Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Om romanse te skryf is om oor die lewe te skryf. Die lewe draai om die liefde en die liefde draai om die lewe. Die een kan nie sonder die ander nie.

Ons menslike behoeftes bepaal dat ons leef om lief te hê en ons het lief om te kan lewe. Elke enkele behoefte gaan om die liefde. Hoekom sal ons dit dan ontken?

Om gehê te wees is die een basiese behoefte wat niemand kan ontken nie. Ons wil almal gehê wees. Ons menswees hang daarvan af of ons liefgehê word en of ons liefhet, of nie. En dit begin by die liefde en aanvaarding van jouself. Net jy kan jou eie waarde skat en jouself oopstel vir die liefde. As jy jouself nie liefhet nie, kan jy ook nie ʼn ander liefhê nie. As jy sonder voorbehoud kan sê: ek hou van my, dan kan jy dit ook van iemand anders sê.

Jy kan nie met ʼn toe hart gee of ontvang nie. Maak oop vir die liefde. Vir jouself; dan vir daardie één spesiale mens. Eers dan sal jy kan gee sonder voorbehoud, en ontvang sonder voorbehoud. Laat die liefde vry vloei en lééf!

Dit is romanse . . .

Ons behoefte aan aanvaarding, vertroue, respek en koestering gaan als oor die liefde. Net deur jouself lief te hê, waarlik lief te hê as ʼn saad van die Groot Boom, kan jy ʼn ander aanvaar, vertrou, respekteer en koester. Jy moet kan gee om te ontvang. En dan stel jy jou oop vir die vreugde van liefhê en van voluit lewe. Dit gaan als oor die liefde.

Dit is romanse . . .

Ons behoefte om aan ons diepste begeerte en ons drome uiting te gee, gaan als oor die liefde. Die saadjie ontkiem in ons hart en ons word gedring om daaraan uiting te gee. Enige skeppende ding wat ons doen, soos skryf, musiek maak, skilder, dig, tuin maak, blomme kweek, gaan oor die liefde. Dit gaan daarom om iets wat mooi is te skep en dit met iemand anders te deel. Want wat is tog die vreugde daaraan om skoonheid vir jouself te hou? Om die skoonheid wat binne is, na buite te deel met iemand spesiaal – dis die liefde.

Dit is romanse . . .

Om begeer en vertroetel te word is die mees basiese behoefte van die mens. Elke mens wil begeer word, wil bemin word tot die aarde se fondamente skud. Ons wil aangeraak word deur liefdevolle hande, gekoester en geëer word deur ʼn lyf wat die taal van die liefde praat. Ons wil onsself verloor in die aanraking, die gee en neem van die hartstog en passie van daardie een spesiale persoon.

Dit is romanse . . .

Die lewe bestaan nie net uit brood alleen nie. Dis die liefde wat dit aan die gang hou.

Die lewe is liefde. Die liefde is lewe. Die lief en die leed, die lig en die donker, die lag en die huil.

Dit is alles romanse.

http://rachelledubois.com/nuwe-boeke/



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

romanse
Dis nou 'n lekkerlees skrywe, en vol waarhede oor die liefde :-)
4 jaar 1 maand 3 weke 6 dae 21 ure oud


Romanse
Baie dankie Rachelle - PUIK bydrae :))
4 jaar 1 maand 4 weke 14 ure oud


Romanse
(Sjoe, dis darem 'n pragtige voorblad daardie!)

Ook g'n wonder die Grieke het vyf verskillende woorde om 'liefde' te 'sê' nie . . .
4 jaar 2 maande 3 dae 4 ure oud


die ding met romanse
jy beskryf dit 100% waar en in die kol.. dis mos waaroor die lewe gaan
4 jaar 2 maande 3 dae 16 ure oud



Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar