Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek ken julle nie. Julle ken my ook nie. Ek wil myself aan julle voorstel. My naam is Josef. Ek is 'n dromer. Ek droom bykans elke nag. In die oggende as ek wakker skrik dan se ek vir my ou man: "Weet jy laasnag".... maar dan is hy al by die deur uit. Dit sal gevaarlik wees om jou drome letterlik op te neem, maar tog is daar iets aan drome. Dikwels wanneer 'n mens met 'n probleem worstel kry jy 'n antwoord in jou droom. In die Bybel lees ons: In die laaste dae sal die jongmense visioene sien, en die ou mense drome droom.

So 'n tyd gelede sien ek in 'n droom 'n toerbus iewers in 'n wildreservaat, volgepak met mense. Die busbestuurder het 'n passie vir wildkyk. Met sy verkyker voor sy oe vorder hy so deur die kyk heen tot by 'n baie diep dam. Die volgende oomblik begin die bus agteruit ry terwyl die bestuurder salig onbewus is daarvan. Ek dink by myself, die bus sal links swenk, die afdraende vat en onder by die vlakwater tot silstand kom. Maar nee, ek is verkeerd. Die bus pyl reguit op die hoe damwal af en stort na benede. Skielik is daar nog iemand by my op die damwal. Dit is 'n manspersoon, onbekend aan my. Sonder om te aarsel duik hy in die diep waters in om mense te red. Ek wil ook help, ek probeer my skoene uittrek. En toe skrik ek wakker. En nog voordat ek oor die droom kan nadink kry ek 'n boodskap: "Intreepreek". 'n Paar maande later doen ek dan ook my intreepreek met die droom wat die Here aan my gegee het.

Kyk ons na die droom dan is daar vier karakters: Die busbestuurder, die passasiers, die onverskrokke redder en die persoon wat ook wou help. Met wie identifiseer jy? Esegiel 33 se opskrif in die OV is "Die Brandwag". Die brandwag is mos daardie dominante bobbejaanmannetjie hoog bo in die boom. Met sy oe op dim bespied hy die wereld rondom hom. Gewaar hy iets, boggom hy dat die kranse antwoord gee om die trop te waarsku. In die Bybelse tyd was daar hoe mure om stede, en bo-op die hoe muur 'n uitkyktoring. Daar het die brandwag gestaan. Hy moes alarm maak as die vyand aankom.

Eseg 33: 1-11: Die Woord van die Here het tot Esegiel gekom en gese: Mensekind, spreek met die kinders van jou volk en se vir hulle: As Ek die swaard oor 'n land bring, en die mense van die land neem 'n man uit hulle kring en stel hom as wag vir hulle aan, en hy sien die swaard aankom oor die land en blaas met die basuin en waarsku die mense - as iemand dan die geluid van die basuin hoor, maar hom nie laat waarsku nie, en die swaard kom en neem hom weg, dan is sy bloed op sy hoof. Maar as hy hom laat waarsku, dan red hy sy siel. As daarenteen die wag die swaard sien kom en met die basuin nie blaas nie, sodat die mense nie gewaarsku is nie, en die swaard kom en neem 'n siel uit hulle weg - dan is hy deur sy ongeregtigheid weggeneem, maar sy bloed sal ek van die hand van die wag eis.

Vers 11: Se vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here Here, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle van jul verkeerde wee. Warom tog wil julle sterwe huis van Israel?

Vers 12: En jy mensekind, se aan die kinders van jou volk: Die geregtigheid van die regverdige sal hom nie red op die dag van sy oortreding nie; en aangaande die goddeloosheid van die goddelose, hy sal daardeur nie struikel op die dag as hy hom van sy goddeloosheid bekeer nie; en die regverdige sal deur sy geregtigehid nie kan lewe op die dag as hy sondig nie.

Sjoe! Hierdie teksgedeeltte is vir my ontstellend. Ek het altyd gedink, as ek maar net my eie lewe voor die Here kan regkry, maar nou lees ek hier dat ek ook brandwag moet staan, verantwoordelikheid moet neem, vir hierdie ou hier langs my se lewe.

Esegiel was ' profeet. 'n Profetiese boodskap het gewoonlik twee elemente: 'n Dringende oproep tot bekering en die voorhou van 'n wonderlike toekoms. Ons weet mos dat Jesus van gelowiges priesters, konings en profete maak om te dien in sy koninkryk op aarde. Dit beteken dat ons, in ons gesinne, families, werksituasies,op die gholfbaan, damesklub esm, mense wat op die verkeerde pad is, dringend sal waarsku om hulle van hul sonde te bekeer in voorhou van die evangelie.

Nou vra ek julle weer: Met wie identifiseer julle in die droom? Nee, julle is verkeerd, die dominee is nie die busbestuurder nie, ons is. En omdat ons nie ons verantwoordelikheid in ons gesinne, werksituasies en so meer na kom nie, is hy die ou wat telkens in die diep waters moet duik om mense te probeer red, en dan is dit dikwels reeds te laat.
Aan die ander kant is dit ook waar dat daar soms herders en valse profete is wat nie hulle skape oppas nie. Ons lees daarvan in Eseg 34 (gaan lees asb). In sulke gevalle is dit die lidmate wat moet induik om te red wat daar nog te redde is.

