Rubrieke

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Ja-nee,” dink ek so effens vermakerig die ander dag, “Hulle voel ook die knyp van die ekonomie aan húlle bas deesdae!” Vermakerig is dalk ‘n bietjie ‘n té lekkerkry-woord om my gevoel oor hierdie ‘grand’ familie van ons se terug-aarde-toe-kom te beskryf. Ek sien die afskaal dadelik raak in die kleinste huisie van hulle spogwoning: g’n ‘3-ply, butterfly’ en blommetjies se rolle meer nie, maar sommer net pleinweg ‘1-ply’! Ook die spoggerige sepies langs die wasbak is weg: die 6-in-1 besparingspak se ‘geen naam’-sepie wag vir jou hande se was…

By die gesellige samesyn rondom die braaivleisvuur pak elke gas sy eie te ete op die braairooster: dit is immers weer soos altyd ‘n ‘ bring en braai’ en dit wat jy drink, is ook dit wat van jóú eie huis af saamgekom het. Maar al die ekstras, die luukses word nie meer op die rooster uitgepak nie, kom nie meer in die slaaie nie: ons knyp oral af, want môre moet ons weer kan eet én die huispaaiement betaal, en o vrek…, die krag ook!

En dan, die eintlike hartseer vir my, raak die ry om te gaan kuier onbetaalbaar duur en tuisvermaak word dus ‘n goedkoper opsie. Maar dan sit jy in jou hoekie en ek in myne, die telefoonoproepe is duur en gesigloos (ag, dis mos vir die armes, soos ek nog so) en ons verarm verder, nie net ons beursies nie, maar ook in ons menswees.

Dit is beslis nodig om in die maandelikse begroting van die huishouding ‘n bedrag, ‘n bietjie tyd of liefde vir ‘menswees’ in te werk en af te knyp: vir jouself, vir almal vir wie jy lief is en ook wie vir jóú lief is! Nie so maklik nie, nè, maar tog so noodsaaklik!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

En nou moet ek alweer amen sê, soos nou net op Rhymer se reis-happie. Is waar, as ons nie vir mekaar tyd maak nie, word ons armer en soms bekruip die armoede jou so dat jy dit dalk eers te laat agterkom. Terloops, ek drink eerder swart koffie as om op die klein huisie se papiertjies te bespaar, my boudvelle heel te sag, he-he-he.
11 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Waarheen met die Nuwe Wyn

    deur Christo Nel

    Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat in 2004 vir die tweede keer nuut gepubliseer is, is bedoel om ‘n bydrae te maak as deel van die gesprek rondom Bybelse vernuwing wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar