Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek het in Januarie die sms (in Engels) gekry: my selnommer is een van ‘n paar wat uit miljoene nommers van selfoonmaatskappye soos MTN, Vodacom, Cell C en ander getrek is. Veels geluk. Ek wen twee miljoen rand. Dit is noodsaaklik dat ek mnr. Glen Mark skakel sodat hy my besonderhede kan kry. Eers ignoreer
ek die boodskap. ‘n Mens wen g’n uit die bloute soveel geld nie. Of miskien is ek net nie gewoond daaraan om sulke gelukskote te tref nie. Ek is ook skepties oor groot kompetisies met baie prysgeld. Ek wonder altyd as die foto’s van wenners van groot pryse gepubliseer word hoeveel is ware wenners en hoeveel is dooie mense se foto’s. En wie regtig die geld kry.

Toe kry ek ‘n hele rits boodskappe wat die eerste een bevestig en ek stuur ‘n boodskap terug: “I’m sure that this is a scam.” Nee, ek moet mnr. Glen Mark skakel; hy is van die Brittanje en sal my help met die besonderhede. Mnr. Mark soek my e-pos adres. Dan sal hy die besonderhede aanstuur.

Ek kan nie glo wat ek lees nie: ek kan kies hoe ek ‘my’ prysgeld wil ontvang: die eerste opsie is om Brittanje toe te gaan en dit te gaan haal?? Let wel: die maatskappy wat die gelukkige trekking loots is in Brittanje; hulle stuur mnr.
Glen Mark en sy assistent, Tania Morgan na Suid-Afrika om die ‘uitbetaal van prysgeld’ hier te reguleer, maar die wenner kan sy geld daar gaan haal. Opsie twee is dat dit in jou bankrekening inbetaal word, maar dan moet die ‘wenner’
sy / haar bankrekeningnommer verskaf. Opsie drie is dat hulle vir jou die tjek koerier.

Ek is moedswillig. Ek stuur ‘n e-pos terug. Ek wil graag ‘n briefhoof sien met die naam van die maatskappy op. Ek kry ‘n uitgebreide antwoord: (spel onveranderd) “ this is definatly not a scam ….. the purpose of this competision involving companies like …… is to eradicate poverty of the face of africa for ever. …… and i …..” Nou ja, hier is mnr. Glen Mark en sy assistent al die pad uit Britanje en dit is soos me Morgan se spelling lyk. En hulle wil armoede uitwis en die arme mens wat hulle wil help kan Brittanje toe vlieg om die geld te gaan haal. Ek antwoord: ek wil die tjek gekoerier hê.

Ek moet, volgens mnr. Mark, R2600.00 betaal om die tjek fisies uit Brittanje na my woonadres te koerier. Kan hulle dit nie sommer van my prysgeld aftrek nie? vra ek per e-pos. Mnr. Mark is baie ernstig en bel my. As ek ernstig is oor die prysgeld, sal ek die bedrag so gou moontlik inbetaal, dieselfde middag nog. En: “Are you serious, mon?” Ene Nigeriese aksent. Hy verskaf die rekeningnommer.

Ek bel die bank se bedroglyn en verskaf aan hulle die nommer en Tania Morgan se e-pos adres. Dis ‘n redelike nuwe nommer. Daar is al baie geld die afgelope weke inbetaal; die bedrae wissel. Party “gelukkige wenners” het weer die transaksies laat omkeer of die inbetaling van geld gestop. Die bank se bedrogafdeling het ‘n kodenommer vir die tipe bedrog. Die bank vries
die rekening en gaan mnr. Glen Mark se identiteitnommer en besonderhede na. Hy is van Nigeriese afkoms. Hulle sal alle transaksies nagaan en die persone wat geld deponeer het, kontak.

Daar is altyd mense wat vir ‘n bedrogspul soos dié val, sê die persoon by die bank – daar is mense wat baie swaar kry en wil hoop dit is die uitkoms waarvoor hulle so lank wag.

En dit is wat my so kwaad gemaak het en laat besluit het om tyd aan mnr. Mark Glen en me Morgan af te staan: die feit dat dit vir bedrieërs so maklik is om, al is dit vir ‘n baie klein rukkie, mense se drome te betree. Want net vir ‘n paar sekondes, teen alle rede in, al weet jy voor jou siel dis ‘n bedrogspul, kan ‘n ma dink aan hoeveel medisyne soveel geld kan betaal, of ‘n boer vlugtig somme maak oor sy landbankskuld, of ‘n loontrekker die planne vir sy huis in sy gedagtes laat optrek, … en dit is dan, volgens die pesoon by
die bank se bedrogafdeling, wat gewone arm mense soms geld laat leen om in so ‘n rekening in te betaal.




 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

-
Ai, die mense wat so onsensitief is oor ons drome, haha.
9 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar