Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar aan die voete van Jesus het die Here my so bewus gemaak van hoe ek myself letterlik vergiftig het vir baie jare.

1.      Die tweede gedeelte van die de-toks waarop God my gesit het, was om my verantwoordelikheid te laat neem vir dit waarop ek broei en gedurigdeur in my gedagtes mee besig is, wat so-so vergiftig het die afgelope tyd.

Dit is waarom God in Sy woord daar in Rom. 12:1 en 2 aan ons sê: “En nou doen ek ‘n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”

Om God toe te laat om jou te begin verander en te vernuwe deur Hom toe te laat om jou manier van dink oor dinge te verander.

Dit is waarom ’n gedeelte soos 2 Kor. 10:3-5 hierdie prentjie aan ons teken waar ons verantwoordelikheid in Jesus se Naam daarvoor neem om by die hekke van ons gedagtewêreld te gaan stelling inneem en elke gedagte wat daar inkom by die bors gryp, mooi luister na die boodskap daarvan en om seker te maak van waar kom dit. Kom dit van God af, klop dit met die Woord of kom dit van die vyand af?

Daarom staan daar in Jak. 1:14-15 die volgende:

Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep.

Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.

Luister wat staan in Spr. 23:7 in die NKJV:

“For as he thinks in his heart, so is he.”

Die OAV het dit so vertaal:

“Want soos hy in sy siel bereken, so is hy ...”

Dit is waarop die Skrif so ernstig daaroor is:

“Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.”

Sien, alles begin by wat ons dink. En as ons daardie gedagte vasgryp, daarop begin fokus, kies om te glo ons kan nie daarsonder nie en glo dat ons dit kort, begin ons voel ons moet dit kry, ons begin dit begeer. En dan kies ons om op daardie gedagte wat ’n begeerte geword het te handel. En dit is dan hoe sonde gebeur. En as ons aanhou en aanhou sondig, vergiftig ons onsself uiteindelik so dat ons sterf.

2.      Daarom het die Here my ook begin bewus maak hoe ek oor kos dink en sekere kosse is wat vir my besondere liggaam skadelik is en wat my siek maak.

Hy het my ook op ’n fisiese de-toks gesit. Hy het my bewus gemaak dat ek met al die baie verfynde suikers wat ek oor die jare ingeneem het en al die onnodige koolhidrate, ek my liggaam insulien weerstandig gemaak het.

Daarom het ek nou gekies om dit om te draai en my liggaam te leer om te funksioneer soos God dit oorspronklik bedoel het.

Daarom eet ek weer gedissiplineer en reg en maak ek tyd vir gereelde fisiese oefening en tyd om sommer net te ontspan en om “me-time” te hê.

My liggaam is immers die woonplek van die Heilige Gees. Nou is dit ook nie meer my eiendom om mee te maak soos ek wil nie.

Van nou af is dit “heilig” en aan God en Sy plan daarvoor toegewyd. En dit moet gereed gemaak word vir “oestyd”, wanneer transformerende herlewing rondom ons fisies uitbreek en ook dit geweldige eise aan ons liggame gaan stel.

In die proses skud ek sommer die vetrolletjies af, kry my gesig weer kleur en sy blink terug.

Daarom gaan jy volgende keer as jy my sien, baie minder van my te siene kry as die vorige keer – in kilogramme, bedoel ek!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Detox
Mensig, ons beplan en plavei as't ware ons lewenspaadjie vooruit deur die gedagtes waarmee ons onsself besig hou. Verstommend dat meeste mense dit nooit eens agterkom nie.
Moet asb nou net nie so dun en deurskynend raak dat jy heeltemal verdwyn nie! :-))))
3 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 1 uur oud



Liewe Ma - van Bart I

deur Bart

Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar