Rubrieke

Titel: Dannhauser
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dannhauser is 'n regte klein plattelandse dorpie, sowat 6 km van Durnacol.Al die besighede, of dan 90% daarvan is in die Hoofstraat. Behalwe een winkel is almal maar regte negosiewinkels, waar jy regtig van 'n naald tot 'n olifant kan koop. Al die winkels behoort aan Indier, Swart, Pakistani of Chinees.Daar is een slaghuis wat aan 'n Blanke persoon behoort.
Oral sien jy ook die straatverkopers wat van vrugte en groente tot braaivleis, sommer op 'n oop vuur op die sypaadjie gebraai, verkoop. Daar is so 'n oop pleintjie in die middel van die dorp waar daagliks seilafdakkies opgeslaan word. Daar word hare gekam, gevleg en getooi. Daar is ook een "salon" vir mans.
Sjebeens is volop hier in die dorp. Dis ook waar basies openlik dwelms en dagga verkoop word.
Klokslag 5 uur in die middag maak alle besighede toe, en word die teerstraat opgerol. Hier en daar sal jy daalk laat aand 'n kukawinkeltjie oop kry. Dan moet jy ook deur die traliehek voor die deur jou kope koop.
Moslem kerke is volop en soggens vroeg en in die aande hoor jy die geroep vanaf die minarette. Hier is nog drie ander gelowe waaronder die N.G.Kerk ook tel. Snaaks genoeg sit al drie hierdie kerkgeboue in 'n sirkel, reg bymekaar.
Hier is slegs een volwaardige bank. Verder net kitsbanke wat jy ook net kan gebruik as die winkel oop is, want almal is binne in die winkeltjies. Ek moet net eers my ervaring met die F.N.B. kitsbank met julle deel. Ek plaas my kaart in die gleuf en doen wat ek moet doen. Die masjien spoeg my "slippie" uit, maar geen geld nie.Ek wag en wag, maar niks gebeur nie. Die "slippie" wys my geld is onttrek, maar geen geld nie! Verwoed skop ek die masjien, want nou moet ek al die pad Dundee of Newcastle toe ry. Dis toe dat die man by die winkel se kasregister aan die lag gaan. Ek moet die "slippie" na hom neem en hy gee vir my die geld uit die geldlaai!
Regte "one horse town" waarvan die perd al jare gelede gedooi het.


DANNHAUSER is 'n voormalige steenkool myndorpie wat onder beheer staan van die Amajuba distriksmunisipaliteit.In die distrik word met skaap en bees geboer.
Dannhauser is vernoem na Renier Dannhauser. Hy was 'n Duitse setlaar wat die plaas Palmietfontein in 1872 van die Natalse regering gekoop het. Vandag beslaan Dannhauser vyf plase nl. Tweediedale, Palmietfontein, Rocky Spruit, Cornwall en Klipkuil. Die vyf plase is in 1937 tot dorp verklaar. Behuising is realtief goedkoop nadat die myne gesluit is.
In 1860 het ene Bhowani op die skip Truro in Natal gearriveer en homself hier in Dannhauser, langs die Kliprivier gevestig. Ander Indiers wat hulle ook hier kom vestig het was Sheik Abdool en Cassim Vawda.Van hulle besighede, soos Sheik Abdool's Hardware, bestaan vandag nog.
Sheik Abdool was ook verantwoordelik vir die skenking van gratis watertoevoer aan die nedersetting. Op die hedendaagse Madressa-gronde in Campweg is daar 'n monument ter ere van hom opgerig.
In 1902 is 'n maatskappy Durban Navigation Colleries gestig. Hulle het mynbou aktiwiteite op die plaas Spiesplaas begin.Die bedrywighede het vir 'n eeu aangegaan tot die laaste skag in 2001 gesluit is.
Die DNC is later deur Yskor oorgeneem en het by tye werk verskaf aan soveel as 6000 mense.
Baie van die mensee wat nog hier woon is direkte afstammelinge van die myners van die vorige eeu.
BEVOLKING:
Ongeveer 5300 siele
Swart: 73,7%
Kleurling: 1,8%
Indier/Asier: 22,0%
Blank: 1,8%
Ander: 0,6%

TALE GEPRAAT:
Zoeloe: 70,4%
Eng.: 23,7%
Afr.: 1,8%
Ander: 4,1%

Nou het julle darem 'n idee van waar in die wereld ek is.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Dannhauser
Jikes!
4 jaar 8 maande 4 dae 1 uur oud


Grammadoelas
Dit was nou interessant gewees. Dankie Jan. Ek het dit baie geniet. Shame die FNB storie was komies. Hoe moet 'n vreemdeling dan nou dit ook weet.
4 jaar 8 maande 4 dae 7 ure oud


D
En as jy my nie vertel het nie, was ek salig onbewus dat dit wat ek as van ken, ook 'n dorpie is. Klink vir my baie naby aan van die plekkies in Malawi, behalwe dat die hoofstrate daar, nie geteer is nie.
4 jaar 8 maande 4 dae 20 ure oud


daar doer
Jinne Jan dit klink maar stil en agter daar maar sterkte en nou het ek sommer by jou kennis opgebou.
4 jaar 8 maande 4 dae 21 ure oud


Dannhauser
Dankie vir die deel , Jan... Baie interessant!
4 jaar 8 maande 5 dae 10 ure oud


danhauser
Dankie Jan vir jou interessante vertelling
4 jaar 8 maande 5 dae 20 ure oud


dannhauser
Sjoe, Jan. Jy voel seker bietjie alleen in daardie plek met so min Afrikaanses :-)

Ek het die rubriek baie geniet. Dankie vir die deel.
4 jaar 8 maande 5 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar