Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit help nie 'n mens rol die oë, kyk anderpad of pruimlip nie: dié woord of woorde lok tog 'n reaksie by die meeste van ons uit. Of jy nou doodonskuldig is óf in doodsweet sit as dié woorde by jou of 'n metgesel se mond uitglip, is nie hier ter sake nie. Dit word meestal veroorsaak deur mense wat eintlik net hulle werk doen: Fauna & Flora se manne en vroue, die beskermers van ons diere-en plante-erfenis!

En skielik wonder jy of dié spesiale plantjie wat Ouma uit haar tuin vir jou gegee het, nie dalk iets soos 'n permit of wat ook al, mag benodig om so oop en bloot by jou voete oppad huis toe te lê nie. Ander bid moontlik dat die kattebak tog net nie oopgemaak moet word nie: dis net 'n kleintjie, en daar was baie... gewees: miskien moet 'n mens dan dink aan tien, twintig, dalk vyftig jaar later. Gaan daar dan nog só baie wees?

Onkunde is geen verskoning nie en word ook nie deur die wet aanvaar nie. As jy plante in die veld wil verwyder of visse uit die see, of ook enigiets wat met ons inheemse diere en plante te make het, dra tog kennis van die regulasies en beperkings op dié spesifieke spesie. Dan kan jy met 'n skoon gewete die ff-woorde sê as dié manne op jóú pad handopsteek, welwetend daar is nie 'n broodboom in die kattebak nie, ook nie té veel en té klein buite- seisoen vissies in 'n sak onder die sitplek nie!


[Ek wonner of Ouma die anner plantjie vir my kan bring; wonder ôk of neëntigjariges nog tronk toe kan gaan: tog jammer sy bestuur so slegterig deesdae!]



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Lekker giggel ek nou. Ek het ook 'n Ma en 'n hele span tannies gehad wat so plantjie loop en "steel" het.
9 jaar 3 weke 1 dag 19 ure oud


Jou titel en jou slot het my nou heerlik laat glimlag.
Ek was so 'n ruk terug by 'n lieflik-mooi plek en ek het foto's geneem van die allermooiste pers en geel "blomme". Een of twee nog in my hare gedruk ook.
Met 'n kuiertjie by my ma se huis wys ek toe vir haar die foto's. Haar reaksie:"Nooi, dit is kakiebos!"
My onkunde sal beslis werk van gemaak moet word. :-)
9 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 23 ure oud


Rina

Dit is die F- of F@F siele se skuld dat ons geliefde Suid-Kaapse Galjoenkies gedurende die somer maande as Sleepvis bekend staan. Hoekom? Want jy sit nooit ooit daai swart goud somertyd in die sak nie! Jy sleep hulle gewoon sand langs wanneer dit donker word en die F@F mense reeds ge-F@oF het. (Jis! Ampoer sê ek ge-fokkof het!)

Dit is buitendien die Sleepviste se verdiende loon, want vir wat kom vreet hulle my wit mossels en rooi aas wanneer liewe bismarckie probeer om 'n Mosselkraker huis toe te lok!
9 jaar 5 maande 4 weke 13 ure oud


hahaha!! val ek nou lekker in daai f..gat! hehe jy is natuurlik reg!! Los die plante waar hulle hoort! hier by ons is die wonderlikste blomme in die berge! maar mense steel hulle en dan vrek hulle. Die diere is al so uitgeroei, net hier en daar is 'n bokkie oor. Dankie Rina!! Pragtig geskryf!
9 jaar 5 maande 4 weke 13 ure oud



Van ons ander lede

Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar