Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is nogal ingestel op my kliente diens, nie dat ek self die beste daarin is nie, maar ek glo aan ‘n goeie gemiddelde standaard.

Ek het vir ‘n operasie gegaan hierdie week. Nie lekker nie aangesien daar aan my neus gesny is en dit voel nie lekker om geen lug deur jou neus te kan laat vloei nie. Maar dit is nie waar my groot probleem lê nie.

My dokter se ontvangsdame het gesê ek moet nagklere pak aangesien ek ‘n aand gaan oorbly behalwe as ek lus is om die heeltyd in een van daardie engel pakkies met die oop boude wil rondloop.

Die naweek dink ek toe oor die operasie en dit is regtig iets baie kleins. Ek bel toe die hospitaal om te hoor of ek wel vir ‘n aand se oornag bespreek is. Ek het een nommer van hierdie hospitaal en ek bel toe dit.

‘n Persoon antwoord aan die anderkant en ek groet beleefd. Daarna gaan ek voort om te verduidelik waarvoor ek inkom en dat ek wil weet of ek gaan oorslaap. Na die lange verduideliking kry ek ‘n “Eiee, yes”.

My antwoord op die was natuurlik “yes wat?” Beteken dit dat ek die week daar gaan oorslaap. Praat met my! Ek word toe ingelig dat die lat aan die anderkant nie die “Taal” verstaan nie.

Dit word gevolg deur ‘n vinnige een minuut uittrap omdat hy nie die brein sel het om my in te lig van sy taal tekortkominge nie. Ek vertaal toe my storie na “Sout” of te wel Engels.

Ek word toe na beheer deurgesit wat toe uitdraai om sekuriteitsbeheer te wees. Vandaar nog na een ander persoon en die vierde in die ry was uiteindelik ontvangs!

Nog ‘n eenkeer se storie vertel en ek word ingelig ek word uitgejaag die oomblik as ek wakker word. Nodeloos om te sê was dit nie die saak nie. Ek het lekker een aand in die hospitaal spandeer. Darem nie in ‘n engel pakkie nie omdat ek maar voorberei het vir alles.

So moet nie dieselfde fout as ek maak nie. Of glo die ontvangsdame of maak dubbel seker oor wat met jou gedoen gaan word in so ‘n situasie.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIE DODELIKE SPEL

deur neels claasen

Speurverhaal waarin luit. Kas Dreyer die moord op n smokkelaar ontrafel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar