Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Liefde kan nie net gevoel word nie, liefde is dade, dade wat uitgevoer word deur mense wat gewoontes toepas deur hul naaste lief te hê soos hul hulself graag sou wou liefhê!

D.w.s. mense met die volgende 7 karakter-eienskappe:

1. geduld
2. vergifnis
3. vrygewigheid
4. beleefdheid
5. nederigheid
6. goedhartigheid
7. eerlikheid

Volgens ervaring en kommentaar gelewer is die moeilikste twee sekerlik geduld en vergifnis, maar hoe meer ek al die liefdes-karakter-eienskappe ondersoek, vind ek dat nie een onderhou kan word sonder die ander nie.......ek gaan poog om elkeen in komende happies te verduidelik!

Ek glo dat as liefde toegepas word op ñ daaglikse wyse deur bogenoemde gewoontes te doen sal jy defnitief ñ sukses maak van nie net verhoudings nie, maar van die lewe!



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

GEDULD
Ek stem saam, my grootste struikelblok is ook geduld, in die ander vaar ek nogal goed, maar o wee, veral met padwoede en om motorfiets te ry, God oorspoel my asb. met geduld!

Ek kan ook nie wag om n gesin te begin, Here ons is nou al 8 jaar op wittebrood, skenk ons nou asb. n brood in die oond.....

Moet ek aangaan?

EK gaan vervolgens in 7 ander happies oor elkeen praat!

grOEtnIs
hErcULeS sOEthArt
4 jaar 9 maande 4 dae 13 ure oud


Die groot 7
ja, ek stem met Koekoe..
'n Mens is altyd vriendelik, goedhartig ens., as dinge loop in die rigting wat jy dit wil hê, maar as dit ander padjies wil loop, is dit geduld wat eerste nie altyd duld nie.. Ek dink in ons haastige samelewing wil ons self hê liefde moet vinnig gebeur, maar selfs dit kort geduld.. Ek dink geduld moet EERSTE op daai lysie van jou wees Hercules :) As almal as mens net geduld kan aanleer, dink ek sal die ander 6 eienskappe makliker volg..
4 jaar 9 maande 4 dae 14 ure oud


Die 7-karaktereieiskappe
Dis so waar wat jy sê, maar so moeilik.. Maklik solank dinge na jou sin verloop, maar baie moeilik as dinge skeef begin loop
Koekoe
4 jaar 9 maande 4 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons Premium+ lede

Meeste premium+ werke gelees in die laaste 7 dae
(2014-07-22 06:00:00 - 2014-07-29 06:59:59 )

Meeste kommentaar op premium+ werke vir die laaste 7 dae

Van ons ander lede

Meeste gelees in die laaste 24uur
(2014-07-28 06:00:00 - 2014-07-29 06:59:59 )

Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar