Weergawe: 1
Aantal woorde: 760
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 22 May 2012
Die eerste vraag is dus of dit inderdaad ’n goeie of geldige maatstaf is. Omdat die vermoë om pyn en plesier te ervaar blyk om met kompleksiteit te groei en ons almal self prakties die implikasie daarvan op die indiwidu goed kan verstaan is empatie en vereenselwiging die grootste motiveerder vir die uitbreiding van die morele sfeer na ander spesies. Indien ons dus nie ons morele waarde bekom deur ons lidmaatskap van ’n seker spesie nie, moet daar ’n ander, meer objektiewe maatstaf gevind word. Emosioneel sal mense almal verskillende en selfs veranderende voorwaardes vir aansluiting by die morele gemeenskap voorstel, dus sal ons maar rasionele en objektiewe redes moet verskaf. Dit beteken ons moet die maatstaf kan meet en vergelyk asook die minimum vereistes moet vaslê op een of ander verstaanbare en toepaslike manier. Daarna sal ons die toepassing op almal moet toets en sien wie val uit die bus, of mandjie en wie word verwelkom tot die groep. Een so maatstaf wat die rondtes doen, is persoon wese. Wanneer dit presies begin is onduidelik, maar hulle argumenteer dat ons weet ’n fetus nog nie ontwikkeld genoeg is om as persoon te kwalifiseer nie. Daar bestaan natuurlik ’n werkbare definisie vir persoon wese onder die filosofiese en mediese velde wat die tans die maatstaf verskaf, vir nou, en dis hier waar die twee waaroor jy so ontsteld is hul logika deurgevoer het en die konsekwensies daarvan uitbasuin het.
Volgens die persoon wese maatstaf voldoen pasgebore babas nog nie aan die vereistes nie en kwalifiseer hulle dus nie as morele agent nie, terwyl die ouers en die lede van die groter samelewing wel hiervolgens kwalifiseer. Dus oorskry die ouers se regte die van die pasgebore baba, wat geen bestaansreg deur die persoon wese maatstaf toegeken word nie. Baie bring dan die potensiële persoon argument in om die situasie ten gunste van die baba te swaai. Die teen argument is dat potensiaal nie gelyk is aan reeds bestaande nie. Eers wanneer die potensiaal verwesenlik word skop die regte in. Verder word uitgelig dat kondome of voorbehoedmiddels ook die skep van ’n potensiële persoon verhoed. Met biotegnologie kan selfs ’n vel sel gebruik word om ’n mens te help skep, so potensiaal alleen is nie ’n goeie argument nie. Ons noem nie ’n matriekleerling dokter net omdat hy van plan is om medies te swat nie.
Die prinsiep word dus gevestig deur definisies en kategorieë ’n Verdere vraag is dan of persoon wese die enigste maatstaf vir die reg tot lewe moet wees. Ook kan gevra word of die lewensreg eerste of laaste staan kragtens ander basiese regte. Indien die reg tot lewe vir ’n wese nie beskerm word nie, beteken dit dan ook dat die wese sy reg om nie gepynig te word nie oorskry word? Ek neem aan hier sal die twee etiese denkers die baba se reg om pyn-vry behandel te word bo sy reg om voort te bestaan stel, soos meeste mense van die abattoir verwag in die omskakeling van ’n lewende dier na voedsel. Wys jou hoe gee ons om. Tog moet kritici of die logika van die interpretasie van die persoon wese maatstaf wat deur die twee voorgelê is as foutief bewys, of ’n beter maatstaf daarstel wat al die vra rondom die kwessie beter kan beantwoord. Die argument is nog lank nie verby nie.
Lees ander rubrieke deur Jacques De Villiers
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Kobus van Eden
DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'