Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het hierdie naweek ‘n seminaar bygewoon oor berading.

Tot my skok moes ek uitvind dat my stress vlakke nie net ver verby aanvaarbaar is nie, maar dat ek lankal verby uitbranding is…….ek verstaan nou wat met my liggaam aangaan, my optrede kan ek nou verduidelik en my emosies is nie meer vir my ‘n ope vraag nie.

Die koste van stres is onbeskrywend groot:

1. Daar is bevind dat 80% van alle dokter’s besoeke stres verwant is.
2. 85% medisyne wat apteke verkoop is sielkundig en emosie-beheer dwelms.
3. Stres beinvloed jou liggaam, jou emosies en jou denke.
4. Stres word nie net deur realitiet veroorsaak nie, maar ongelukkig meestal deur jou persepsies.
5. Een van die grootste invloede van stres in jou lewe is die kwaliteit van jou nagrus, want die kwaliteit van jou dag hang af van die kwaliteit van jou nag.
6. Moderne oorsake van stres is rekenaars, verkeer en gemors-kos.
7. Die enigste manier om stres te beheer is om jou lewe te verander.

Ek moet my lewe in oorskou neem en drastiese veranderinge maak, wat van jou?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

hoop
jy vind die antwoorde op stres..m
9 jaar 10 maande 2 dae 22 ure oud


Stres
Ek dink ons wil te veel doen in te min tyd en alles wat n te vooraan het is nie goed nie. Maar aan die Suidpunt van Afrika kan jy nie daarsonder leef nie, want dis deel van die kultuur om stres te veroorsaak. lees maar net die dag koerant en jy stres dubbel
9 jaar 10 maande 2 weke 4 dae 11 ure oud


Die koste van stres
Ek het ook stres. Toe sê my dokter vir my: (sy is 'n vrou):
Kallie, jy vertel altyd so graag goed wat met jou gebeur het toe jy klein was, skryf nou stories daaroor in die nag as jy nie kan slaap nie. Ek het dit begin doen, WOES ontdek, vriende op WOES gekry soos ou Herculus, Gawelina, Barend Steenkamp en 'n klomp ander. Nou het ek nog steeds my stres, maar skryf (en skilder) hou my nou besig in die nag. Maar jy is reg Hercules, ons sal moet ons lewens verander om te kan oorleef.
9 jaar 10 maande 2 weke 5 dae 18 ure oud


Beste Herculus,

Jou happie getuig van groot lewenswysheid.

Volgens my reeks artikels oor OS (Onomkeerbare Selforganisasie) is stres niks anders as 'n entropiese krag nie. As die gepaard gaande entropiese vloed nie plaasvind nie, begin ander entropiese vloede plaasvind, meestal selg vir 'n mens se liggamlike en geestelike welsyn.

Mooi loop
9 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 1 uur oud


Ek stem heelhartig saam, veral die nagrus het 'n groot invloed op mens se lewe, maar jy kan jou lewensstyl verander as jy ernstig is om gesond te word. Hou van die happie!
9 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 17 ure oud


Uitstekend uiteengesit!
9 jaar 10 maande 3 weke 10 ure oud


Jy is reg. Daar is verseker baie mense wat erg stres ervaar.
9 jaar 10 maande 3 weke 11 ure oud


Ek werk by 'n plek waar mense met stressverwante-siektes opgeneem word. Het elke dag daarmee te doen. En wat jy sê is waar. Ek kan byvoeg. Hoe slegter dit met die die samelewing gaan, hoe meer hospitalisasies.
9 jaar 10 maande 3 weke 12 ure oud


Dit is baie waar wat jy hier met ons kom deel het, dankie vir hierdie waardevolle inligting!! Ons emosies speel n ongelooflike groot rol in ons algehele gesondheid...op elke vlak van ons menswees!!
9 jaar 10 maande 3 weke 17 ure oud


Ja dis nou waar, maar ek het n plekkie van rus en ontlading aan die voete van Jesus.
Ek staan soggens half vier op en dan spandeer ek so n uur en n half met die Koning van die Konings en wie sal dan nog gestress wees. Ps 91 is my preskripsie.
9 jaar 10 maande 3 weke 19 ure oud


My raad werk ongelukkig nie vir ongetroudes en minderjariges nie. Só pass the bug...

Daai Zebra stress darem nou erg!
9 jaar 10 maande 3 weke 19 ure oud


nou vir wat stress julle dan almal so...?
vat dit easy!! moenie worry nie...be happy!!!! hahaha
Ernstig Hercules???is dit waar? dis skrikwekkend!! baie dankie vir die inligting!
9 jaar 10 maande 3 weke 19 ure oud


Die koste van stres!
Dis reg nie bloeddruk nie maar stres is die 'SILENT' killer sou ek sê
9 jaar 10 maande 3 weke 19 ure oud


skrikwekkende statistiek. dit voel partykeer of ons hardloop soos die marmotjie in die wieletjie, kan nie stop nie anders gaan ons tuimel, so nou hardloop ons maar.
ons sal moet tyd maak om af te wen...
9 jaar 10 maande 3 weke 20 ure oud


Dis waar woorde. Ek kan myself ongelukkig nie help as dit by die verkeer kom nie. ai! (Blou moord)
9 jaar 10 maande 3 weke 20 ure oud


Dis feite wat jy hier noem. Stres is die groot siekte van ons tyd. Mens besef dikwels nie dat jy reeds ver verby jou limiete is voor dit nie reeds groot skade aangerig het nie.
9 jaar 10 maande 3 weke 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar