Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die mens van ouds het homself eintlik beskou as ’n stukkie van die Natuur. Die mens van ouds het besef dat die mensdom volledig afhanklik is van die Natuur. As die mens verseker wil wees van sy voortbestaan moet hy die Natuur oppas en instandhou. As jy die moeder wat jou voed oppas, sal die Moeder ook vir jou sorg. Dit is merkwaardig dat die mense van die outyd so deeglik bewus van hierdie feit, terwyl die moderne mens dit nouliks besef.
Die Midde-Oosterse religieë het geen belangstelling in die natuur nie. Die heilige boeke van hierdie godsdienste gee ook geen riglyn oor natuurhandhawing nie. Die Christen, Jood en Islamiet strek hom/haarself van die Aarde af weg, uit na ’n God wat in die verre verskiet lê; na ’n hemel en ’n wonderbaarlike paradys tussen êrens en nêrens. Dáár kry hierdie mense hulle Utopia. Wat hierdie gelowiges betref moet die aarde tot niet gaan, want dit is onbelangrik. Wat belangrik is, is dat die siel na God gaan en die hele lewe van hierdie gelowiges is daarop ingerig om definitief seker te maak dat die siel in die hemel aankom. Vir hierdie gelowiges is Moeder Aarde geen moeder nie en sy sorg ook nie vir die mens nie. God sal sorg dat hierdie skapies geen gebrek ly in tye van nood nie. Hierdie lewensfilosofie het gelei tot ’n grootskaalse vernietiging van die natuur op ons planeet. Die eerste Christelike sendelinge was direk daarop uit om die Natuur wat vir die Heiden heilig, heilig en nogmaals heilig was, te vernietig. Tydens die hele kersteningstrajek is die natuur op groot skaal vernietig omdat dit as onheilsneste beskou was.
Omdat die Aarde, die mens en die Natuur vir die Christen, Jood en Islamiet sleg is, is daar ook geen rede vir vrolikheid en lewensgenietinge nie. Alle vrolikheid op aarde moet gedemp word. Vanaf die ontstaan van die Christendom is eeue lank geprobeer om alle vrolike volksfeeste te smoor en liefs volledig uit te roei. Die Christelike ‘fees’ moet somber wees en die mens moes vervul word met die idee dat hy en sy aardse bestaan, sleg en vol sonde is.
Die Heiden daarenteen, lééf op hierdie wêreld. Van die skoonheid van die natuur word met volle teue geniet. Volksfeeste word uitbundig en kleurryk gevier, met dans, musiek, sang en vrolikheid. Die Heiden geniet nie alleen van die oorvloedigheid van die Natuur nie, maar pas dit ook op. Die Natuur is Heilig. Die Moeder is Heilig. Die Natuurskoon word bewonder en gerespekteer. Die soetigheidjies van die lewe word met smaak beproef. Dit staan is skerpe kontras met die Christendom wat ’n filosofie aanhang waarvolgens die aardse bestaan beskou word as ’n pot vol ellende, waaruit hierdie hulpelose wesens verwag op ‘spoedig’ verlos te word, deur ’n vername redder.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die hier en Hiernamaals
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die KONTRAS projek.
4 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 15 ure oud