Van Bybelse profete lees ons alreeds in Genesis. God kyk na die aarde en ervaar berou dat Hy dit gemaak het. Die aarde was boos en vol geweld. Die groot manne in Jered se tyd het verskriklik bloed vergiet. Noag waarsku die mense om hulle te bekeer maar hulle lag hom uit en word net Noag en sy gesin, agt mense gered. Later is dit Sodom en Gomorra. Hiedie keer is dit sedeloosheid. Lot pleit by die manne van die stad om nie hierdie bose dade te pleeg nie. Hy waarsku sy aanstaande skoonseuns dat die stad met vuur verwoes gaan word, maar hulle lag hom uit. Lot se vrou kyk om na die begeerlikheid van gister, en word net Lot en sy twee dogters gered.

Maar julle se dit is in die Bybel. Ons leef vandag. Kyk ons na SA van vandag, word daar tussen 20 000 en 30 000 mense elke jaar vermoor. Sedeloosheid: SA het die hoogste vigssyfer in die wereld. Voeg hierby dwelm en alkohol misbruik wat teen 'n tempo toeneem en veral op ons kinders gemik is, egskeiding, aborsie, vekragting, korrupsie en 'n vloekende TV wat die Here se Naam misbruik is ons sondes al ver meer as die van Sodom en Gomorra.

Dit bring ons by die misbruik van die Here se Naam. Mater, as jy 'n afleiding,'n verkleining of enige ander uitspraak van die Here se naam sondermeer gebruik, misbruik jy steeds sy Naam. Om die bruinmense se "Jirretjie" of dalk "jissie", "jislaaik" esm te gebruik is gladnie oulik nie. Dit is almal afleidings van die oorspronklike Naam en 'n oortreding van die derde gebod, wat nie ongestraf sal bly nie.

Maar julle se dit is die wereld, ons is die kerk. Goed, kom ons kyk na die kerk. Johannes kry opdrag om sewe briewe aan sewe gemeentes te skryf. Net twee gemeentes, Smirna en Filadelfia word deur Jesus bemoedig om vas te hou aan die geloof wat hulle het. Maar die ander vyf gemeentes waarsku Hy, dat as hulle, hulle nie bekeer nie, Hy hulle uit sy mond gaan spoeg, en hulle kandelaar van sy staander gaan wegneem. Hoe verskriklik. 'n donker kerk sonder Jesus.

Kyk ons na die Bybelse profete wat deur die Here geroep is dan is ek veral Moses, Jeremia en Jona. Kyk of julle, julself in een van hierdie drie herken.
Moses: "U bedoel tog seker nie ek nie, Here, hulle sal my nooit glo dat U my gestuur het nie. Buitendien U weet mos dat ek nie kan praat nie".
Jeremia: "Nooit nie Here, ek is te jonk" (of te oud).
Jona: Hy gebruik 'n ander taktiek. Hy bly doodstil en net as hy dink dat die Here wegkyk hardloop hy so vinnig as wat sy bene hom kan dra. Hy vat 'n skip na Tarsis.

Maar behalwe hierdie drie is ek veral Petrus. Die voortvarende Petrus. Hy het mos altyd gedink hy is 'n leeu en as dit op die 'push' kom dan is hy 'n muis. Die Here loop op die water. Petrus se" "Ek wil ook op die water loop, Here". Die Here antwoord: "Kom Petrus". Baie dapper gee Petrus die eerste tree maar toe hy so drie tee gevorder het sien hy die woeste branders om hom en die diep waters onder hom, en sy moed sak in sy skoene. Hy twyfel, en toe hy twyfel toe sink hy. Maar die Here is byderhand. Hy gryp Petrus se hand, en saam loop hulle op die water na die boot. Wow, as Jesus darem maar aan jou kant is.

Toe ek hierdie preek voorberei het kry ek 'n boodskap van die Here: "Ek het 'n doel met jou lewe". Dit is die boodskap wat die Here vir jou, wat hier lees, het. Net die feit dat jy vandag hierdie lering kom lees het, het jy net soos Petrus die eerste tree uit jou gemaksone gegee en se die Here vir jou: "Ek het 'n doel met jou lewe". Weet julle, eenmaal het die Here ook gevra: "Wie kan Ek stuur, wie sal gaan"? Toe antwoord Jesaja: "Stuur my Here want ek sal gaan". Maat, die Here vra vandag vir jou: "Wie kan Ek stuur, wie sal gaan"? Wat is jou antwoord. Watter profeet is jY?





;



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Tjoppie
Ek hoor wat jy se. Ek persoonlik dink as almal hulle bes doen dan is almal mos geroep en gestuur.
6 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar