Titel: Dankie
Weergawe: 1
Aantal woorde: 101
Kere gelees: 43
Datum gepubliseer: 24 Dec 2009
Aan al my nuutgevonde Woesvriende
In die voornag van die feesgety – hitte is besig om my uit die slaap te hou
het ek uit die Woestebron genoeg ontvang om aan te herkou
terwyl ek die volgende week rustig met die minimum tegnologie
gaan uitspan saam met my familie
Nogmaals dankie vir ʼn feestyd
van verrykende leestyd
Dankie vir opbouende kommentaar
of sommer net die lees van my skryfsels aldaar
Die nuwe jaar met sy nuwe uitdagings lê voor
dan loop ons weer van inspirasie oor
Mag God almal op hul pad beskerm
en Hom oor elkeen se behoeftes ontferm.
L.T.
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Rubrieke
Gedigte
Artikels

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.