my respons


1 - Henk, dis absoluut waar wat jy skryf:
✱ die opdrag vir die Landbouer is eenvoudig:
✱ Julle mag geen aas eet nie;
✱ vir die vreemdeling wat in jou poorte is, kan jy dit gee, dat hy dit eet,
of jy kan dit aan ‘n uitlander verkoop;
✱ want jy is ‘n APARTHEID volk aan YHVH ELOHIM.
✱ Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
✱ Jy moet noukeurig die hele opbrings van jou saad—
wat jaar vir jaar uit die land uitspruit—vertien.
✱ En jy moet voor die aangesig van YHVH ELOHIM
op die plek wat Hy sal uitkies
✱ om sy Naam daar te laat woon,
✱ die tiendes eet van jou koring,
van jou mos en van jou olie
en die eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee,
✱ dat jy kan leer om YHVH ELOHIM altyd te vrees.
En as die pad vir jou te lank is,
as jy dit nie kan vervoer nie,
omdat die plek wat YHVH ELOHIM sal uitkies
✱ om sy Naam daar te vestig, te ver van jou af is,
as YHVH ELOHIM jou sal seën,
dan moet jy dit tot geld maak
en die geld in jou hand bind
en na die plek gaan wat YHVH ELOHIM sal uitkies.
✱ Dan moet jy die geld gee vir alles wat jou siel begeer,
vir beeste en kleinvee
en wyn en sterk drank en vir alles wat jou siel van jou begeer,
✱ en jy moet daar eet voor die aangesig van YHVH ELOHIM
✱ en vrolik wees, jy en jou huis.
Maar die Leviet wat in jou poorte is,
hom moet jy nie aan sy lot oorlaat nie,
want hy het geen deel of erfenis saam met jou nie.
✱ Aan die einde van drie jaar moet jy uitbring al die tiendes van jou opbrings
in dié jaar en dit in jou poorte wegsit;
dan moet die Leviet kom—omdat hy geen deel of erfenis saam met jou het nie—
✱ en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is,
en hulle moet eet en versadig word,
✱ sodat YHVH ELOHIM jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen.
(Deuteronomy 14:21-29)

2 - NOU IS DIT SO:
✱ Landbouers vertien niks- hulle is te gulsig;
✱ Almal eet die afgryslikste grywlekosse en steur hulle maar min aan die gevolge
✱ die Vreemdelinge en Uitlanders is nie die besorgdheid van Blankes nie,
✱ maar SA sit met miljoene van hierdie spreekwoordelike rotte
✱ APARTHEID is afgeskaf en nou vrek alles en almal van ellende, geweld, en pes en honger
✱ Christene erken nie YHVH ELOHIM nie maar die Valse Profeet Christ Jesus [Op13:18]
✱ die eet van KAAS saam met vleis veroorsaak al die siektes,
maar kyk maar: al die resepte is kaas die lokmiddel vir oordadigheid
✱ Die Tiende van elke jaar se opbrengs is vir GESINSVAKANSIE,
✱ maar almal gee daardie geld vir POUS SE KERKSTELSEL,
om nog meer mense te bedrieg
Dis waar wat jy sê: "hulle het die vrolike feesdae vervang met sommer bose dae"
✱ Nikolaas van Vader Krismis is Satan wat tot binne die kamer van die Kleuter inverwelkom word;
✱ Die KERK maak asof hulle LEVIETE is 2,000 jaar nadat die tempeldiens tot einde gekom het;
✱ Geen Christen erken en beskerm SY NAAM YHVH ELOHIM nie;
✱ Die drie-jaarlikse geskenk aan die armes en weduwees en wese,
word nie eers aan gedink nie.
. . . . dan wonder almal hoekom die seën verdwyn het,
en geweld en droogte en plunder en korrupsie en pes die gevolg is na 21 jaar se sogenaamd vrygebore kinders van die produk van terrorisme?

3 - Elise Breytenbach,
HI, dink mooi:
✱ of die JOOD ooit iets gee vir die natuur se beskerming
✱ dink mooi of die MOSLEMS ooit bekommerd is oor die welsyn van lewende organisme
✱ dink mooi of CHRISTENE werklik nog AFRIKANERS IS PLESIERIG is;
want almal loop met 'sparkplugs' in die ore en word indoktrineer,
en kinders speel nie meer in die natuur nie;
✱ hulle ontdek dwelms,
✱ hulle SELFIES hulle sexualtiteit en beoefen dit openlik,
✱ hulle word dag vir dag indoktrineer met DIE BEELD WAT PRAAT.

. . . . dankie Henk.
4 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 21 ure oud


Ai
Jammer om te hoor jy het te doene gehad met so 'n droewige spul Christene, Jode en Islamiete wat die aarde graag verwoes wil sien. Gelukkig is die meerderheid van hulle wat ek ken blymoedige en vrolike mense wat baie lag en lekker opskoppe kan reël en God se skepping met verwondering en eerbied beskou.
4 jaar 3 maande 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar