Rubrieke

Titel: Dankbaar
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Na Dave se lelike terugslag gister is ek vanoggend orende nek uit Natal weg, huistoe. Al die pad verwag ek enige oomblik te hoor Dave is weg.
Vanaand toe ek en Helmien by die hospitaal kom, sit hy vir ons buite voor die deur en wag!!! Net SY grote genade alleen. Dave moes dood gewees het. Toe die dokter Vrydag sy maag uitgepomp het, het sy hart gaan staan. Daar was geen manier waarop hulle dit weer aan die gang kon kry nie. Omdat daar nog gif in sy mond was, was mond tot mond buite die kwessie. Weens 'n borsoperasie jare gelede kon hulle ook nie sy hart met skokke aan die gang probeer kry nie. My kind was dood. Wonderbaarlik het sy hart vanself weer begin klop. Weereens net SY groot genade.
Alle lof, dank en eer aan HOM dat HY ons kind gespaar het. Dankie ook aan elkeen van julle. Dankie vir julle gebede, belangstelling en ondersteuning. Sonder SY genade en julle ondersteuning sou ons s gesin nie deur hierdie krisis staande kon bly nie. Ons lief en waardeer elkeen van julle.
Daar wag egter nog 'n lang en moeilike pad voor. Saam met Dave sal ons as ouers daaardie pad stap. Met SY bystand sal ons ook hierdie bult in die pad oorwin.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dankbaar
Dit is nes Arnold sê. As ons strepie nie getrek is nie, sal ons nêrens heen nie. Daar is ń plan en ń doel vir elkeen van ons in die heelal en dis nie in ons mag om anders te besluit nie.
Ons is saam met julle dankbaak Jan en alle voorspoed vorentoe.
4 jaar 5 maande 1 week 3 dae 7 ure oud


Z
Sterkte vir die pad voorkant toe. Mag julle gedra word op die vleuels van God se Genade.
4 jaar 5 maande 1 week 4 dae 16 ure oud


***
Wonderlike nuus, Jan. Sterkte vorentoe.
4 jaar 5 maande 1 week 5 dae 9 ure oud


Dankbaar
Niks is klaar en verlore alvorens Sy raadsplan nie uitgevoer is nie.

Sterkte.
4 jaar 5 maande 1 week 5 dae 13 ure oud


Ano
Dankbaar
Jan, dit is absoluut WONDERLIKE nuus. Ons is saam met julle dankbaar dat hy op pad na herstel is.
4 jaar 5 maande 1 week 5 dae 17 ure oud


Dankbaar
Ons stap al die pad die pad saam met julle ou vriend. Sterkte
4 jaar 5 maande 1 week 5 dae 18 ure oud


dank
Dis wonderlike nuus, Jan. Ek is só bly vir julle part. Dis 'n nuwe geleentheid vir hom en vir julle. Alles van die beste met die pad vorentoe :-)
4 jaar 5 maande 1 week 5 dae 20 ure oud


Dankbaar
Die gebed van die regverdiges dra groot krag. Dinge mag dalk donker lyk, maar die son skyn agter die wolk en sal een of ander tyd deurbreek. Sterkte en werk deur die probleme.

Ons ken julle en is lief vir julle.
4 jaar 5 maande 1 week 5 dae 21 ure oud


: Dankbaar


Sterkte en mag julle geloof hand-oor-hand toeneem tot eer en verheerlikking van so goot ons God en Vader.
4 jaar 5 maande 1 week 5 dae 21 ure oud


dave
On sê saam dankie en bid vir n volkome herstel Jan
4 jaar 5 maande 1 week 6 dae oud


Dank
Ons sê saam dankie.

En sterkte verder vir julle familie.
4 jaar 5 maande 1 week 6 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Liewe Ma - van Bart I

deur Bart

Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar