Rubrieke

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek het my familie wortels gevestig in die Oos en Wes Kaap, maar is gebore in die Wes Transvaal en deesdae bly ek op die Oosrand in Gauteng. Sport was nooit regtig groot in ons huis as kind nie. My ma sal wel krieket kyk en soms 'n bietjie rugby, maar net as die WP of Springbokke speel. My pa, wel ek het 'n beter kans om vir die Bokke te speel as wat hy 'n vol wedstryd saam my sal kyk.

Nou ja, waar het ek dan my liefde vir sport gekry? Dit weet ek nie al wat ek weet is dat sport na my godsdiens en familie die belangrikste is in my lewe. Terwyl ander kinders stokkies gedraai het op skool om te gaan vry en skelm rook , het ek stokkies gedraai om toets krieket, rugby of een of ander sport te gaan kyk. Daardie jare kon jy my enige iets oor enige sport vra en ek sou jou kon antwoord.

Deesdae is naweke al tyd wat ek kry om sport te kyk, maar ek volg steeds alle sport. Rugby, krieket en sokker bly die groot drie vir my. Hierdie forum gun my egter die geleentheid om weer op hoogte te kom van al die ander.

Ek skryf my eie artikels oor rugby, in engels, op www.rugbybanter.com . Ek is geakrediteerd by die Leeus as journalis. Ek is besig om 'n boek te skryf oor die geskiedenis van Springbok rugby. Dit sal elke wedstryd van 1896 tot ten misnte 2013 in he asook elke Springbok. Dan is daar ook die beplanning van 'n boek oor die SA Toets Krieket span en moontlik later die Eendag en T20 spanne.

Dit in kort is wie ek is en my liefde vir sport. Sport is in my bloed.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Katarsis

    deur http://www.woes.co.za/

    Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar