Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek kom vanoggend so 7:15vm by die werk en sluit my werkswinkel oop en dank
God vir die werkswinkel, gesondheid en omdat ek Sy vrede en vreugde ervaar.

Die eerste kliënt kom vinnig nader en klim uit sy motor met 'n koppie Wimpy
koffie in sy hand en kla dis nie meer die koffie van ouds nie. 'n Ander
persoon wat ek ken kom van die slaghuis af opgestap met 'n pakkie vleis en
al kouende aan sy biltong grom-groet hy so asof dit 'n stryd is om te lewe.
Ek besluit vandag wil ek luister en ek het goed geluister.

Dit is nou 6:00nm en ek wil jou vertel wat ek vandag gesien en ervaar
het:

Ouens met baie geld kla oor pryse wat te hoog is. Die biltong man sê daar
is amper geen vleis op die rakke nie. Die ander ou kla oor ou brood en 'n
ander oor 'n koue hamburger wat hy wil vat en in Steers se manager se g..
wil opdruk. My suster kla oor haar CD speler wat skoongemaak moet word en
dit kos R80-00 wat sy nie kan betaal nie, want sy het nie geld nie. Ek
vertel jou kortliks wat ek vanoggend gesien en ervaar het. Die mense kla en
kla en ek wens hierdie klakouse met wie ek net vandag te doen gehad het kon
sien en ervaar wat ek vroeg oggend gesien het - ek wonder waaroor hulle dan
sou kla. Terwyl die ou oor sy koue hamburger kla, vang my oog 'n ou
kleurling wat in die slaghuis se vullis sakke krap. Die ou krap tussen die
sakke en ek hou hom dop. Hy krap iets uit, ruik daaraan, hap en sluk sonder
om te kou. Ek stap nader na hom: - more groet ek. Wat is jou naam. My naam
is Abraham my lanie, antwoord hy.

Nou wat doen jy so vroeg hier tussen die ou vrot goed ou Abraham?

Ek is honger my lanie.

Maar ou Abraham, die goed is vrot.

Ek weet my lanie, maar die Jere het nog nie vandag vir my afgegooi nie,
maskien Hy is kwaad vir my.

Ou Abraham, hoekom vra jy nie vir geld as jy iets wil koop om te eet nie.

Ek het my lanie maar daardie man, en hy wys na die biltong eter, hy het my
amper netnou gaslaan, hy sêek moet voetsek.

Hoe oud is jy Abraham?

78 my lanie.

Waar bly jy Abraham?

Daar bo teen die berg (dis 8 km).

En jou mense ou Abraham?

Net my vrou bly by my, mar sy bene kan nie meer werk nie nou kan sy nie uit
die huis nie.

Kry jy oumens pension Abraham?

Nee my lanie, nog nie, maar Mandela sal nog plan maak, so ek wag maar vir
hom.

Abraham se broek is nie meer 'n broek nie - sy skoene het nie sole nie en
iets aan sy lyf wat dalk lank terug 'n hemp kon gewees het. Ek vra in my
binneste - Here, wat nou, maar ek kry geen antwoord nie, ek hoor niks.

Ou Abraham, ek dink regtig nie die Here het van jou vergeet nie.

Ja my lanie.

Die ou is glasig en dof, sy kop hang al vooroor soos hy jare lank al
probeer om naby hom te sien. Die vullis wa trek in om die vullis te
verwyder en die manne verskreeu ou Abraham.

Waarnatoe gaan jy nou ou Abraham?

Ek gaan brood soek om huis toe te vat my lanie - ek het klaar 'n kannetjie
vir die water. Ou Abraham het 'n glimlag om sy geplooide mond.

As my lanie wil kan ek 'n besem bestuur en die plek mooi skoon vee vir 'n
stukkie brood.

Ek dink by myself:- "is dit nou U wat deur Abraham praat?"

Ou Abraham, is jy seker jy het 'n liksens om die besem te bestuur?

Ja my lanie, my vrou het dit vir my gagee toe sy bene siek geword het.

Dis goed so Abraham, die mense jaag jou oral maar vandag het die Here jou 'n
groot werk gegee - jy is van vandag af die general manerger van die besems,
jy is die baas van die besems, hierdie besems gaan vir jou koffie gee in die
plek van water, 'n maneger moet ook mooi skoon aantrek en 'n geldjie hê vir
die ou vrou by die huis. Ek sien jy is 'n man wat ons nog baie in die
toekoms kan leer oor die lewe ou Abraham.

Kan ek elke dag inkom my lanie?.

Ja Abraham, want Vrydae kry die besem managers 'n lekker Wimpy ontbyt en
besem managers werk net van 8 - 11, want besem managers het tyd nodig vir
hulle siek vrouens.

Is reg so my lanie, ek sien nou die Jere het 'n ander plan gahad vadag en
ampor dink ek Hy het my en die ou vrou vageet. Jammer Jere omdat ou Abraham
nie reg vastaan het nie.

Ek is die Here my God so dankbaar vir iemand wat nie oor biltong kla nie,
iemand wat nie oor leë rakke in die vleismark kla nie, iemand wat oor koue
hamburgers en koffie kla nie. Ek is my Vader so dankbaar dat Hy ou Abraham
nie vergeet het nie. Doen my, jouself en ander 'n guns - probeer net een dag
niks kla nie, want ou Abraham was vandag vir my so 'n groot inspirasie. 'n
78 jarige half blinde man met toiings aan sy lyf wat nog steeds glimlag. En
ek sê met trots - vandag het ek 'n waardige, my beste ooit, besembestuurder
gekry.

Die Here is vir ons so goed en as ek voel dit druk, kyk ek na my besem
bestuurder en ek weet - ek het niks om oor te kla nie


skrywer onbekend



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

besembestuurder
ek en my vrou het amper snot en trane gehuil.Behalwe dat ons nou op 'n stadium in ons lewe is waar dinge bitter vinnig verbygaan,dat ons elke dag die kosbaarhede meer en meer ervaar,is ons van die geslag wat huil omdat ons toe ons kon,nie 'n groter verskil kon gemaak het nie.Dankie,dit was mooi,verruklik mooi en sal ek seker met ander oe kyk na enige besembestuurder wat my pad kruis
9 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Skree van Stilte

deur Alex Fan Moniz

37 spesifieke gedigte gekies uit ‘n versameling van oor 300 wat ek oor die afgelope 25 jare gedig het, wat ek graag met julle wil meedeel, daar is ook ‘n paar nuwe gedigte spesiaal vir die bundle gepen.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar