai selle part wat so uiters dringend was, steeds waar jy dit afgelaai het!)Dis egter my werk en ek moet dit doen.
Tussen soms bitter min slaap, vergeet van kosmaak en eet, moet ek ook omsien na die huis, tuin, potplante en vissies in die tenk in die sitkamer.
Dan duik daar ook nog soms familiekrisse op. My hande is afgekap. Onse Dave, my seun is tans vir sy werk op 'n toer in Engeland en Duitsland. Sy skoonma word skielik met 'n enorme hartkwaal in die ICU opgeneem. "Pa, wat moet ek doen?" Ek sit hier in Natal en kan werklik nie oral gelyktydig wees nie. Dan probeer iets, iemand my ook nog uit die huis dryf deur goelary, spokery, tokkelossies of wat ookal.
Dan, terwyl ek vanmiddag weer skielik op 'n amper 600 km, heen en weer trippie ry...
PRAAT ek en HY met mekaar. Besef ek net weer opnuut hoe afhanklik ek van Hom is. Dankbaar besef ek net weereens hoe HY altyd in beheer van sake is.
Hoekom is ek nie bang of ongemaklik in die huis nie? HY is in beheer. Hoekom word ek nie honger, as ek so lank sonder iets te ete moet bly nie? HY is in beheer want HY ken my geldsake, en weet hoe duur dit is om by plekke langs die pad, kos te koop. Hoekom raak ek, na soms 36 uur, sonder slaap, nie aan die slaap agter die stuurwiel nie? HY is in beheer.
Hoekom kom ek elke keer veilig by die huis, soms wanneer ek al skeel kyk van moegheid? HY is in beheer
Dankie is so 'n klein ou woordjie, maar diep uit my hart, uit my binneste, met my hele alles:
"Dankie my Vader, dat U, tenspyte van al my sondes, steeds bemoeienis maak met my, my keer op keer vergewe, elke keer saam met my op die pad gaan, my elke keer veilig terugbring.
Male sonder tal was ek binne sekondes van die dood. Het ek reeds in my gedagtes afskeid geneem van my geliefdes, want daar was werklik geen manier om 'n noodlotigge ongeluk te voorkom nie.
Dankie Here dat U daar was.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Dankbaar
Amen
4 jaar 6 maande 4 dae 8 ure oud


Dankbaar
Dankbaarheid het klaar geraak in baie mense woordeskat. Net die feit dat ons lewe moet ons dankbaar voor wees vir die geleentheid wat nie baie lank gaan duur nie.
4 jaar 6 maande 6 dae 3 ure oud


Dankbaar
Jan ek wil sommer Amen op hierdie stuk se.. wat sal ons nietige mensies tog wees sonder HOM?
4 jaar 6 maande 6 dae 11 ure oud


Dankbaar

Dankbaarheid...
Watse ding is dit? Die hedendaagse wêreld ken gin so 'n ding nie! "We demand!" en "I demand!" het hierdie ou woordjie en begrip mos toetentaal uit die kop en veral uit die hart vergroei.

(En nou wonder ek dommig wat diegene wat net 'demand' sonder dankbaarheid in die Hemel wil gaan maak, want daar jubel selfs die engele elke sekonde dankbaarheid uit! Sal mos nie daar kan aanpas nie want hulle is mos nie in dankbaarheid ge'train' nie!)

Dankie Jan vir die 'call up.' Sterkte daar en mooi bly!
4 jaar 6 maande 6 dae 12 ure oud


dank
Jan, jy is nou voorwaar 'n voorbeeld vir my. Ek sou dit dalk baie moeilik vind om dankbaar te bly indien ek onder dieselfde omstandighede as jy moes leef. Baie dankie vir hierdie positiewe bydrae :-)
4 jaar 6 maande 6 dae 17 ure oud


die weervoorspelling
om dankbaar te wees..

deesdae is dit in meeste mense se lewe ongelukkig n luukse...

en dis jammer.

daar is altyd rede(s)om dankbaar te wees.

dankie vir die reminder.
4 jaar 6 maande 6 dae 18 ure oud


dankbaar
Jan dit is nou wat ek noem n positierwe gesindheid
4 jaar 6 maande 1 week oud


Dankbaar . . .
saam met jou dankbaae, Jan!
4 jaar 6 maande 1 week oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar